Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hulp met spinnekoppe?
Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10840] So, 21 September 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder of iemand weet wat die swart weduwee spinnekoppe (met die rooi
uurglas onder) sal weghou. Ek het van die plastiese tuinmeubels wat ge"mould"
is, met baie holtetjies onder. Toe ek dit oor die naweek skoonmaak, reg vir die
somer, sien ek nou al talle nessies binne-in die holtes.

Insekdoder help nie juis nie. Voor jy weet is hulle almal weer terug. Ek maak
hulle nie graag dood nie, maar ek's bang iemand word gebyt.

Is daar iets wat mens daar kan insit/insmeer wat hulle sal weghou? Die eiers
is in 'n wit, harde-skil, prikelrige boletjie, en ek moet dit gewoontlik
uitkrap en stukkend trap.

Ek sal dankbaar wees vir enige advies. Die kinders hou more partytjie, en ek
moet dit beter nou veilig maak. Miskien as ek swembadsuur daaroor gooi - dit
sal seker niks aan die stoele maak nie, of hoe?

Dankie,
Vira.
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10860 is 'n antwoord op boodskap #10840] Ma, 22 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article ...

> Ek wonder of iemand weet wat die swart weduwee spinnekoppe (met die rooi
> uurglas onder) sal weghou. Ek het van die plastiese tuinmeubels wat ge"mould"
> is, met baie holtetjies onder. Toe ek dit oor die naweek skoonmaak, reg vir die
> somer, sien ek nou al talle nessies binne-in die holtes.

[...]

> Miskien as ek swembadsuur daaroor gooi - dit
> sal seker niks aan die stoele maak nie, of hoe?

Jy het 'n swembad Vira?

Filthy rich middle class bourgois! Dit verklaar baie - "vir die ryke om die
Koningkryk in te gaan is moeiliker as vir 'n kameel om deur die oog van 'n
naald te gaan" - onthou? :-)))))

Oor jou spinnekoppe, my dogter beveel aan: Bel die
plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid by die Rietondale Proefplaas van die
Departement van Landbou. Dr Ansie Dippenaar by hulle het internasionale
status as spinnekopkenner. Tel (012) 329 3270/3/4/5/6/7/8.

(Afrikaans vir "Black widow spider" is "knopiespinnekop").

Groete, Leendert
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10865 is 'n antwoord op boodskap #10840] Di, 23 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jeffery Zucker  is tans af-lyn  Jeffery Zucker
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
Leendert van Oostrum wrote:

[geknip]

> Oor jou spinnekoppe, my dogter beveel aan: Bel die
> plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid by die Rietondale Proefplaas van die ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> Departement van Landbou. Dr Ansie Dippenaar by hulle het internasionale
> status as spinnekopkenner. Tel (012) 329 3270/3/4/5/6/7/8.

My felisitasies, Leendert.
Dis die langste woord wat ek op hierdie nuusgroep tot dusver
gesien het (afgesien van die typo daarin).

Jeff
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10866 is 'n antwoord op boodskap #10840] Wo, 24 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Jeff!

Hoe gaan dit?

Jeffery Zucker wrote in article
...

>> Oor jou spinnekoppe, my dogter beveel aan: Bel die
>> plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid by die Rietondale Proefplaas van die
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
>> Departement van Landbou. Dr Ansie Dippenaar by hulle het internasionale
>> status as spinnekopkenner. Tel (012) 329 3270/3/4/5/6/7/8.
>
> My felisitasies, Leendert.
> Dis die langste woord wat ek op hierdie nuusgroep tot dusver
> gesien het (afgesien van die typo daarin).

:-)

Dit sou seker beter gewees het om te skryf "eenheid vir navorsing oor
plantbeskerming"

(Het jy nie 'n bydrae te maak oor die verskillende godsdienstige
perspektiewe hier rond nie?)

