Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gatvol
Gatvol [boodskap #10929] Do, 02 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Dink julle ouens dat as ons vir ASAR2001 lank genoeg ignoreer, hy sal
weggaan? Of anders moet ons hom frustreer deur die hele tyd in Afrikaans te
skryf, maar sy naam baie te noem. Of so iets. Ek's gatvol vir hom.

knormoer
Re: Gatvol [boodskap #10953 is 'n antwoord op boodskap #10929] Sa, 04 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Thomas Jacobs wrote in article

> Knorrie gedra jou, ons sal dit net netjies vir hom vertaal wat ook al
> gese word . Groei op in jou moer, hy het dielfde regte as jy onthou?
>
>> Dink julle ouens dat as ons vir ASAR2001 lank genoeg ignoreer, hy sal
>> weggaan? Of anders moet ons hom frustreer deur die hele tyd in Afrikaans te
>> skryf, maar sy naam baie te noem. Of so iets. Ek's gatvol vir hom.
>
>> knormoer

Bravo! Twee vlieë met een klap - laat waai met die Afrikaanse kommentaar,
mense. Hoflik, vriendelik en ferm. :-)

Groete, Leendert
Re: Gatvol [boodskap #10954 is 'n antwoord op boodskap #10929] Sa, 04 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "Knormoer" writes:
Knorrie gedra jou, ons sal dit net netjies vir hom vertaal wat ook al
gese word . Groei op in jou moer, hy het dielfde regte as jy onthou?

> Dink julle ouens dat as ons vir ASAR2001 lank genoeg ignoreer, hy sal
> weggaan? Of anders moet ons hom frustreer deur die hele tyd in Afrikaans te
> skryf, maar sy naam baie te noem. Of so iets. Ek's gatvol vir hom.

> knormoer
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Gatvol [boodskap #10962 is 'n antwoord op boodskap #10929] So, 05 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Thomas Jacobs wrote in article
...
> In "Knormoer" writes:
> Knorrie gedra jou, ons sal dit net netjies vir hom vertaal wat ook al
> gese word . Groei op in jou moer, hy het dielfde regte as jy onthou?

En goeiedag aan jou ook. Ek sal vir At of Gloudina moet vra, maar ek dink
dis beter Afrikaans om te se "Groei op in jou moer in"
Hierdie nuusgroep gaan soos die naam aandui, snaaks genoeg, teen alle
verwagting in, oor Afrikaans.
Daar's 'n ander een waarvan jy miskien al gehoor het,
soc.culture.south-africa wat oor Suid Afrika gaan. Is dit nie dalk waar
ASAR behoort te post nie?
Dis nou natuurlik as hy nou nie iets het teen mense op grond van die taal
wat hulle praat nie, maar dis mos onmoontlik.

knormoer
Re: Gatvol [boodskap #10964 is 'n antwoord op boodskap #10929] Ma, 06 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Oct 1997 16:58:40 GMT, "Knormoer" wrote:

dis beter Afrikaans om te se "Groei op in jou moer in">>[/color]

Wat van "groei in jou moer"? :)

En dan 'n "kappel of points":

Ou Tommie, is jy nie die mans wat so wild en wakker praat van
"Kakfrikaans" nie, en altyd vertel hoekom dit 'n kak taal is wat 'n
mens moet ophou praat nie?

Nou wil jy vertaaldienste aanbied vir een van die bewese malletjies
van die net?!

Tweede punt: Die ASAR ken ons mos ook al.
En ek se: sy moer.
Dis presies wat hy ook altyd se, myne manier van dit se is net baie
korter.
Re: Gatvol [boodskap #10965 is 'n antwoord op boodskap #10929] Ma, 06 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Knormoer skryf:

nadat iemand anders gedreig het:

>> Knorrie gedra jou, ons sal dit net netjies vir hom vertaal wat ook al
>> gese word . Groei op in jou moer, hy het dielfde regte as jy onthou?

