Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersvader en die ander Polities Korrekte gruwels
Kersvader en die ander Polities Korrekte gruwels [boodskap #11007] Vr, 10 Oktober 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
As daar reels is, moet dit vir almal geld, of daar moet gladnie sulke
reels wees nie. Ek is gatvol vir die Polities Korrekte drukgroepe.
Vandat ek in Australie is het ek 'n uiterse minagting vir Greenies
en die Politically Correct ontwikkel. Hul het niks anders as hul eie
ego, skewe agenda en propaganda in gedagte nie.

Dit is deesdae 'n verskriklike sonde hier om enigiets te doen wat
mense soos aboriginees en ander "indigenous people" te na kom,
asook homoseksueles, vroue en ander "verdrukte" groepe.

Dit is ongelooflik hoe daar dubbele standaarde is wat dit betref.
Hier is bv. in Sydney 'n jaarlikse groot straatoptog "Mardi Gras"
wat al die homoseksueles aan deelneem om homoseksualiteit te vier.
Dit is eksklusief vir die homo's, baie wil he gewone mense moet
heeltemaal wegbly en nie eers kyk nie. Duisende homos kom van
oorsee om hierna te kyk. Die parade is eenvoudig banaal, pervers
en wat daarom heen aangaan is 'n homoseksuele gestekery vir die vale.

Niemand mag egter sy mond durf oopmaak hieroor nie, of hy word uitgemaak
as 'n diskriminerende homofoob, homo-basher ens. Maar laat daar geen twyfel
wees nie, as daar hoegenaamd enige soortgelyke heteroseksuele fees
georganiseer sou word, 'n Mej-kaaltiet kompetisie of iets, sal jy nooit
die einde daarvan hoor nie - jy sal in die hof beland en aangekla word
van allerhande Polities onkorrekte sondes.

Dieselfde geld vir "spiritualisme" van die "indegenous people".
Daar word uit die pad gegaan om tog nie hierdie mense se spiritualisme,
geeste en simbole te na te kom oor die radio, TV en pers nie.
Dit lyk my selfs die oosterse gelowe is in 'n bevoorregte posisie:
as jy 'n grappie of iets maak oor bv. muslims is jy diep in die kak.
Maar dit is heeltemal OK om gedurig die christelike God te laster
en die vieslikste grappe te maak oor God, nonne, priesters op TV en in die
pers. Hier is bv. tans 'n kunsuitstalling in australie
met 'n werk genaamd "Piss Christ", waar 'n beeld van Jesus aan die
kruis in 'n vat met urine uitgestal word.

In die skeihowe hier het die pendulum ook heeltemal geswaai vanwee die PC,
vandag word die man deur die howe kaal uitgetrek en die vrou kry alles,
die kinders, die huis, meubels, sy salaris, kar - hy hoef nie eers te
probeer om sy saak te stel nie.

By die werk word jy ontslaan as jy almanakke het van vroue in swemklere,
maar dis OK as vroue almanakke het van kaal mans ens ens..

Ek dink SA is nog relatief vry van die PC, dit is iets wat hoofsaaklik
van Amerika af oorgewaai het. Oppas!

Vriendelike,seksueel-diskriminerende,wit-middelklas, manlike groete.
Vorige onderwerp: Re: afrikanse musiek
Volgende onderwerp: Hulp met spinnekoppe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:53:53 MGT 2024