Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Souffleur (Telesouffleer)
Souffleur [boodskap #125313] So, 14 April 2019 12:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Souffleur probeer 'n akteur was vasgehaak uithelp.
'n Souffleur probeer 'n akteur was vasgehaak uithelp.
'n Souffleur (Engels: prompter) is 'n persoon wat tydens die repetisie van toneelstukke die akteurs help as hulle vashaak. Die souffleur staan agter die gordyn of in 'n spesiale hokkie in die middel van die verhoog, met net sy kop wat uitsteek, maar verskans sodat hy nie deur die gehoor gesien kan word nie. Moderne teaters gebruik gewoonlik 'n elektroniese souffleer vanwaar die akteurs en kunstenaars hulle woorde kan aflees. Die woord kom vanaf Frans en beteken letterlik "fluisteraar".

'n Telesouffleer (ook teleprompter of "autocue" genoem) is 'n skerm aan 'n TV- of video-kamera's waarop teks vertoon word. Dit word algemeen tydens toesprake of deur aanbieders en nuuslesers gebruik. Die skerm is aan die voorkant van die kamera gemonteer waarvan die teks dan afgelees word. Die eerste telesouffleers het met opgerolde stukke papier gewerk, wat dan afgerol is soos dit gelees is. Deesdae word gesofistikeerde elektroniese telesouffleers gebruik.

Let op: 'n Souffleur is 'n persoon, 'n souffleer 'n toestel. 'n Souffleuse is 'n vroulike souffleur.
Vorige onderwerp: Stilbaai
Volgende onderwerp: Jin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:07:18 MGT 2024