Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amfibie
Amfibie [boodskap #125140] Sa, 16 Maart 2019 07:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Padda.
'n Padda.
Amfibie (van Grieks, amphi - twee; bios - lewe) verwys na 'n dier wat in water en op land tuis is. Amfibieë is werweldiere wat dikwels maande lank sonder kos kan bly. Hulle word uit eiers gebore en lewe aanvanklik in die water. Later ondergaan hulle 'n metamorfose, verloor hul kieue en sterte, en groei agterbene aan. Hulle is onder meer:

1. die padda;

2. die molg (Engels: newt), ’n stertdraende dier; molge bring baie tyd deur op die land, bv. onder klippe; in die lente word hulle in die water aangetref; die eiers word afsonderlik op waterplante gelê;

3. die salamander toon ooreenkoms met die molg; algemeen in baie dele van Europa en Klein-Asië. Lank gelede het mense geglo dat salamanders in vuur kon leef.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amerikium
Volgende onderwerp: Amfiteater
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:34:05 MGT 2024