Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Riversdal (Riversdale)
Riversdal [boodskap #123574] So, 06 Januarie 2019 10:38 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Riversdal kan na een van die volgende verwys:

1. 'n Dorp in Kaapland. Die dorp is in 1838 langs die Langebergreeks gestig. Dit is vernoem na Sy Edele Harry Rivers, die destydse plaaslike landdros en later Koloniale Sekretaris. Dit is 'n belangrike wol-, graan- en beessentrum. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het generaal Christiaan de Wet daar naby verbygegaan. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 5,071 (2,270 Blankes).

2. Dorpsgebied naby Vereeniging, Transvaal. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,378 (1,168 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Riversdal [boodskap #125309 is 'n antwoord op boodskap #123574] Sa, 13 April 2019 18:59 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Riversdal (Engels: Riversdale) is 'n dorp op die N2 tussen Kaapstad en George in die Wes-Kaap. Die dorp het begin as 'n kerk op die plaas Doornkraal en is daarna vernoem na Harry Rivers, die destydse hoofkommissaris van Swellendam. Dit is op 30 Augustus 1838 as 'n dorp geproklameer. Dit dien as hoofdorp vir inkopies en ander dienste aan omliggende boerderygemeenskappe, kleiner dorpe en kusoorde, soos Witsand en Stilbaai.

Die Ou Tronk op Riversdal is een van die oudste geskiedkundige geboue in die dorp. Die oorspronklike gedeelte is in 1838 gebou deur die Barrys van Swellendam en gebruik as 'n handelstoor. In 1860 het die Staat die perseel gekoop en dit in 'n tronk ombou. Gedurende hierdie tyd is dit gebruik as polisiekantoor, hofsaal, tronk en die tronkbewaarder het ook hier gewoon. In 1899 het die enigste teregstelling hier plaasgevind. Gilbert Hay van Heidelberg het sy ma met 'n hamer vermoor vir drankgeld en is ter dood veroordeel. Swellendam was op hierdie stadium die hooflandrosdistrik en die galg moes van daar op 'n ossewa aangery word, hier opgeslaan word vir gebruik en weer terug vervoer word. Op 31 Maart 1979 is die tronk gesluit waarna dit per tender verkoop is.

Die NG gemeente Riversdal is die 23ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Die hoeksteen van die huidige kerk is op 4 Maart 1908 deur ds. J.R. Albertyn gelê. Die argitekte Hermann Kallenbach en A.M. Reynolds het die kerk ontwerp. Die gemeente Riversdal-Wes het in 1955 afgestig.
Vorige onderwerp: Jongensfontein
Volgende onderwerp: Gouritsmond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:49:13 MGT 2024