Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jin (Gin)
Jin [boodskap #125315] Ma, 15 April 2019 18:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jin en tonic.
Jin en tonic.
Jin (gin) is 'n alkoholiese drank wat van jenewerbessies gedistilleer word. Die bessies van die jenewerboom (Juniperus communis) gee die jin sy tipiese bitter smaak. Dit groei in koue gebiede en aard nie in Suidelike Afrika nie. Gevolglik word die jenewer wat plaaslik gedistilleer word ingevoer. Dit kan skoon gedrink word, maar word tipies met toniese water (tonic) vermeng.

Jin se oorsprong kan na die Middeleeue teruggespoor word, toe dit hoofsaaklik as medisyne gebruik is. Die drankie het van die ouer Hollandse drank, jenewer, ontwikkel. Dit het in Groot-Brittanje (veral in Londen) gewild geword toe Willem van Oranje koning Willem III van Engeland geword het.

Vandag word jin op subtiele verskillende wyses vervaardig, met 'n wye verskeidenheid kruiebestanddele, wat tot 'n aantal verskillende style en handelsmerke aanleiding gee. Dit word tipies met botaniese kruie, speserye, blomme of vrugte (of 'n kombinasie) gegeur. Onder andere met Kaapse fynbos, roosblare, sitrus, ens.
Vorige onderwerp: Souffleur
Volgende onderwerp: Langeberg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:09:39 MGT 2024