Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gouritsmond (Gouritsriviermond)
Gouritsmond [boodskap #125310] So, 14 April 2019 06:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gouritsmond is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap by die monding van die Gouritsrivier in die Indiese Oseaan. Die dorpie beskik oor 'n groot wit strand waar die rivier aan die oorkant van die parkade teen die randjie uitmond. Daar is ook 'n getypoel, 'n kerk en enkele klein winkeltjies. Dit is 'n gewilde hengelplek en vissermannne kan al langs Kusweg gesien word. Die dorp was voorheen bekend as The Fisheries en Avondrust en is vandag ook bekend as Gouritsriviermond en Die Mond.

Bartolomeu Dias het in 1488 met sy soeke na 'n roete om die punt van Afrika hier geland. Hy was dus die eerste Europeër wat land om (aan die ander kant) van Afrika gesien het. Hy het die rivier Rio dos Vaquerios (Rivier van die herders) genoem - moontlik omdat hy inheemse inwoners in die omgewing waargeneem het.

By die dorp se biblioteek is 'n muurtjie wat besoekers verwelkom, asook 'n gedenksteen vir 'n hond genaamd Gourits. Die gedenkteken is op 20 Julie 2007 onthul en is deur EMI-musiek en die sanger Etiene Steyn geborg n.a.v. hul liedjie oor die legendariese Gourits-hond. Op die steen is gegrafeer:

GOURITS
Sterf: 18 November 2004
"Hier lê begrawe 'n hond - En tog meer as ‘n dier……
Vir jare oumensevriend, metgesel, stapmaat, visserman, strandjakker, kindervriend.
Voëlvry, want niemand was sy baas.

Rus in vrede, Gourits - ons sal jou altyd onthou!"




Skakel: http://www.gouritzmond.info/
Vorige onderwerp: Riversdal
Volgende onderwerp: Kuiper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:12:30 MGT 2024