Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aandblom (Iridaceae)
Aandblom [boodskap #120883] Sa, 10 November 2018 10:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Aandblom(metjie) is 'n veldplant wat in die aand oopgaan en (of) dan 'n geur afgee, veral in die Westelike Provinsie. Hesperantha-soorte, o.a. H. falcata, met 'n rits klein reëlmatige blomme wit van binne, en by Caledon en verder ooswaarts sekere Gladiolus-soorte, veral G. tristis (ook soms vleiaandblom genoem).

Dit is 'n klein bolplant van die Wes-Kaapland. Baie word uitgevoer na Europa. Die lang wit rits geurige blomme sit aan 'n geboë stingel en is opwaarts gekeerd.

Freesia elimensis het langer en slanker blare en aard in klammer grond as die Freesia middlemosti wat blare van die swaardlelie tipe het en op klipperige heuwels aard.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aam
Volgende onderwerp: Aardwolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:56:22 MGT 2024