Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert se day job
Leendert se day job [boodskap #11372] So, 16 November 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
tyd nie.

Gloudina
Re: Leendert se day job [boodskap #11390 is 'n antwoord op boodskap #11372] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In Lou writes:

> @igs.net wrote:
>>
>> Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
>> dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
>> Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
>> tyd nie.
>>
>> Gloudina

> Leendert

> Jy raak seker bietjie te na aan die been vir Gloudina. Is die bostaande
> so 'n ANC tipe verskuilde dreigement? Gie Gie

Klink vir my meer na linkse lafhartige aantyging van jou kant Lou.
Sies, sies, sies....... Ga Ga.

B
B
B
> Lou
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Leendert se day job [boodskap #11391 is 'n antwoord op boodskap #11372] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
> dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
> Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
> tyd nie.
>
> Gloudina

Leendert

Jy raak seker bietjie te na aan die been vir Gloudina. Is die bostaande
so 'n ANC tipe verskuilde dreigement? Gie Gie

Lou
Re: Leendert se day job [boodskap #11392 is 'n antwoord op boodskap #11372] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/17/97 12:34AM, in message , @igs.net wrote:

Lady of Le Suur,

vergelyk satellietkommunikasie met die ou plaastelefoon. Leendert se gedagtes
het al drie keer die aarde omwentel terwyl jy nog steeds vra "Besig?"

> Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
> dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
> Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
> tyd nie.
>
> Gloudina
Re: Leendert se day job [boodskap #11414 is 'n antwoord op boodskap #11372] Di, 18 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Nov 97 21:46:22 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

het al drie keer die aarde omwentel terwyl jy nog steeds vra "Besig?" >>[/color]

Dis natuurlik interresant dat die ou plaas-telefone actually beter en
dus intelligenter kommunikasie gebied het as vandag se
satelliet-telefone wanneer dit by n gesprek kom.

Op die ou plaaslyne (soos vandag se draad-konneksies) kan twee mense
gelyk praat. Jy hoor die ander een so te se onmiddelik en n tweesydige
gesprek is moontlik. Jy kan selfs konferensie-oproepe bedryf waar meer
as twee mense saam gesels.

Satelliet-konneksies van vandag is meer vertraag. Dit vat die klank
van die een mens se woorde omtrent n sekonde om by die anderkant uit
te kom. n Mens praat dus so half simpleks-wyse. Soos mense oor n
walkie talkie. Jy praat jou storie klaar en wag dat dit anderkant
uitkom en dat die ander kant luister en antwoord. Dan luister jy weer
klaar en antwoord. Dit is n goedkoper manier om gesprekke oor ver
afstande te herlei, maar beslis nie n beter manier in terme vanb
kwaliteit van gesprek wanneer dit kom by mense wat gesels nie.

Ou plaas-telefone praat baie beter. Dit lewer flinker denke en
gesprekke met baie meer fasette.
Re: Leendert se day job [boodskap #11415 is 'n antwoord op boodskap #11372] Di, 18 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Thomas Jacobs wrote:
>
> In Lou writes:
>
>> @igs.net wrote:
>>>
>>> Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
>>> dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
>>> Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
>>> tyd nie.
>>>
>>> Gloudina
>
>> Leendert
>
>> Jy raak seker bietjie te na aan die been vir Gloudina. Is die bostaande
>> so 'n ANC tipe verskuilde dreigement? Gie Gie
>
> Klink vir my meer na linkse lafhartige aantuiging van jou kant Lou.
> Sies, sies, sies....... Ga Ga.
>
> B
> B
> B
>> Lou
> --

Thomas

Bietjie maniere gekry sien ek? Nie meer so vuilbek soos laas toe ek jou
gesien het nie?
Re: Leendert se day job [boodskap #11431 is 'n antwoord op boodskap #11372] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 19 Nov 97 05:06:15 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

maar van enige besigheid. >>[/color]

Kan dit onthou, ja.
Het jy al ooit n gesprek op n satelliet-telefoon probeer voer?

luister, pleks van sommer almal op een slag praat, en niemand luister nie.>>[/color]

Nee. Omdat die klank so lank vat on via satelliet te trek, kan jy bov
nie "..um.." of "...ja..." of "...wag nou!.." of so ite se as die
ander mense praat nie.
Jy praat rerig soos op n walkie talkie. Soos: "Vira, dis Ferdi hier.
Ek wil net se dat die gesprek nie twee kante toe kan gaan nie, so
luister gou klaar. Die weer is vandag warmer hier. Hoe is dit daar?
---- oor/Ok/praatmaar/of watter indikasie jy ook al gee dat jy klaar
is"

Dan wag en dat jy klaar luister en jou deel praat.

