Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adelaide
Adelaide [boodskap #120899] Sa, 10 November 2018 14:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adelaide kan na een van die volgende verwys:

1. Dorp in die Oos-Kaap onder die Winterberg aan die Koonaprivier, 37 km wes van Fort Beaufort. Dit was oorspronklik 'n militêre pos, Fort Adelaide, genoem na koningin Adelaide, die eggenote (gemalin) van Willem IV van Engeland. Die fort is in 1834 gebou op grond wat aan die N.G. Kerk gegee was in 1830. In 1849 gee die kerkraad van Bedford die naam aan die dorp en begin erwe verkoop; in 1862 word die kerk gebou; in 1865 word erwe uitgemeet; en in 1896 is die munisipaliteit gestig. Post Retief, die plaas waar Piet Retief gewoon en waarvandaan hy sy trek in 1836 na die binneland gelei het, lê in die distrik. Daar word met skape en beeste geboer en sitrus word verbou. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 5,566 (1,323 Blankes).

2. Die hoofstad en grootste stad van Suid-Australië. Dit is ’n groot handelsentrum wat wol, wyn, koring, silwer, kopererts, ens. uitvoer. Die stad is gestig in 1836 en genoem na Adelaide van Saxe-Meiningen, Willem IV se vrou. Dit is besonder goed uitgelê tussen parke en tuine met ’n menigte boomlanings.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Addo Nasionale Park
Volgende onderwerp: Adendorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:02:47 MGT 2024