Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » African National Congress (ANC)
African National Congress [boodskap #120904] Sa, 10 November 2018 14:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die ANC is 'n politieke liggaam in 1912 gestig deur Bantoes onder die naam South African Native National Congress. Die stigters was: dr. P. Ka K. Seme, G.P. Montsioa, R.W. Msimang en Alfred Mangena. Die eerste president was eerw. J.L. Dube. In 1914 stuur die Congress 'n afvaardiging na Engeland. Jaarlikse konferensies is gereeld gehou. In 1944 stig hy sy eie Congress Youth League. In 1959 het 'n ekstremistiese vleuel, die Pan-African Congress van die hoof-organisasie weggebreek. Soortgelyke liggame as die African National Congress in die Republiek het onder dieselfde naam in Zimbabwe (Rhodesiƫ) en Malawi (Njassaland) ontwikkel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Afdelingsrade
Volgende onderwerp: Afrikaanse Pers Beperk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:55:01 MGT 2024