Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abner
Abner [boodskap #124747] So, 10 Februarie 2019 08:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abner was 'n Hebreeuse leëraanvoerder in die Ou Testament wat deur Joab gedood is (1 Sam. 14; 2 Sam. 2, 3). Die naam Abner beteken "(my) pa is ’n lamp".

Abner was die hoof van Saul se leër (1 Sam 14:50). Abner was vir Saul wat Joab vir Dawid was. Ten spyte van die baie oorloë wat Saul geveg het, hoor ’n mens min van Abner. Hy word nie eens genoem in die vertelling oor die veldslag by Gilboa nie. Hy onderneem om Is-Boset onder sy vlerk te neem ná Saul se dood. Hy word uiteindelik vermoor deur Joab en sy broer Abisai in Hebron, omdat hy hulle broer Asael doodgemaak het tydens die oorlog in Gibeon (2 Sam 3:22–4:1).

Bronne
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abjatar
Volgende onderwerp: Abraham
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:17:59 MGT 2024