Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gelofte afgelê deur die Voortrekkers by Bloedrivier
Gelofte afgelê deur die Voortrekkers by Bloedrivier [boodskap #11865] Di, 16 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Johan Grobler  is tans af-lyn  Johan Grobler
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hier volg die gelofte soos afgelê deur die Voortrekkers :

"Vier jou feesdae, o Juda; betaal jou geloftes" Nahum 1:15

Gelofte (Afrikaans)
=======================
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as n dankdag
soos n sabbat sal deurbring,
en dat ons n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.

Gelofte (Nederlands)
===========================
Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Meer inligting:
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/gelofte.htm
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/jpgafr.htm

--
Johan Grobler
Re: Gelofte [boodskap #11870 is 'n antwoord op boodskap #11865] Wo, 17 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Grobler  is tans af-lyn  Johan Grobler
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Stephanus Schoeman wrote:
>>
> Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
> 'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
> met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
> gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
> julle ander hieroor?
>
> Riana

Riana,

Die gelofte sê dat ons dit vir "ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel". Ek dink elke kind kan dan voor God
besluit of hy/sy in die Gelofte. Dit is 'n gelofte wat gaan tot die
eer van God. Dit gaan nie oor die eer van die wenner of leed van die
verloorder nie. Terloops die Voortrekkers by die slag het uit ongeveer
464 blankes 59 kleurlinge en 200 swartmense bestaan.
--
Johan Grobler
Re:Gelofte [boodskap #11871 is 'n antwoord op boodskap #11865] Wo, 17 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Stephanus Schoeman"

> Gelofte (Nederlands)
> ===========================
> Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
> hier staan wij tans op een ogenblik voor een
> heilige God van Hemel en aarde om een
> belofte aan Hem te beloven,
> als Hij met Zijn bescherming met ons zal
> wezen, en onze handen zal
> geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
> dag en datum elk jaar
> als en verjaardag en een dankdag zoals een
> Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
> en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
> zullen, waar het Hem zou behagen;
> end dat wij het ook aan onzen kinderen
> zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
> delen, tot gedachtenis ook voor onze
> opkomende geslachten.
> Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
> verheelikt worden, dat de roem en eer van
> overwinning
> aan Hem zal worden gegeven.

> Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
> 'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
> met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
> gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
> julle ander hieroor?
>
> Riana

Ek het geen probleem met dit wat die
Voortrekkers self op sestien Desember
gedoen het nie. Wat die probleem was,
was dat die nageslagte dit 'n publieke
vakansiedag gemaak het, en ek dus moes
grootword met "Dingaansdag" in my
agtergrond. En gedurende die apartheids-
jare het dit ikoniese proporsies gekry.
Dis die nageslagte wat beskuldig moet
word.

Is 16 Desember vandag nog 'n publieke
vakansiedag in SA? En wat word dit nou
genoem?

Gloudina
Re: Gelofte afgelê deur die Voortrekkers by Bloedrivier [boodskap #11897 is 'n antwoord op boodskap #11865] Ma, 22 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article "Johan Grobler (C.a.T.S.cc)" writes:
> Subject: Gelofte afgelê deur die Voortrekkers by Bloedrivier
> Date: Tue, 16 Dec 1997 13:12:54 -0800

> Hier volg die gelofte soos afgelê deur die Voortrekkers :

> "Vier jou feesdae, o Juda; betaal jou geloftes" Nahum 1:15

> Gelofte (Afrikaans)
> =======================
> Hier staan ons
> voor die heilige GOD van hemel en aarde
> om 'n gelofte aan Hom te doen dat
> as Hy ons sal beskerm
> en ons vyand in ons hand sal gee,
> ons die dag en datum elke jaar as n dankdag
> soos n sabbat sal deurbring,
> en dat ons n huis tot sy eer sal oprig
> waar dit Hom behaag,
> en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
> hulle met ons daarin moet deel tot
> nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
> want die eer van Sy naam sal verheerlik word
> deur die roem en die eer van oorwinning
> aan hom te gee.

> --
> Johan Grobler

Nie waar nie Johan, dis prof GBA Gerdener se 1919 rekonstuksie aan die hand
van Sarel Cilliers se verslag van 1871.
Die ware gelofte is nooit neergeskryf nie.

Christo
Re: Gelofte [boodskap #11905 is 'n antwoord op boodskap #11865] Di, 23 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Jan Diedeleff" wrote:

> Beskaafd?
> Die VSA beskaafd?

Tog sekerlik nie.

Wat 'n interessante vraag laat opduik. Is daar ENIGE beskawing wat in
terme van Jan D se vrae " beskaafd" is?

Steek hande op asseblief.

(Agter in die klas sien ek 'n San hunter gatherer se hand...)

Nee nie jy, ek het gese _BESKAWINGS_

Laat mens dink ne.

Andries
Re: Gelofte [boodskap #11906 is 'n antwoord op boodskap #11865] Di, 23 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Dries Venter" wrote:

> DEk sien die grootste deel van die Gelofte daarin dat Bloedrivier
> eerder 'n oorwinning van die Goeie bo die Bose was (en, nee ek bedoel nie
> daarmee dat anderskleuriges ipso facto Boos is nie, en blankes altyd Goed
> is nie!).

Nou wat anders kan jy bedoel?? Vir watter ander rede kan mense so 'n
bloedbad vier?

Andries
Vorige onderwerp: Junior Rapportryerbeweging
Volgende onderwerp: Afrikaanse taalcyberheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:54:44 MGT 2024