Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anschluss
Anschluss [boodskap #125205] Di, 26 Maart 2019 14:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Duitse troepe steek die grens oor.
Duitse troepe steek die grens oor.
Anschluss (Duits vir 'aansluiting', 'verbinding', 'anneksasie') verwys na die Duitse anneksasie van Oostenryk (of gedwonge vereniging) in 'n "Groot-Duitsland" op 13 Maart 1938. Dit het algemene steun van die Oostenrykse bevolking geniet en is deur die Oostenrykse Naziparty voorberei. Die anneksasie begin met 'n inval van Duitse troepe, maar geen skote is geskiet nie. Oostenryk verloor sy selfstandigheid, word in die Duitse Ryk opgeneem en heet tot 1942 Ostmark en daarna Alpen- und Donau-Reichsgaue tot hulle in Maart 1945 deur die Russe bevry is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anouilh, Jean
Volgende onderwerp: Anselmus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 18:32:22 MGT 2024