Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:waar is al die ware Afrikaners?
Re:waar is al die ware Afrikaners? [boodskap #11402] Di, 18 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
> baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
> nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
> veel besig gehou met kind wees.
>
> Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
> blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
> Kanada?????????????????
>
> Riana

Slaan my ook dronk. As huidige inwoner van Upington kan ek saamstem met
Riana.

Groetnis,
Hermann

Hallo Hermann

Hoe gaan dit met julle is Upington? Is dit warm? Dit is op die oomblik 13
grade buite die huis maar sal hopelik warmer word as hierdie wind van die
suidpool af net nie weer begin waai nie. Hierdie noordwester het nooit
gedink sy sal eendag in November nog truie en jasse dra nie?!

Stuur groete vir my familie as jy hulle dalk raak loop: my oupa is al
oorlede Martiens van Staden maar 5 van sy kinders bly nog daar:Bennie,
Willem en Maansie van Staden, Kotzes, en baie kleinkinders. Ai maar nou mis
ek my mense!

Groetnis van die land van die lang wit wolk.
Riana Schoeman (Visser)
Re: Re:waar is al die ware Afrikaners? [boodskap #11421 is 'n antwoord op boodskap #11402] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Herman  is tans af-lyn  Herman
Boodskappe: 16
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
|
|Hallo Hermann
|
|Hoe gaan dit met julle is Upington? Is dit warm? Dit is op die oomblik 13
|grade buite die huis maar sal hopelik warmer word as hierdie wind van die
|suidpool af net nie weer begin waai nie. Hierdie noordwester het nooit
|gedink sy sal eendag in November nog truie en jasse dra nie?!
|
|Stuur groete vir my familie as jy hulle dalk raak loop: my oupa is al
|oorlede Martiens van Staden maar 5 van sy kinders bly nog daar:Bennie,
|Willem en Maansie van Staden, Kotzes, en baie kleinkinders. Ai maar nou mis
|ek my mense!
|
|Groetnis van die land van die lang wit wolk.
|Riana Schoeman (Visser)
|
|

Hallo Riana,

Op die oomblik gaan dit goed. Tot die naweek toe was die weer "heerlik"
warm, maar toe het daar weer vir oulaas 'n koue front kom kuier. Op die
oomblik is dit nog koel van die front se verbygaan (20 - 25 grade), maar dit
raak warmer by die dag.

Gee asb. die adres van jou familie sodat ek die boodskap kan oordra. As jy
vir my jou adres gee, sal ek af en toe vir jou die plaaslike koerant stuur,
dan kan jy in lyn bly met ontwikkelinge in die omgewing. Upington het nogal
baie uitgebry die afgelope 5 jaar. Ons kry glad 'n Pick en Pay volgende
jaar.

Groetnis,
Hermann

her...@gem.co.za
Vorige onderwerp: Leendert se day job
Volgende onderwerp: Wat dan, Koos?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:46:35 MGT 2024