Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aardwolf (Proteles cristatus)
Aardwolf [boodskap #120884] Sa, 10 November 2018 10:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/54/0/
'n Aardwolf, erdwolf, maanhaarjakkals of weerwolf is 'n eiesoortige dier, wat in baie dele van Suid-Afrika, veral in bossiesveld en oop boomlose landskappe aangetref word. Hy is 'n nagdier en woon in gate. Hoewel baie sku kan hy maklik makgemaak word. Die dier gee 'n muskusreuk af as hy aangeval word. As hy skrik of bedreig voel rys die hare op sy rug om hom groter te laat lyk, maar hy is skadeloos.

Die aardwolf eet sprinkane, termiete, eiers en akkedisse waarvoor sy onontwikkelde agtertande en klein voortande voldoende is. Die dier het 'n lang, skerp gesig en lyf is meer as twee voet lank. Hy is vaalgrys van kleur met swart strepe oor sy voorblaaie en lyf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
  • Aanhangsel: aardwolf.jpg
    (Grootte: 22.33KB, 289 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Aandblom
Volgende onderwerp: Aasvoël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:42:55 MGT 2024