Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swarttobie (Haematopus moquini)
Swarttobie [boodskap #125305] Do, 11 April 2019 19:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n swarttobie.
Skets van 'n swarttobie.
Die Swarttobie (ook Oestervanger of Tobie genoem; Engels: African Oystercatcher; Hoematopus/ Haematopus moquini) is 'n voël van die waadvoël-familie wat by die kus aangetref word. Dit is 'n raserige voël met 'n swart verekleed, 'n vermiljoenkleurige ('n helderrooi pigment) bek en pienk bene. Die rooi snawel eindig met 'n geel punt. Die voël kom van Angola tot en met Suid-Afrika op sandstrande en rotsagtige kusgebiede voor. Hulle leef hoofsaaklik van oesters en broei van November tot Maart.

Die voëls was op 'n stadium ernstig bedreigd (dit was op 'n tyd die tweede skaarste voël in Suid-Afrika). 'n Bewaringsprogram is van stapel gestuur om die swarttobie te beskerm. Die publiek word gevra om nie hierdie voëls te steur nie. Hulle neste moet vermy word en honde moet veral weggehou word. Mense moet liefs wegbeweeg as die voëls onrustig raak. As gevolg van groter bewuswording en die feit dat voertuie nie meer op Suid-Afrikaanse strande toegelaat word nie, is die populasie weer besig om te groei.

Lengte: 42 tot 45 cm
Vlerkspan: 80 tot 88 cm
Gewig: ♂ 665 g ♀ 730 g

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aramees
Volgende onderwerp: Jongensfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:40:54 MGT 2024