Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Jongensfontein
Jongensfontein [boodskap #125308] Sa, 13 April 2019 17:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/94/0/
Jongensfontein is 'n dorpie langs die suidkus, 10km vanaf Stilbaai. Die dorp beskik oor 'n natuurlike fontein (wat die dorp van water voorsien), wit strande, wandelpaadjies langs die see, visvangplekke en 'n karavaanpark met 'n gerieflikheidswinkel (die Drie Pikkewyne).

In 1713 het 'n Nederlandse ekspedisie op die fontein afgekom en gerapporteer dat die gebied deur Khoi-mense ("zwarte jongens") bewoon word. 'n Pokke-epidemie het egter groot ontvolking onder die Khoi teweeggebring en Europese setlaars het geleidelik ingeweeg. Volgens 'n plakkaat langs die strand het 'n jong man (jongeling) wat voortvlugtend was by Flip se Baai die see ingevlug en agter 'n prominente rots (Die Soldaat, Vinger) geskuil, waar hy deur sy agtervolgers doodgeskiet is. "Vandaar die naam Jongensfontein."

By die karavaanpark is 'n rondawel - die oudste gebou op Jongensfontein. Dié rondawel van seeklip is in ongeveer 1931 vir Gideon Johannes (Giepie) Joubert gebou. Daar is ook 'n museum genaamd die Fonteinhuis. Die huis is in 1940 opgerig vir Wouter en Tobietta du Preez, prominente figure in die distrik se geskiedenis. Die rondawel en fonteinhuis is die enigste twee geboue op serwetuutgrond wat 'n lang dispuut oor die onteiening van boere se waterregte (suipingsregte) oorleef het. Die anker van die skip, die Sri Rezeki, wat op 6 April 1971 hier op die rotse geloop het, word ook uitgestal.

Opgrawings by die nabygeleë Blombosgrot toon dat mense al vir ten minste 7 duisend jaar die gebied bewoon. Dit is die oudste menslike nedersetting wat tot hede gevind is. Die grotte is ongelukkig nie oop vir die publiek nie, maar die plek se museum kan op Stilbaai (by die inligtingskantoor) besoek word.

Die Swarttobie broei van November tot Maart op die strande. 'n Bewaringsprogram is van stapel gestuur om die voëls te beskerm. Die publiek word gevra om nie hierdie voëls te steur nie en weg te beweeg as hulle onrustig voorkom.

Skakel: https://jongensfontein.com/
Vorige onderwerp: Swarttobie
Volgende onderwerp: Riversdal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:46:15 MGT 2024