> En goeiedag aan jou ook. Ek sal vir At of Gloudina moet vra, maar ek dink
> dis beter Afrikaans om te se "Groei op in jou moer in"

Liewe Knormoer,

Die woord knormoer is toe een van daardie nuwe woordskeppings
wat nooit eintlik ingeburger het nie. En kan nie onthou of dit vir die
hele aansitter van 'n kar of selfs vir die "bendix" gedeelte daarvan
bedoel was nie.

Ek ken nie die uitdrukking met "groei" daarin nie. Ek ken
wel die uitdrukking "vleig in jou moer in". Dit beteken "gaan
terug na waar jy vandaan gekom het". Die word "moer" verwys
na moeder.

Dit is net so heftig as die uitdrukking "ek is gatvol". In so 'n
geval skei 'n mens dit uit, trek dan die ketting in die beskawing
of pak 'n klip daarop in die veld.

In albei gevalle gee 'n mens te kenne dat 'n mens nie meer
bereid is om die saak of persoon verder te hanteer nie.

> Hierdie nuusgroep gaan soos die naam aandui, snaaks genoeg, teen alle
> verwagting in, oor Afrikaans.
> Daar's 'n ander een waarvan jy miskien al gehoor het,
> soc.culture.south-africa wat oor Suid Afrika gaan. Is dit nie dalk waar
> ASAR behoort te post nie?
> Dis nou natuurlik as hy nou nie iets het teen mense op grond van die taal
> wat hulle praat nie, maar dis mos onmoontlik.

Gedurende die stigting van hierdie NuusGroep (s.c.s-a.a) 'n
paar jaar gelede het ons toe onderneem dat hierdie NG oop
vir alle mense met alle standpunte sou wees. Die Afrikaans
het beteken dat die mense
1) in Afrikaans oor enigiets sou kon skryf, en/of
2) in enige ander sou kom skryf oor iets wat met
Afrikaans te doen het.

Mens, het ons gesukkel om hierdie twee voorwaardes
aanvaarbaar te kry. Mense was so gatvol vir wat mense
in Afrikaans aan hulle gedoen het dat hulle ons gereeld
na ons moer toe gestuur het. Ons het aanhoudend probeer
verduidelik dat Afrikaans die taal van beide onderdrukkers
en verdruktes was - dat Afrikaans slegs boodskappe gedra
het en nie die boodskapper was nie. Maar die mense wat
vooraf besluit het dat die taal die vabond was, het by hulle
besluit gehou. Niks kon hulle van die teendeel oortuig nie.

'n Mens se taal is so 'n belangrike deel van 'n mens dat ons
nie hierdie mense maklik kan kwalik neem dat hulle so 'n
mistasting begaan het nie. Maar wanneer 'n mens 'n
persoon daarop wys dat iemand met dieselfde taal 'n
liefdesbrief of 'n doodsdreigement kan skryf, en die persoon
hou nog steeds vol dat die taal se skuld is dat die
doodsdreigement ook moontlik is, dan raak mens maar
gatvol en voel 'n mens lus om so 'n persoon na sy/haar
moer toe te stuur.

Maar eintlik is hier 'n geweldig les in te leer. Waarom is
die persoon nie in staat om sy/haar standpunt te wysig
nie. Om die persoon in elk geval te forseer om/sy haar
standpunt te wysig, is nutteloos. Geweld kan dit nie
forseer nie. Logika kan dit nie forseer nie.

Maar liefde kan dit wel doen. Die eerste stap is om te
besef dat ek nie die reg het om die persoon se standpunt
te verander nie net soos wat die persoon nie die reg het
om my standpunt te verander nie. Die persoon is nie my
eiendom nie en ek is nie die persoon se eiendom nie.

Die tweede stap is om te besef dat wanneer 'n persoon
se standpunt onomkeerbaar verander, dit net spontaan
kan geskied. Omkeerbare veranderinge of manteldraaiery
is iest anders. Die spontaneiteit van die verandering word
bepaal deur die ho"er kwaliteite wat die persooon in hom/haar
ronddra.

