Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons lus vir Engels
Re: Ons lus vir Engels [boodskap #28520 is 'n antwoord op boodskap #28281] Vr, 17 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

A.S. Pris wrote:

> Gloudina skryf: Ek moet bieg: die
> Engels wat hulle op die BBC praat, laat my
> gril. Ek is seker maar net te gewoond aan die
> Noord-Amerikaanse variasie daarvan.
>
> Daar sê jy dit nou self! En die Afrikaans wat
> jy hier pleeg laat my gril. Jy is net te lank
> uit die land uit, nè?

So, jy skuil nou agter 'n skuilnaam. Nie mangenoeg om jou gesig te wys
nie. Maar ons is
nie onder die kalkoen uitgebroei nie.

Gloudina
Re: Ons lus vir Engels [boodskap #28961 is 'n antwoord op boodskap #28281] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> Dit het ook die Snob botoon van 'ek is nou beter as die mense wat my
> groot gemaak' het. Van ek het nou uitgestyg bo my verlede en praat nou
> AFRIKAANS

Dis een ding om Kaapse Kleurling te wees en in die Kaapse patois te praat,en 'n
ander ding om sogenaamd "wit" te wees en dan Capey Afrikaans te
gebruik. By laasgenoemde is daar altyd 'n soort neerbuigendheid wat my
nie aanstaan nie. Dis presies dieselfde hier in Noord-Amerika as jy probeer
"swart Amerikaans" praat, of as jy 'n Engels-sprekende Kanadees is en jy
probeer die Kanadese Franse namaak. Of as jy 'n Afrikaner van oor die
Vaal is en jy probeer soos Namakwalanders praat.

Gloudina
Vorige onderwerp: Afrikaners in Engeland, lees die
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Afrikaanse Eerlikheids Beweging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:33:16 MGT 2024