Groete, Leendert
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10867 is 'n antwoord op boodskap #10840] Wo, 24 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Sep 1997 13:00:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
<oos...@scientia.up.ac.za> wrote:
<<>plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid>>

...fokit...!
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10868 is 'n antwoord op boodskap #10840] Wo, 24 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article <3427f4d...@jhb-news.iafrica.com>...
> On Mon, 22 Sep 1997 13:00:23 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
>
>> plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid>>
>
> ...fokit...!

Hmmm.....

Nou net daar verbygery. Dis eintlik die Instituut vir Plantbeskerming. Ek
neem aan hulle het dat ook 'n navorsingseenheid.

Groete, Leendert
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10881 is 'n antwoord op boodskap #10840] Do, 25 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> Koos wrote in article ...
>
>> On Mon, 22 Sep 1997 13:00:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>>
>> >
>>
>> ...fokit...!
>
> Hmmm.....
>
> Nou net daar verbygery. Dis eintlik die Instituut vir Plantbeskerming. Ek
> neem aan hulle het dat ook 'n navorsingseenheid.
>
> Groete, Leendert

Ek het gewerk by die Landbounavorsingsraad, Instituut vir Grond, Klimaat
en Water.
Na die mondvol is dit gewoonlik : " Waar se jy werk jy nou weer ?"

Groete, Len
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10891 is 'n antwoord op boodskap #10840] Vr, 26 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/22/97 1:00PM, in message , "Leendert van Oostrum" wrote:

>
>
> Oor jou spinnekoppe, my dogter beveel aan: Bel die
> plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid by die Rietondale Proefplaas van
> die
> Departement van Landbou. Dr Ansie Dippenaar by hulle het internasionale
> status as spinnekopkenner. Tel (012) 329 3270/3/4/5/6/7/8.
>
> (Afrikaans vir "Black widow spider" is "knopiespinnekop").
>
> Groete, Leendert
>
Hi Leendert

Baie dankie vir die inligting. Ek sal gedurende volgende week bel. Ek kon net
nie my draaie kry nie. As iemand anders ook wil weet, sal ek die informasie
pos.

Knopiespinnekop - is dit nie die Engelse Button Spider nie? Ek raak nou
verward, maar ek het 'n idee dis nie dieselfde nie. Ek dink 'n button spider
is net swart, sonder die rooi uurglas. Maar ook giftig. Soos gesê, skielik is
ek nie seker nie.

Cheers,
Vira.
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10896 is 'n antwoord op boodskap #10840] Sa, 27 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Sep 97 22:35:43 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

verwarrd, maar ek het 'n idee dis nie dieselfde nie. Ek dink 'n button spider[/color]
> is net swart, sonder die rooi uurglas. Maar ook giftig. Soos gesê, skielik is
> ek nie seker nie.>>>

Ek het een by my voordeur gehad.
Ons het haar uitgelos en na n maand of wat, was sy weg.
Ek het opgekyk in 'n boek en daar is blykbaar 'n brown widow sowel as
'n black widow.
Die brows is minder giftig.

Albei is swart, maar die eiertjies verskil. Die een s'n is glad en die
ander een s'n is "spiky".
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10902 is 'n antwoord op boodskap #10840] So, 28 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
>
> Ek het een by my voordeur gehad.
> Ons het haar uitgelos en na n maand of wat, was sy weg.
> Ek het opgekyk in 'n boek en daar is blykbaar 'n brown widow sowel as
> 'n black widow.
> Die brows is minder giftig.
>
> Albei is swart, maar die eiertjies verskil. Die een s'n is glad en die
> ander een s'n is "spiky".

Dis eienaardig hoe 'n mens insigte in ander
se persoonlikhede kry hier op die nuusgroep.
Koos, iemand wat die spinnekoppe by sy voor-
deur respekteer, en later vir mense kan vertel
hoe hul eiertjies lyk, is 'n gebenedyde persoon.
En deur die spinnekop voor die deur van die
grot te respekteer, het Robert the Bruce se
vyande nie vir hom kon vang nie. Nie dat ek
nou dink jy het vyande nie.

