Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Afrikaanse Eerlikheids Beweging
Toekoms Advies vir: Afrikaanse Eerlikheids Beweging [boodskap #28911] Do, 03 Februarie 2000 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die AEB gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys,
asook elders op die Planeet. Veral om Suid Afrika te help groei
van apartheid na die Reenboog Nasie vandag. Veral vir die
stigting van die AEB. Asook vir die menige bydraes gelewer aan
die Suid Afrika en Afrika Renaissance. En vir die deursettings
vermoë en vasberadenheid van die leier, Ds. Cassie Aucamp. En
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Insluitend om die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Insluitend, om Isabel Jones, Mnr. Paul Zwick en die Fair Deal
personeel en produksie span geluk te wens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook om die geloof, hoop
en vertroue van menige Suid Afrikaners te verhoog. Baie spesiale
dank aan ABSA Bank, om die Fair Deal span te borg. Veral word
dank ook betuig aan die SABC, om hierdie super reeks vir die
menige jare uit te saai. En die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Insluitend om die
Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

En veral ook graag Radio Pretoria gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van
ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir die
deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook die deel van menige
inligting gewende en vermaaklikheids programme. Asook Ds. Mossie
vd Berg se deelname tydens godsdiens programme en ander bydraes.
En die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Insluitend om die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om 'n neutrale kliente
diens organisasie te stig. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor persone buite die Politieke Arena stig Die Nuwe AEB -
Die Afrikaanse Eerlikheids Beweging. Om 'n kliente diens
soortgelyk as Fair Deal te lewer. Wil hoogstens aanraai Ds.
Mossie vd Berg word die President van hierdie Organisasie.
Hierdie Organisasie moet gevorm word as 'n nie-winsmotiveerde
organisasie, met 'n konstitusie van staal.

Die Nuwe AEB kan begin om 'n leuen naspeur toets te ontwikkel.
Om persone te toets wat vir Die Nuwe AEB gaan werk. Neem persone
in diens wat 'n hoë waarde aan eerlikheid heg. Stel voor die
hoofkantoor van Die Nuwe AEB word in die middel van die Nuwe
Suid Afrika gevestig, naamlik Bloemfontein. Om as middelpunt te
dien vir 'n netwerk van kliente diens sentrums regoor die hele
land.

Die volgende stap is om te kyk na Kliente Beskermings Wette.
Bestudeer hierdie wette intensief. Neem 'n neutrale standpunt in
- ondersteun beide die diens verskaffer en die klient. Vra dat
'n Klient Beskermings Wet ingestel word, indien dit nie alreeds
bestaan. Ook kan aanpassings aan hierdie Wet op 'n latere
stadium aangevra word, namate kliente diens groei na ander
gebiede.

Waar gaan die geld vandaar kom ? Donasies, natuurlik. Persone
wat ondersteuning ontvang, en tevrede is met die diens, kan
donasies gee indien hulle wil. Dit moet duidelik aan die publiek
oorgedra word. Fasiliteite en inligting kan aan die publiek
beskikbaar gestel word, om skenkings te maak, wanneer hulle wil.

Die volgende stap is om te adverteer dat Die Nuwe AEB gevorm is,
asook die doelwitte. Voer onderhoude met aansoekers wat in
Kliente Diens Sentrums gaan werk.

Die Nuwe AEB kan dan Kliente Diens Sentrums stig. Hierdie diens
gaan gratis aan kliente gelewer word. Om te verseker 'n
regverdige diens aan kliente gelewer word, in die menige aspekte
van die samelewing. Dus kan Die Nuwe AEB neutraal bly: Kan enige
saak aanvaar, afhangende van personeel beskikbaar. Stel
ondersoek in die saak in. Evalueer al die feite voordat met die
saak voortgegaan word. Ondersteun diegene wat in hulle sake
belangstel - wat hulle boodskappe beantwoord. Stel 'n hoë
geestelike norme standaard.