Die derde stap is om te besef dat die ho"er kwaliteite
almal die resultaat van ontluikings is. Sulke ontluikings
vind nie outomaties plaas nie, maar eers wanneer aan
seker voorwaardes/essensies voldoen is. Dikwels ontbreek
hierdie essensies in my net so erg as in die ander persoon.
Slegs deur hulle reg te stel in my eie lewe kan ek 'n
bydrae tot die ander persoon maak by wyse van getuienis.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Gatvol [boodskap #10966 is 'n antwoord op boodskap #10929] Ma, 06 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Beste At

Uit die stukkie oor die begin van die nuusgroep. Vergewe my onkunde,
maar wie keur 'n nuwe nuusgroep goed? Hoekom het hulle die reg van
lewe of dood op 'n medium wat vry is? As daar Duitse, Hollandse ens
nuusgrope is hoekom nie Afrikaans nie?

Vriendelike Groete

Colin
Re: Gatvol [boodskap #10971 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Oct 1997 09:39:32 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs) wrote:

>

Dis hy, ja.
Re: Gatvol [boodskap #10972 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hoe is dit dat party mense vloekwoorde so soort van met styl kan
gebruik en ander soos die Thomas ou, gebruik dit op 'n manier
wat my my smaak vir die nuusgroep laat verloor. Dit verstom my
dat sy werkgewer se naam ook nog onder die onsmaaklike
boodskap verskyn. Maar so kan elkeen seker sy eier lê soos dit
sy karakter pas. Ek het gelukkig die keuse of ek ooit weer enige
bydraes van sy kant wil lees.

Net een vraag: as jy dink Afrikaans is dood, vir wat gebruik jy dit nog?
Re: Gatvol [boodskap #10973 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Oct 1997 09:25:57 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs) wrote:

>

Dankie, en jou massa ook, swaer.

(By the way, hoekom praat jy dit nog?
Sommer net om mense te kan beledig?
Te skytbang om te gaan kak soek in Grahamstown se kroee nou vloek jy
mense moer maar so van ver af oor die net?

Jy is inderdaad 'n weird ene.

Het dit al tot jou deurgedring dat jy nou reeds by herhaling aan ons
vertel het Afrikaans is dood?

Ons glo jou heeltemal. Dis dood. Jy kan nou maar ophou om dit so te
mantra en jou hoed vat en fokof.)
Re: Gatvol [boodskap #10974 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
>

Beste At,Ek het self aan daardie eerste stemming deelgeneem in 1994. Eers
het die Afrikaanse poslys bestaan voor hierdie nuusgroep. Dit was omtrent
'n geskarrel om afrikaanse stemme te werf om die nuusgroep ingestem te
kry. En was daar oor en weer modder gooiery soos jy nie sal glo nie. Dit
was nou die nee's versus die ja's. As ek reg onthou was die meeste nees
uit die buiteland. Meestal as die gevolg van kruispos tussen die
verskillende nuusgroepe. Ek moet se, ek het eintlik meer die geslote
nuusgroep waardeer, omdat dit altyd afrikaans was, en ek nooit te doen
gekry het met "blameer afrikaans sprekendes" wat hier op die nuusgroep
kom uitspoel soos wrakstukke van 'n opgefrommelde skip op 'n suidsee
eiland.
Ek het vanjaar maar hierdie nuusgroep begin lees, maar ek sien maar baie
min ou bekendes raak wat ek nog onthou uit 1994 wat op die oorspronklike
poslys was.
Ook wil dit voorkom asof die poslys meer 'n persoonlike aanslag gehad het
as die nuusgroep.
Dis nogals lekker om jou pos te kry en 5 of 7 stukkies is van afrikaans
kennisse. Deesdae ploeg ek eers so deur 5 of 7 advertensies, 2 of 3
kruispos voordat ek by iets sinvols uitkom.
Groete
Len

>
>
> Jou vraag hoekom daar nie 'n Afrikaanse NG is nie, met
> ander woorde, hoekom daar nie soc.culture.afrikaans is nie?
> Mens, die NG s.c.a. was aanvanklik die eerste voorstel.
> Na 'hewige besprekings is daar gestem. Die NG het dit
> net-net gemaak. Maar toe is daar uit 'n sekere front
> (plaaslike mense wat nie 'n tweede lingua franca in SA kan
> verdra nie) aanhoudend gesinspeel dat die stemmery
> gekook is. Gevolglik is die protokol toe terug getrek.
> Toe moes ons opnuut begin met s.c.s-a.a omdat
> s.c.a nie meer moontlik was nie.
>
> Alles van die beste
> At de Lange
Re: Gatvol [boodskap #10975 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos skryf:
> Dis presies wat hy ook altyd se, myne manier van dit se is net baie
> korter.