Dan wag jy dak ek klaar luister en weer my deel praat ens.

Dis nie n grap nie. Dis rerig so.
As n plaaslyn konnekteer, kan jy at least Antie Vira in die rede val
en haar keer as jy jou verkeerd verstaan het.

om met 'n ou ossewa werk toe te ry, plaas van 'n nuwe BMW.[/color]
> Of om vir sy vrou 'n miershoop te bring en sê dis beter as die AEG oond wat sy
> eintlik wou gehad het.>>>

Vira. Moenie my glo nie. Gaan praat op n satelliet-foon en vind self
uit.
Dit het te doen met die afstand wat die sein moet trek om deur die
satelliet te gaan draai en al sulke goed, is ek vertel.
Re: Leendert se day job [boodskap #11432 is 'n antwoord op boodskap #11372] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/18/97 12:07PM, in message , Ferdi
wrote:

>
> Dis natuurlik interresant dat die ou plaas-telefone actually beter en
> dus intelligenter kommunikasie gebied het as vandag se
> satelliet-telefone wanneer dit by n gesprek kom.

Hallo ... hallo ... HALLO! ... haaallloooo.... hallo Koos?
Nie jy nie oom, ek soek Koos!
Koos is jy daar?
Ek kan nie hoor nie ... praat harder
Ja tannie, ek sal later vir tannie ko-operasie toe gaan, maar dis nou eers ses
uur die oggend, en ek probeer met Koos praat!
Koos???? Is jy OK?
Bel my terug.

- -- -- - -- -- - -- -- (telefoon lui- 'n korte en twee langes)

Hallo, Hi Koos!
Hallo, is dit 411? Nee meneer, dis vir my, 412!
Hoe gaan dit, Koos?
Voel jy nog intelligent?
Ek begin heeltemaal frustreerd voel.

"Hoes�?"
"Môre oom Jaap, gaan sit oom se gehoorstuk in."
"Hoe nou?"
[skreeu harder] "Dis vir my oom!"
"Nee wat, ek kan nie hoor nie".

Is jy nog daar, Koos?
In verband met ... wag eers
"Kan julle asseblief sagter asemhaal, ek kan myself nie hoor praat nie!"
*click* *click* *click*
Daar's ons nou van die stommes ontslae. Waar was ons weer...

"Hallo. Is julle nou klaar? ek wil 'n oproep maak. Julle sit al heel oggend op
die telefoon!".
Koos, ek skryf vir jou 'n brief.


Het jy al ooit 'n personlike gesprek probeer hou op 'n plaastelefoon? Vergeet
maar van enige besigheid.

>
> Op die ou plaaslyne (soos vandag se draad-konneksies) kan twee mense
> gelyk praat.

of meer

> Jy hoor die ander een so te se onmiddelik en n tweesydige
> gesprek is moontlik.

of onmoontlik

> Jy kan selfs konferensie-oproepe bedryf waar meer
> as twee mense saam gesels.

Is _dit_ wat dit toe al die tyd was?
>
> Satelliet-konneksies van vandag is meer vertraag. Dit vat die klank
> van die een mens se woorde omtrent n sekonde om by die anderkant uit
> te kom.

Anderkant die wêreld, never mind die plaas langs aan.

> n Mens praat dus so half simpleks-wyse. Soos mense oor n
> walkie talkie. Jy praat jou storie klaar en wag dat dit anderkant
> uitkom en dat die ander kant luister en antwoord. Dan luister jy weer
> klaar en antwoord.

Is dit nie hoe mens gewoonlik praat nie? As daar iemand is wat wel na jou
luister, pleks van sommer almal op een slag praat, en niemand luister nie.

> Dit is n goedkoper manier om gesprekke oor ver
> afstande te herlei,

yep

> Ou plaas-telefone praat baie beter. Dit lewer flinker denke en
> gesprekke met baie meer fasette.
>
_Baie_ fasette, inderdaad. Jy kom net nooit by die eintlike punt uit nie.
Flinker denke?

Koos, vir wie probeer jy flous? Miskien kan jy een van die ouens hier oorreed
om met 'n ou ossewa werk toe te ry, plaas van 'n nuwe BMW.
Of om vir sy vrou 'n miershoop te bring en sê dis beter as die AEG oond wat sy
eintlik wou gehad het.

Dass ich nicht lache!

V.
Vorige onderwerp: Almal terug
Volgende onderwerp: Re:waar is al die ware Afrikaners?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:56:22 MGT 2024