Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afrikaanse Pers Beperk
Afrikaanse Pers Beperk [boodskap #120905] Sa, 10 November 2018 14:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Afrikaanse Pers Beperk was 'n Afrikaanse uitgewery. Op 19 Maart 1932 in Pretoria gestig as eienaars van Die Vaderland, opvolger van Ons Vaderland (in 1915 gestig), wat toe twee keer per week verskyn het. In 1935 is die Afrikaanse Pers gerekonstrueer en het dit sy hoofkantoor na Johannesburg verskuif waar Die Vaderland op 3 Julie 1936 'n dagblad geword het. Die tydskrifte wat daarop gevolg het, sluit in Die Brandwag op 6 Februarie 1937 en Kort en Goed, die eerste Afrikaanse keurblad, in Mei 1939. Die publikasie van boeke, veral opvoedkundige boeke, het sedertdien aansienlik uitgebrei.

Op 1 Julie 1962 het Dagbreekpers Beperk saam met die Afrikaanse Pers Beperk saamgesmelt. In 1971 is dit weer met Voortrekkerpers saamgesmelt as Perskor. Op sy beurt is Perskor in 1998 deur CTP/Caxton oorgeneem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: African National Congress
Volgende onderwerp: Afrikaanse Verbond Begrafnisonderneming Beperk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:31:48 MGT 2024