Koos jy oortref jouself alweer hier -
Terloops, ek wonder of Thomas (kak)Jacobs se ma en pa weet wat hy op die
rekenaar doen as hulle nie by die huis is nie. Ek dink hy moet eerder met
sy blokkies gaan speel en soet wees.

Groete.
Re: Gatvol [boodskap #10976 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In ferd...@icon.co.za (Koos) writes:

> On 5 Oct 1997 16:58:40 GMT, "Knormoer" wrote:

> ek dink
>> dis beter Afrikaans om te se "Groei op in jou moer in">>

> Wat van "groei in jou moer"? :)

> En dan 'n "kappel of points":

> Ou Tommie, is jy nie die mans wat so wild en wakker praat van
> "Kakfrikaans" nie, en altyd vertel hoekom dit 'n kak taal is wat 'n
> mens moet ophou praat nie?

> Nou wil jy vertaaldienste aanbied vir een van die bewese malletjies
> van die net?!

> Tweede punt: Die ASAR ken ons mos ook al.
> En ek se: sy moer.
> Dis presies wat hy ook altyd se, myne manier van dit se is net baie
> korter.

Dieselfde bra, mens moet jou dienste aan 'n broer daar in doerland
aanbied om befoktes soos djy te ka' vistaan. Ek se nog dat kakfrikaans
biesig is om te sterf, as dit nie al klaa' vrek is nie.
Die taal wat die maleiers na die kaap gebring het, het meer lewe in hom.
En ek se: jou moer.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Gatvol [boodskap #10977 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In gal...@ozemail.com.au writes:

> Koos skryf:
>> Dis presies wat hy ook altyd se, myne manier van dit se is net baie
>> korter.

> Koos jy oortref jouself alweer hier -
> Terloops, ek wonder of Thomas (kak)Jacobs se ma en pa weet wat hy op die
> rekenaar doen as hulle nie by die huis is nie. Ek dink hy moet eerder met
> sy blokkies gaan speel en soet wees.

> Groete.
Galjoen dit is presies die soort doos van jou soort wat met sy balls of
snuif heeldag speel. Die punt wat hier gemaak was is dat meer SA'ners
Engels as kakfrikaans verkies en dit maak sense. As jy na model c skole
en presies ondermeer na engelse privaat skole se leerling name kyk dan
kom jy agter dat daar hooope snymanne, fouries, bothas, endiesmeer is.
Wat se dit vir jou mamma se kind, dat jou eie jou taal verstoot en
verafsku. Luister maar gerus na sport kommentaar, hoor hoe jou boeties
jou taal gat maak, jy hoor by uli boelie hoe joost vir pieter "tackle"
luister na naas op mnet en besef - kakfrikaans is die orde van die dag.
Dus, ek verkies my blokkies bo kakfrikaans.
Cheers my bra.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Gatvol [boodskap #10978 is 'n antwoord op boodskap #10929] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Colin skryf:

> Uit die stukkie oor die begin van die nuusgroep. Vergewe my onkunde,
> maar wie keur 'n nuwe nuusgroep goed? Hoekom het hulle die reg van
> lewe of dood op 'n medium wat vry is? As daar Duitse, Hollandse ens
> nuusgrope is hoekom nie Afrikaans nie?

Liewe Colin,

Die goedkeuring van 'n nuusgroep is nogal 'n interessante
saak. Dit het te doen met die vrywillige verspreiding van
'n nuusgroep met sy inhoud op Internet.

