Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Andes (Andesgebergte)
Andes [boodskap #125174] Do, 21 Maart 2019 10:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kart van die Andesgebergte.
Kart van die Andesgebergte.
Die Andes (Spaans: Cordillera de los Andes) is 'n ontsaglike bergreeks in Suid-Amerika. Die reeks loop noord-suid en ewewydig met die kus van die Stille Oseaan. Die is ongeveer 7 000 km lank en op plekke tot 160 km breed; bestaan uit verskeie kettings, bekend as cordilleras; beroemd weens manjifieke natuurskoon en reekse met sneeu bedekte pieke, baie daarvan werkende vulkane, bv. Chimborazo en Cotopaxi (19,612 vt.), die hoogste vulkaan in die wêreld. Aconcagua (6 962 meter, 22,976 vt.) is die hoogste berg in Amerika. Die Titicaca-meer (Peru) lê oor die 12,000 vt. bo die seevlak. Die Andes is ryk aan minerale: goud, tin, koper, silwer, lood, ens.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anderson, William
Volgende onderwerp: Andorra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:03:51 MGT 2024