Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kuiper
Kuiper [boodskap #125311] So, 14 April 2019 07:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kuiper was/is 'n persoon wat vate vir die berg van vloeistowwe (soos wyn) en droë ware maak. Die kuiper se ambag is toegespits op die maak van houtvate, wat hy uit duie en hoepels vorm. Dit is 'n ou ambag wat uit Bybelse tye dateer en selfs vroeër. Vir duisende jare is meeste goedere in vate geberg en vervoer, oor land en see.

Die kuiper werk nie volgens enige geskrewe mate of patrone nie. Die maak van vate waarin vloeistowwe gehou moet word, is 'n hoogs gespesialiseerde werk. Hierdie houers moet waterdig wees, moet verdamping van alkohol verhoed, en moet 'n presiese maatinhoud hê (bv. 'n lêer, 'n halfaam, ens.). Die kuiper maak ook vate vir droë goedere en artikels vir gebruik in die huis en melkery.

Die enigste hout wat geskik is vir die maak van wyn en brandewynvate is eikehout, ingevoer uit Frankryk. Suid-Afrikaanse eikehout is nie van goeie gehalte nie. Die hout word verouder en in onafgewerkte duie gesplyt voordat dit verskeep word.

Teen die einde van die negentiende eeu is die ambag grotendeels gemeganiseer, maar tog het die kuns nie uitgesterf nie. Kuipers word nog steeds deur groot distilleerders en wynmakers in diens geneem om herstelwerk te verrig.

Bron: Inligtingsbord by die Drostdy in Swellendam.
Vorige onderwerp: Gouritsmond
Volgende onderwerp: Stilbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:57:56 MGT 2024