Die voorgenome stigting van 'n NuusGroep (NG) word eers
deeglik bespreek. Elkeen wat toegang tot Internet het, kan
deelneem. Dit word hoofsaaklik op die NG news.announce.newgroups
gedoen (ek is nie meer seker van die naam nie). Dit is nogal
leersaam om te kyk wie deelneem aan die bespreking van
watter soort voorgenome groep ookal. Mens kry gewoonlik
anarchiste, liberales, konserwatiewes, onveranderbares, ens.

Daarna word die NG tot stemming gebring. Daar moet meer
as 'n sekere getal JA stemme uitgebring word (ek kan nie
meer onthou hoeveel nie, sê 200) en die JA stemme moet die
NEE stemme met 'n sekere getal oortref (ek kan nie onthou nie,
sê 100).

Gestel nou 'n NG se stemming slaag. Dan is word daar 'n
protokol gestuur aan die handjievol ruggraat voorsieners van
Internet om hierdie NG op hulle bedieners te lys en pos
daarlangs te versamel en te versprei na die gewonde ISPs
(Internet Service Providers). Hierdie mense sal nie 'n nuwe
NG lys sonder 'n protokol nie.

Wat meer is, hulle kan oortuig word dat 'n bepaalde NG te
afbrekend geword het en dit dan van hulle lys afhaal. Dit het
al gebeur as gevolg van die doelbewuste pogings van
anarchiste. (Een is nou juis weer hier doenig.) Dit
beteken dat Internet se NG diens is nie so oop en vry is as
wat meeste mense dink nie. Dit rus op ons om te verseker
dat s.c.s-a.a nie so iets oorkom nie. Pasop dus vir mense
wat daarop uit is om julle gatvol te maak. Ruk hulle vinnig
in die bek, maar op 'n beskaafde manier.

Jou vraag hoekom daar nie 'n Afrikaanse NG is nie, met
ander woorde, hoekom daar nie soc.culture.afrikaans is nie?
Mens, die NG s.c.a. was aanvanklik die eerste voorstel.
Na 'hewige besprekings is daar gestem. Die NG het dit
net-net gemaak. Maar toe is daar uit 'n sekere front
(plaaslike mense wat nie 'n tweede lingua franca in SA kan
verdra nie) aanhoudend gesinspeel dat die stemmery
gekook is. Gevolglik is die protokol toe terug getrek.
Toe moes ons opnuut begin met s.c.s-a.a omdat
s.c.a nie meer moontlik was nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Gatvol [boodskap #10991 is 'n antwoord op boodskap #10929] Wo, 08 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In ferd...@icon.co.za (Koos) writes:

> On 7 Oct 1997 09:25:57 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs)
> wrote:

> >

> Dankie, en jou massa ook, swaer.

> (By the way, hoekom praat jy dit nog?
> Sommer net om mense te kan beledig?
> Te skytbang om te gaan kak soek in Grahamstown se kroee nou vloek jy
> mense moer maar so van ver af oor die net?

> Jy is inderdaad 'n weird ene.

> Het dit al tot jou deurgedring dat jy nou reeds by herhaling aan ons
> vertel het Afrikaans is dood?

> Ons glo jou heeltemal. Dis dood. Jy kan nou maar ophou om dit so te
> mantra en jou hoed vat en fokof.)
Ferdi barflies soos jy sal my nie maklik kan opfok nie. Hier in
grahamstown veral by die lounge moer ons julle goed. Gepraat van weird,
jou gat is toe jy nog 'n poepsak was deur asar-hulle af gevee nou wil jy
van hom gatvol raak....... weird of hoe?

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Gatvol [boodskap #10992 is 'n antwoord op boodskap #10929] Wo, 08 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos skryf vir Thomas:

> Te skytbang om te gaan kak soek in Grahamstown se kroee nou vloek jy
> mense moer maar so van ver af oor die net?

Thomas skryf:

> Ferdi barflies soos jy sal my nie maklik kan opfok nie. Hier in
> grahamstown veral by die lounge moer ons julle goed. Gepraat van weird,
> jou gat is toe jy nog 'n poepsak was deur asar-hulle af gevee nou wil jy
> van hom gatvol raak....... weird of hoe?

