Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adderley, Charles Bowyer
Adderley, Charles Bowyer [boodskap #120896] Sa, 10 November 2018 13:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Charles Bowyer Adderley (Lord Norton, 1814 - 1905) was 'n Engelse parlementêre kampvegter vir die Kaapkolonie. As Britse politikus het hy veral belanggestel in opvoeding en in koloniale sake.

Adderley is in 1814 in Birmingham behore. Hy was 'n groot nyweraar en het in 1837 groot belangstelling in vroeë proefnemings vir die dorpsbeplanning van Saltley (deel van Birmingham) getoon. Hy het ook met die instelling van die Canterbury-nedersetting in Nieu-Seeland gehelp.

In 1841 het hy lid van die Laerhuis in Brittanje geword. Daar veg hy vir groter koloniale selfbestuur. Hy tree in die bresse vir die Kaapse kolonialiste in hulle teenkanting teen die poging om bandiete in 1849 na die Kaap te stuur (die sogenaamde anti-bandietebeweging). Toe die Parlement, gedeeltelik a.g.v. sy pleidooi, besluit het om die bandiete na Australië te stuur en nie na die Kaap nie, het die munisipaliteit van Kaapstad ’n geskenk van £100 gekoop en die vernaamste straat, wat nagenoeg 200 jaar as die Heerengracht bekend was, na hom vernoem (vandag steeds Adderleystraat).

Nadat hy die stukrag agter baie maatskaplike wetgewing was, word mnr. Adderley in 1878 tot die adelstand verhef as lord Norton. Hy het sy parlementêre loopbaan as president van die Britse ministerie van handel voortgesit en was verantwoordelik vir die wet wat voorsiening gemaak het vir die skepping van die Dominion van Kanada in 1867. Hy is in 1905 in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Acton Homes
Volgende onderwerp: Adders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:48:49 MGT 2024