Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Addo Nasionale Park (Addobos)
Addo Nasionale Park [boodskap #120898] Sa, 10 November 2018 14:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Addo-Olifant Nasionale Park (ook Addopark of Addobos genoem) is 'n wildreservaat in die Oos-Kaap, 45 myl vanaf Port Elizabeth. Die park was oorspronklik 8,000 morg groot en is in 1931 geproklameer om die oorblywende 11 olifante te beskerm. Die Addobos is 'n immergroen bosstreek ('n struikbos) wat ondeurdringbaar is tensy die paadjies van die olifante en buffels wat daarin hou gevolg word.

Die park bevat 'n spesiale soort olifant. Daar was vroeër ongeveer 100, maar hulle het soveel skade aan gesaaides aangerig dat die owerheid majoor P.J. Pretorius versoek het om hulle uit te dun tot 20. Hulle getalle het egter weer aangegroei en daar is vandag nagenoeg 500 olifante.

Ander spesies wat daar aangetref word sluit in: renosters (o.a. die bedreigde swartrenoster), grysbokke, bosbokke, nagdiere (soos ystervarke, erdvarke, bosvarke, rooikatte, jakkalse, ratels), slange, skilpaaie en ’n menigte soorte voëls. Die miskruier Circellium bacchus wat nie kan vlieg nie is uniek tot die gebied en geniet die reg-van-weg voor motors op paaie.

Die park is later uitgebrei om die Woody Cape-natuurreservaat, wat van die Sondagsrivier tot Alexandria strek, in te sluit. 'n Marienereservaat wat St. Croixeiland en Voëleiland in Algoabaai insluit is ook by die park gevoeg. Dit is 'n belangrike broeihabitat vir pikkewyne en ander marienespesies.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adders
Volgende onderwerp: Adelaide
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:06:46 MGT 2024