Gloudina
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10919 is 'n antwoord op boodskap #10840] Di, 30 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Sep 1997 23:53:33 GMT, wrote:



Wie, ek?! Vyande?!
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10948 is 'n antwoord op boodskap #10840] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos, jy is beter as ek, want ek is kort van draad wat spinnekoppe betref.
As hul in die veld of tuin is los ek hul uit, maar as hul in die huis of
naby 'n deur is - trap ek hulle. Ek het op 'n tyd die goed ewe versigtig uitgedra
buitentoe, tot ek gebyt is deur een wat in ons bed beland het.
Ek het 'n moerse blou,seer kol gekry en my vleis het later groen geword.
Nou vat ek nie meer kak nie. Veral nie noudat ek twee klein kinders het
nie. Wes Australie WEMEL van knopiespinnekoppe, hier noem hul dit
"REDBACKs". Dit is heelwaarskynlik (soos baie ander dinge) hier aangebring
deur skepe wat voorrade om die kaap opgetel het op pad hiernatoe.

Terloops, ek het eenkeer gelees dat spinnekoppe van nature AGRESSIEWE diertjies is,
en nie die vriendelike knapies is wat party mense hul wil uitmaak nie.
Die wyfieknopiespinnekop eet haar man op nadat hul gepaar het, vir die van julle
wat dit nie weet nie. (Darem bly ek is nie 'n spinnekop nie)

Vriendelike groete.
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10960 is 'n antwoord op boodskap #10840] Sa, 04 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Oct 1997 07:52:30 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

Die wyfieknopiespinnekop eet haar man op nadat hul gepaar het, vir die van julle[/color]
> wat dit nie weet nie. (Darem bly ek is nie 'n spinnekop nie)>>>

Ja hulle is glo baie soos hakers.
Hulle sy is glo sterker as staal en wonderlike materiaal.
Ek het op 'n tyd 'n artikel gelees van 'n Franse ou wat met hulle wou
boer en die sy oes.
Hy het glo 'n vertrek vol knopiespinnekoppe gemaak en na 'n week
teruggekom. Toe tref hy nie baie webbe aan nie maar net 'n paar
spinnekoppe - soveel as wat die ruimte kan dra.
Die ander was opgeet deur die spinnekoppe wat oorgebly het.

Maar fokkit, hulle kan nie slegter as mense wees nie.

En die Window by die voordeur het ons nie gepla nie en niemand bedreig
nie.
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10970 is 'n antwoord op boodskap #10840] Ma, 06 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie die begin van hierdie storie gekry nie, kla iemand van las van
spinnekoppe? Daar is in Suid-Afrika eintlik net 4 spinnekoppe waarvoor jy
bang hoef te wees:
1) Sakspinnekop: aggressief, wydverspreid, weefsel vernietigende gif - jy
kry so 'n groot gangreen kol waar hy jou byt. Is ook verantwoordelik vir
die meeste byte.
2) Vioolspinnekop: baie aggressief, kom hoofsaaklik vanaf Pta noordwaarts
voor, ook 'n (hoofsaaklik) weefselvernietigende gif. Meeste mense wat in
die nag terwyl hulle slaap gebyt word, word deur hierdie knaap gebyt. Hy
is so 'n roomkleurige kêrel en kom baie in die voue van gordyne voor, hy
spin so 'n sy-sakkie waarin hy bly, vandaar die naam. Nogal redelik groot
en kan dus diep byt en baie gif inspuit.
3) Swart knopiespinnekop (Black Widow): Senu-gif, nie baie aggressief nie,
inteendeel hy sal eers byt as jy hom regtig vasdruk of vaskeer. Daar is 'n
teengif beskikbaar. Sover ek weet word die giftigheid van hierdie
spinnekop totaal oordryf, ek dink nie enigiemand is al dood as gevolg van
sy byt nie. Hierdie spinnekop kom meer dikwels buite as binnenshuis voor.
Let op dat daar meer as een soort "knopies" is, die een wat ons meesal in
die huis kry is die sg. bruin knopie (alhoewel hy waarskynlik swart
vertoon!), hy spin so 'n eierbal met sulke baie punte aan, en is nie
eintlik gevaarlik nie. Die swart knopie spin 'n perfekte, gladde eierbal.
Die uurglasmerke is nie betroubare maniere om die verkillende spesies
uitmekaar te ken nie.
4) Ses-oog krapspinnekop: Na bewering uiters giftig, maar kom gelukkig net
in die droë dele voor, so hy kan amper heeltemal buite rekening gelaat
word.

