Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aasvoël (Aegypidae)
Aasvoël [boodskap #120885] Sa, 10 November 2018 10:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Swartaasvoël.
'n Swartaasvoël.
Die Aasvoël (familie Aegypidae) is 'n roofvoël wat van afval en aas leef. Dit is meestal groot voëls met min of meer kaal koppe en nekke. Die kragtige gekromde snawel word word gebruik om die vel van dooie dier af te trek en vleis uit die karkas te skeur. Onder die nek het hy 'n sagte kraag vere waarop sy kop kan rus. Pragtige vlerke, maar sy kloue is nie sterk nie. Die gesig is besonder goed ontwikkel en hulle kan kos baie ver sien. Een of twee eiers, afhanklik van die soort, word gelê; die nes, ’n platform van takke, word óf in bome, óf op die grond óf teen kranse gebou.

Suid-Afrika kan spog met ses soort aasvoëls, waarvan die bekendste in die suide die gewone aasvoël is, wat ook bekend staan as Kolbe's Griffon, met sy blou nek, bruin rug en donker vlerkpunte en stert. In Transvaal en noordwaarts tref mens die kleiner witrug-aasvoël aan. Skaarser en afsydiger is die afskuwelike swart aasvoël met sy pante hoogrooi vleis om die nek, wat in die Krugerwildtuin aangetref word. In dieselfde omgewing tref mens die witkop-aasvoël aan. Daar is twee kleiner en skaarser soorte, een, die witkraai, met sy wit nek, en die ander, die suidelike monnik-aasvoël met bruin kraag, wit kap en ligroos gesig.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
3. Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aardwolf
Volgende onderwerp: Abakweta
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:53:10 MGT 2024