Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abjatar
Abjatar [boodskap #124746] So, 10 Februarie 2019 08:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abjatar was 'n Joodse priester en vriend van koning Dawid (1 Sam. 22). Die naam Abjatar beteken "[my] vader is ryk" of "[my] vader het oorvloed gegee".

Abjatar was (saam met sy pa, Agimelek) priester in Nob gewees. Hy was egter die enigste een wat die slagting in Nob oorleef het. Hy het hom daarna by Dawid aangesluit en die skouerkleed saamgeneem (1 Sam 22:19-23; 23:6-9). Later, wanneer Dawid aan die vlug is vir Absalom, stuur hy vir Abjatar saam met sy seun Jonatan, die ark en Sadok terug om sy sake te behartig (2 Sam 15:25-29).

Hy word uiteindelik vir sy lojaliteit beloon en as priester (saam met Sadok) aangestel (2 Sam 20:25). Wanneer Salomo later aan bewind kom, verban hy vir Abjatar na sy grond by Anatot, omdat hy eerder Adonia, Salomo se broer, ondersteun het (1 Kon 1–2).

Daar word verkeerdelik na hom verwys as die hoëpriester in Mark 2:26, terwyl dit eintlik gaan oor die insident met sy pa, Agimelek, in Nob (1 Sam 21:1-6).

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Geelperskereën
Volgende onderwerp: Abner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:34:46 MGT 2024