Kom ons maak 'n lekker banie:
Thomas, jy bring jou pellies (wie is jou "ons" ?), ek is aan Koos se kant.
Onthou net ek het 'n gelaaide sanna met growwe soutkorrels om lafaards
wat weghardloop se gatte te skiet (dit brand!), en Koos het 'n kwaai hond.
Daarna kan ons vrede maak, soos wat At wil he. Ons gaan drink 'n dop.
Thomas, ek sal vir jou dop betaal. Dan kan jy ons van al jou hangups oor
(kak)afrikaans vertel, en al jou ander probleme...

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Gatvol [boodskap #10993 is 'n antwoord op boodskap #10929] Wo, 08 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Oct 1997 12:41:42 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs) wrote:

grahamstown veral by die lounge moer ons julle goed. Gepraat van weird,[/color]
> jou gat is toe jy nog 'n poepsak was deur asar-hulle af gevee nou wil jy
> van hom gatvol raak....... weird of hoe?>>

Dis soos ek jou leer ken het, ja.

(...en steeds praat jy Afrikaans!! Is jy al uit die skool uit?)
Re: Gatvol [boodskap #10994 is 'n antwoord op boodskap #10929] Wo, 08 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ozemail.com.au skryf:

> Kom ons maak 'n lekker banie:
> Thomas, jy bring jou pellies (wie is jou "ons" ?), ek is aan Koos se kant.
> Onthou net ek het 'n gelaaide sanna met growwe soutkorrels om lafaards
> wat weghardloop se gatte te skiet (dit brand!), en Koos het 'n kwaai hond.
> Daarna kan ons vrede maak, soos wat At wil he. Ons gaan drink 'n dop.
> Thomas, ek sal vir jou dop betaal. Dan kan jy ons van al jou hangups oor
> (kak)afrikaans vertel, en al jou ander probleme...

Liewe Galjoen,

Lyk vir my jy het ook al prions in jou harsings. Dit
sal nie help om jou te vries of kook nie - prions moet
moet met die banvloek (verassing) getref word.

Die ergste van prions is dat dit lyk asof hulle nie
voorkeur gashere het nie. Rotte was dikwels geassosieer
met die uitbreek van peste en groot lewensverlies. Ons
postuleer maar dat dit builepes was. Maar rotte vreet net
wat hulle kan. Is hulle nie dalk vername draers van prione
nie? Het julle nie juis daar by julle so 'n plaag met rotte nie?

Hoe gaan jy, Koos, Thomas and al die ander saam
dop as jy daar in Wallabyland sit met Thomas en
Koos in Kakamasseland. En wat van al die ander vrinne
wat 'n handjie sou wil bysit op grond van jou beloofde
dop.

Weet jy, Afrikaans is 'n wonderlike taal. As jy dop, raak
jy "hoog in die takke". Jy doen presies wat die idioom sê,
swaai diekant toe, dan anderkant toe, so al heen en weer
soos die takke van 'n boom in die wind.

Of 'n ander idioom sê, as jy dop, is jy "veertien hoog". Wie
weet wat dit beteken? Dit beteken dieselfde as 'n ou wat in
die moderne wereld wil wys dat hy nie getoor is nie deur
op die wit streep te probeer loop. In die ou dae het hulle dit
probeer wys deur toertjies uit te haal op 'n perd se rug -
veertien hande hoog!

Galjoen, is dit die prions se werk of is jy veertien hoog?

Toemaar, ek trek net jou been. Terloops, ek hoor hulle gaan
hierdie idioom verban omdat dit neerkom op seksuele
teistering. Weet jy, dit is nou 'n interessante onderwerp
Watter Afrikaanse idiome is nie meer polities korrek nie.
Wil jy nie liewers vir ons hieroor skryf in jou verbeelding-
ryke taalgebruik nie. Jy het met Krsimisvader gewys wat
jy kan doen.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Gatvol [boodskap #11013 is 'n antwoord op boodskap #10929] So, 12 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gatvol  is tans af-lyn  Gatvol
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Mense, as ons van Thomas wil ontslae raak, "forward" maar net sy skrywe
aan die rektor. Sy adres is maklik by http://www.ru.ac.za/ verkrygbaar.

