Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ammoniak
Ammoniak [boodskap #125144] Sa, 16 Maart 2019 08:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ammoniak is 'n gas, NH3, het ’n skerp reuk, is oplosbaar in water; aangetref in klein hoeveelhede in die atmosfeer; is ’n produk van alle dierlike en plantaardige verrotting (sien Stikstof). Dit word berei as neweproduk van steenkoolgas, of, meer algemeen, deur die Haberproses, waarin stikstof en waterstof onder hoë druk gelei word oor fyn verdeelde yster en ander stowwe as aktiveermiddels by ’n temperatuur van 500°C, waardeur N2+3H2=2NH3, een van die prosesse vir stikstof-binding.

Ammoniumverbindinge word verkry van ammonium, NH4, ’n eenwaardige radikaal wat nog nie geïsoleer is nie; en onder hulle is ammoniumchloride, NH4Cl (salammoniak of salmiak), gebruik in verskillende batterye en selle; ammoniumhidrokside NH4OH, d.w.s. ammoniak opgelos in water en sterk alkalies; ammoniumnitraat, NH4NO3, gebruik in verskillende springstowwe; ammoniumsulfaat, (NH4)2SO4, ’n waardevolle bemestingstof, verkry van ammoniak en ook as neweproduk van steenkoolgas. Stikstofsubokside, N2O, of laggas, word deur sagte verhitting van ammoniumnitraat verkry.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aminosuur
Volgende onderwerp: Ammoniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:40:25 MGT 2024