ALLE SPINNEKOPPE VERRIG NUTTIGE TAKE VIR DIE MENS MOENIE HULLE DOODMAAK
NIE! As een jou pla, vang hom in 'n bottel en gaan sit hom buite. In ons
huise veral kry ons baie nuttige spinnekoppe wat vlieë, kakkerlakke,
krieke, myte, muskiete, muggies ens in toom hou: "daddy long-legs",
springspinnekoppies (ek dink hulle is sg. wolfspinnekoppe), en hierdie ou
groot, plattes teen die muur ("flatties")

As jy verder probleme het, kontak Ansie Dippenaar by Tukkies, sy's ons
voorste spinnekopkenner.

Groete,
Dries

Koos wrote in article
...
> On 3 Oct 1997 07:52:30 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
>
> > en nie die vriendelike knapies is wat party mense hul wil uitmaak nie.
>> Die wyfieknopiespinnekop eet haar man op nadat hul gepaar het, vir die van julle
>> wat dit nie weet nie. (Darem bly ek is nie 'n spinnekop nie)>>>
>
> Ja hulle is glo baie soos hakers.
> Hulle sy is glo sterker as staal en wonderlike materiaal.
> Ek het op 'n tyd 'n artikel gelees van 'n Franse ou wat met hulle wou
> boer en die sy oes.
> Hy het glo 'n vertrek vol knopiespinnekoppe gemaak en na 'n week
> teruggekom. Toe tref hy nie baie webbe aan nie maar net 'n paar
> spinnekoppe - soveel as wat die ruimte kan dra.
> Die ander was opgeet deur die spinnekoppe wat oorgebly het.
>
> Maar fokkit, hulle kan nie slegter as mense wees nie.
>
> En die Window by die voordeur het ons nie gepla nie en niemand bedreig
> nie.
>
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10984 is 'n antwoord op boodskap #10840] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herma  is tans af-lyn  Herma
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
>ALLE SPINNEKOPPE VERRIG NUTTIGE TAKE VIR DIE MENS MOENIE HULLE DOODMAAK
> NIE! ,

Ek weet, maar ek hou nou maar net nie van hulle gesigte nie. Daar was so 'n
groot mollige nommer wat in my roosmarynbos in die tuin geboer het -- elke
keer wat ek per ongeluk teen die bos raak, het hy uitgestorm om te kom kyk
wat aangaan. Ek weet nie of hy giftig was nie, maar hy het intimiderend
genoeg gelyk. Ek het hom darem nie doodgemaak nie -- was te bang om naby hom
te kom. Die kanse dat ek aan 'n spinnekopbyt kan doodgaan is skraal, maar 'n
hartaanval van skok is 'n ander saak... :-)
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #11023 is 'n antwoord op boodskap #10840] So, 12 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ek weet, maar ek hou nou maar net nie van hulle gesigte nie. Daar was so 'n
> groot mollige nommer wat in my roosmarynbos in die tuin geboer het -- elke
> keer wat ek per ongeluk teen die bos raak, het hy uitgestorm om te kom kyk
> wat aangaan. Ek weet nie of hy giftig was nie, maar hy het intimiderend
> genoeg gelyk. Ek het hom darem nie doodgemaak nie -- was te bang om naby hom
> te kom. Die kanse dat ek aan 'n spinnekopbyt kan doodgaan is skraal, maar 'n
> hartaanval van skok is 'n ander saak... :-)
>
Wel, jy het betreklik lig daarvan afgekom. Hy kon net sowel 'n kamer in jou
huis demand het, en begin toi-toi het toe jy sou weier.

Alwyn
Vorige onderwerp: Kersvader en die ander Polities Korrekte gruwels
Volgende onderwerp: Gatvol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:55:02 MGT 2024