Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abraham (Abram)
Abraham [boodskap #124748] So, 10 Februarie 2019 08:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abraham offer sy seun Isak.
Abraham offer sy seun Isak.
Abraham was 'n groot figuur van die Ou Testament wat omstreeks 2,100 v.C. geleef het. Die Bybel vertel hoe hy met sy troppe vee getrek het van Ur van die Chaldeërs, ongeveer 50 myl Suid-Oos van Babilon, na Kanaän; sy broerskind Lot saam met hom. Daar het hy hom gevestig met sy vrou Sara, moeder van Isak, van wie die Joodse (Hebreeuse) volk volgens die Ou Testament afkomstig is. Abraham het net één God aanbid en staan bekend as "vader van die gelowiges". Abraham was ’n tipiese "patriarg", d.w.s. hoof van ’n groot familie wat as ’n enkele eenheid saamgewerk het in ’n tyd toe mense nog rondswerwende skaapwagters (nomade) was en net begin het om hulle as boere op vaste woonplekke te vestig.

Die verhaal van sy lang lewe word in Gen. 11-25 vertel. Hy het die Here gehoorsaam toe hy weggetrek het na ’n vreemde land (Kanaän). God beloof aan hom ’n nageslag en dat al die volke van die aarde in hom geseën sal word. Hy beleef episodes van twyfel, waar hy leuens vertel oor sy verbintenis met Sara en instem om ’n kind, Ismael, by Hagar te verwek omdat Sara kinderloos bly. Op ’n hoë ouderdom word hy en Sara toe die ouers van Isak. Hy was later bereid om sy seun Isak te offer. Sara sterf op 127-jarige leeftyd in Hebron, in Kanaän. Abraham is oorlede toe hy 175 jaar oud was.

In die Nuwe Testament word Abraham beskryf as die stamvader van die Joodse volk. Hy is dus 'n voorvader van Jesus.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abner
Volgende onderwerp: Abraham Kriel-kinderhuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:49:02 MGT 2024