Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adders (Viperidae)
Adders [boodskap #120897] Sa, 10 November 2018 13:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid

/fa/86/0/
/fa/87/0/
Die Adders (Viperidae) is 'n giftige slangfamilie met plat, gewoonlik driehoekige koppe, dik, lomp lywe en kort sterte. Hulle is in dié opsig eienaardig dat hulle agter die voorste paar groot, hol giftande, 'n onbepaalde aantal embrio reserwe giftande het wat almal aan 'n beenagtige skarnierband vas is. Die skarnierband buig die tande terug sodra die bek toegaan.

Die pofadder (Bitis arietans) is die algemeenste en kom oor 'n groot gebied van Suid-Afrika voor. Sy donker lyf dra 'n patroon van geel V-vormige merke. Die kleintjies word gebore uit eiers wat in die wyfie uitbroei. Feitlik onmiddellik na geboorte reeds giftig. Pofadders eet met maandelikse tussenposes. Hulle kakebene rek maklik om 'n rot of 'n kuiken in te sluk. Traag om te beweeg en sal eerder blaas, bakkop maak en pik as om weg te seil. Gemiddelde lengte is 2 voet 6 duim.

Die nagadder (Causus rhombeatus) word ook in die meeste dele van Suidelike Afrika gevind, maar hoewel giftig, is dit nie so dodelik as die pofadder of mamba nie. Hy soek snags kos, (paddas of muise) en is nie aggressief nie tensy daar op hom getrap word. Die wyfie lê 'n aantal eiers en rol haar op om dit uit te broei.

Die horingsman- of horingadder (Bitis cormita) word so genoem vanweë die skubbe bokant sy oë. Word aangetref in die droë, sanderige dele van Kaapland. Sowat 18 duim lank en is vuil rooibruin van kleur met donker merke.

Nog 'n soort is die bergadder (B. atropos) wat ook kort en dik is. Ongeveer 'n voet lank met sirkelvormige merke omrand met wit. Kom voor in die bergagtige dele van Kaapland en Natal.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adderley, Charles Bowyer
Volgende onderwerp: Addo Nasionale Park
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 07:59:45 MGT 2024