Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amfiteater
Amfiteater [boodskap #125141] Sa, 16 Maart 2019 07:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou vervalle amfiteater.
'n Ou vervalle amfiteater.
'n Amfiteater is 'n ronde of effens ovale buitelugteater, gewoonlik van klip gebou, veral deur die Romeine, bv. die Colosseum in Rome, wat ongeveer 80 n.C. vir keisers Vespasianus en Titus voltooi is. Dit het sitplek vir 50,000 toeskouers gehad. Romeinse amfiteaters was bedoel vir openbare spele, gladiatore- en dieregevegte, wedrenne met strydwaens ens.

Voorbeelde van amfiteaters in Suid-Afrika in by die Uniegebou en Voortrekkermonument te sien. Die Drakensberg-amfiteater is 'n natuurlike formasie wat aan 'n amfiteater herinner.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amfibie
Volgende onderwerp: Amiel, Henri-Frédéric
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:18:30 MGT 2024