Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Et tu, Beeld?
Et tu, Beeld? [boodskap #11770] Wo, 10 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beeld wys vandag in sy redaksionele kommentaar op die onhoudbare situasie
dat die Amnestiekomitee van die WVK besluit het om ongesiens amnestie toe te
staan aan 37 hoë ANC-amptenare, sonder dat die aansoekers volle besonderhede
geopenbaar het of in die openbaar die skendings van menseregte onthul het
waarby hulle betrokke was.

Beeld sluit af met die (weliswaar dubbelsinnige) stelling: "Die WVK se
besluit om die amenstiekomitee se beslissing te hertoets, dui op 'n
gevoeligheid vir gegronde kritiek deur die publiek - deesdae 'n skaars
kommoditeit in die openbare lewe".

Die koerant gaan dan voort en roep om die afdanking van die ministers van
polisie en korrektiewe dienste, weens die ontsnappings van bankrowers uit
Pretoria Sentraal en elders (dis nou die bankrowers wat etlike weke gelede
deur die minister van polisie besoek is - onthou Wen se voorspelling van 'n
nuwe vlaag bankrowe toe dit blyk die ANC het geldprobleme?).

Op sy hoofblad, het Beeld ook 'n prominente artikel waarin die publiek raad
kry oor hoeveel geweld mens mag gebruik om jouself te verdedig teen misdaad.

1) Nou toe nou! Beeld reken ook nou (oënskynlik) dat kritiek op die
regering en sy werktuie (of gevoeligheid daarvoor) "'n skaars kommoditeit"
is.

2) Dit lyk asof die koerant woord by die daad voeg en iets meer begin
doen as om Afrikaners vir Nazis uit te maak en die regering se onbekwaamheid
aan "nalatenskap van apartheid" toe te skryf. Vir die ANC moet dit soos 'n
mes in sy rug voel om sulke direkte kritiek te begin kry van sy getrouste
mondstuk in Afrikaans.

3) Ek het verneem Tim du Plessis het 'n pos in die Kaap aanvaar? Ek hoop
dis by Huisgenoot of Fair Lady.
Re: Et tu, Beeld? [boodskap #11771 is 'n antwoord op boodskap #11770] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Dec 1997 11:52:10 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Leendert haal Beeld aan!

Dis dalk n goeie tyd om jouself n bietjie op te voed oor die dinamieke
van koerante en die menings in hulle.

As jy dit goed wil doen, moet jy egter toesien dat jy demokratiese
dinamieke ten volle begryp.
Re: Et tu, Beeld? [boodskap #11808 is 'n antwoord op boodskap #11770] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 10 Dec 1997 11:52:10 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Leendert haal Beeld aan!
>
> Dis dalk n goeie tyd om jouself n bietjie op te voed oor die dinamieke
> van koerante en die menings in hulle.
>
> As jy dit goed wil doen, moet jy egter toesien dat jy demokratiese
> dinamieke ten volle begryp.

Demokraties, of kapitalisties? Ek dag koerante skryf wat die mark wil hê?
(Dis nou behalwe in plekke soos Duitsland waar jy jou koerant op die koste
van die saat kan bedryf.)

Of sê jy dat die markkragte eintlik bloot demokraties is?

>
>
> Is dit omdat sy
> denke soveel skerper as joune is?

As sy denke so skerp is wys dit nie in sy weeklikse smeer-die-Afrikaner
orgie in Beeld nie.

>
> Is dit omdat hy anders as jy dink en jy hom wil weg he daaroor?

Ek weet nie of vlieë, muskiete, en ander parasiete en aasvreters anders dink
as ek nie. Maar ek wil hulle ook weg hê uit my onmiddelike omgewing.
Re: Et tu, Beeld? [boodskap #11809 is 'n antwoord op boodskap #11770] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Dec 1997 10:27:34 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Dis dalk n goeie tyd om jouself n bietjie op te voed oor die
dinamieke
>> van koerante en die menings in hulle.
>>
>> As jy dit goed wil doen, moet jy egter toesien dat jy demokratiese
>> dinamieke ten volle begryp.
>
>
> Demokraties, of kapitalisties? Ek dag koerante skryf wat die mark wil hê?
> (Dis nou behalwe in plekke soos Duitsland waar jy jou koerant op die koste
> van die saat kan bedryf.)
>
> Of sê jy dat die markkragte eintlik bloot demokraties is?>>

Nie een van die goed nie. Vra bietjie uit of lees op.
Re: Et tu, Beeld? [boodskap #11835 is 'n antwoord op boodskap #11770] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
[color=blue]>
Re: Et tu, Beeld? [boodskap #11836 is 'n antwoord op boodskap #11770] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Beeld en die WVK
Volgende onderwerp: Re: Vir Leendert. Oor die WVK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 08:24:48 MGT 2024