Sweet bietjie Thomas "sogenoemde man van manne", jy is die soort wat ons
almal 'n slegte naam gee. Gaan wees man en soek bietjie kak in 'n kroeg
waar jy jou as "manne" beskou, meisie!

Thomas Jacobs wrote:
>
> In ferd...@icon.co.za (Koos) writes:
>
>> On 7 Oct 1997 09:25:57 +0200, cc...@hippo.ru.ac.za (Thomas Jacobs)
>> wrote:
>
>> >
>
>> Dankie, en jou massa ook, swaer.
>
>> (By the way, hoekom praat jy dit nog?
>> Sommer net om mense te kan beledig?
>> Te skytbang om te gaan kak soek in Grahamstown se kroee nou vloek jy
>> mense moer maar so van ver af oor die net?
>
>> Jy is inderdaad 'n weird ene.
>
>> Het dit al tot jou deurgedring dat jy nou reeds by herhaling aan ons
>> vertel het Afrikaans is dood?
>
>> Ons glo jou heeltemal. Dis dood. Jy kan nou maar ophou om dit so te
>> mantra en jou hoed vat en fokof.)
> Ferdi barflies soos jy sal my nie maklik kan opfok nie. Hier in
> grahamstown veral by die lounge moer ons julle goed. Gepraat van weird,
> jou gat is toe jy nog 'n poepsak was deur asar-hulle af gevee nou wil jy
> van hom gatvol raak....... weird of hoe?
>
> --
> Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
> Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Gatvol [boodskap #11014 is 'n antwoord op boodskap #10929] So, 12 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article
...
> Knormoer skryf:
>
> Die woord knormoer is toe een van daardie nuwe woordskeppings
> wat nooit eintlik ingeburger het nie. En kan nie onthou of dit vir die
> hele aansitter van 'n kar of selfs vir die "bendix" gedeelte daarvan
> bedoel was nie.

Inderdaad. Hoekom my Afrikaanse onderwyser destyds aangedring het dat ons
die woord moet gerbuik is nogsteeds duister. Dit verwys wel na die hele
aansitter en nie net die 'bendix" nie.
>
>
> Mens, het ons gesukkel om hierdie twee voorwaardes
> aanvaarbaar te kry. Mense was so gatvol vir wat mense
> in Afrikaans aan hulle gedoen het dat hulle ons gereeld
> na ons moer toe gestuur het.

At, ja. En ons gaan hierdie skynbaar onoorwinbare stryd vir ewig stry.

"To those who understand, no explantion is necessary.
To those who don't, no explanation is possible"

Dit het alles met insig tedoen. Die bereidbaarheid om net vir 'n wyle in 'n
ander persoon (of nasie) se skoene te klim, die oogklappe af te haal en te
KYK. Al word daai skoene hoë warm.

Maar op sy eie is dit nou weer insiggewend. Dit vertel jou iets van die
persoon se verstandelike vermoë, en dan kan jy jouself die reg toeëien om
met die skepsel te redineer, of nie. Sou jy so laag wou daal, moet jy maar
die semels vreet wat na jou kant toe geskuif word. Pas net op dat die vark
jou nie opvreet nie.

Dis nie 'n kwessie van "vries hom uit die groep" nie. Dis 'n kwessie van
"hy is benede my waardigheid." daarom doen ek nie die moeite om op die
snert te reageer nie.
En glo my. Later sien jy die ou storietjie is van poepol, jy cache die
storie net om die ding as "gelees" te merk en dan cache jy die volgende
storie en jy lees dít. Die liquid nitrogen sal spontaan op sy hard drive
uitslaan. Of tussen sy ore. Ek het nognie navorsing gedoen oor die inpak
van liquid nitrogen op 'n vakuum nie. Kom ons hoop maar dis nie te violent
nie, want die SPCA kan jou dalk op jou moer gee.

Groete

Alwyn
Vorige onderwerp: Hulp met spinnekoppe?
Volgende onderwerp: Is julle nou moeg ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:16:49 MGT 2024