Stel voor gesprekke word opgeneem d.m.v. band opnemers en/of
video materiaal. Wil hoogstens aanraai om leuen opspoorder
tegnologie saam met die telefoon te gebruik. Ook kan leuen
opspoorder tegnologie met 'n persoonlike rekenaar aangewend
word. Telefoon gesprekke kan ook op die harde skyf van rekenaars
geberg word. Stel voor "backups" word op 'n geheime plek - buite
Die Nuwe AEB se kantore/diens sentrums - geberg word.

Wil hoogstens aanraai om goeie verhoudinge met Fair Deal te
vestig. Asook om kliente na mekaar te verwys. Veral om beter
tegnieke met mekaar te deel, namate dit uitgevind word. En hoe
rekenaar tegnologie gebruik kan word om 'n beter diens te lewer.
Opnames en artikels kan met mekaar gedeel word, vir verwysings
doeleindes.

Onthou daar kan diegene wees wat u tot die uiterste op die proef
gaan stel. Wees versigtig vir diegene wat u wil ondersteun, om u
groei eksponensieel te vergroot. En/of diegene wat u heuning om
die mond smeer. Gaan verwysings persoonlik na.

Wanneer persone van ons Paradys uitvra oor die AEB, kan hulle na
die Federale Alliansie verwys word. Of die Politieke Party
waaraan lede van die AEB hulle steun verleen. Anders kan hulle
na Die Nuwe AEB verwys word, indien hulle 'n kliente diens
benodig.

Programme kan oor Radio Petoria uitgesaai word, indien nodig.

Die Nuwe AEB vir die Nuwe Suid Afrika. (DNA vir die NSA) Die
reisiger hoop u word net so beroemd soos Fair Deal.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Kliente diens kan uitnemend verhoog word. :) Wye media dekking.
:) Koerant verkope kan verhoog word. :) Vrede en voorspoed kan
uitnemend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange kan alle
partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid Afrika
Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n beter
lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Afrikaanse Eerlikheids Beweging [boodskap #28937 is 'n antwoord op boodskap #28911] Sa, 05 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag sekere opmerkings, en aantygings, indien enige,
tydends 'n jolyt program wat uitgesaai is na 15h00, op Radio
Pretoria Vrydag middag 4 Februarie aangee as die eerste saak vir
die DNA (Die Nuwe AEB). Sal dit hoogstens op prys stel dat die
saak reggestel word, indien nodig. Verkieslik in 'n oggend
program - omtrent 09h00, indien moontlik. Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

Eendrag maak mag. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal
en Almal vir een. :)

Ns. Die reisiger luister meer na RSG en Puntradio, asook ander
radio stasies, as na Radio Pretoria.

Re: Toekoms Advies vir: Afrikaanse Eerlikheids Beweging [boodskap #28938 is 'n antwoord op boodskap #28911] Sa, 05 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Reisiger, is jy psigies? Indien wel, wat voorspel jy
vir my in die toekoms? En waarvoor staan AEB? Vertel
ons meer van jouself, jy skryf nogal goed, en is heel ingelig.

Pat

reisiger wrote in article
...
> Wil graag sekere opmerkings, en aantygings, indien enige,
> tydends 'n jolyt program wat uitgesaai is na 15h00, op Radio
> Pretoria Vrydag middag 4 Februarie aangee as die eerste saak vir
> die DNA (Die Nuwe AEB). Sal dit hoogstens op prys stel dat die
> saak reggestel word, indien nodig. Verkieslik in 'n oggend
> program - omtrent 09h00, indien moontlik. Byvoorbaat baie
> dankie. Dit word inniglik waardeer.
>
> Eendrag maak mag. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal
> en Almal vir een. :)
>
> Ns. Die reisiger luister meer na RSG en Puntradio, asook ander
> radio stasies, as na Radio Pretoria.
>
>
>
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's
Discussion Network *
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
>
Toekoms Advies vir: Volkswagen Shop Stewards [boodskap #28974 is 'n antwoord op boodskap #28911] Di, 08 Februarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Volkswagen Shop Stewards geluk wens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Namens die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral hule pogins om groei in Suid
Afrika te stuit deur op hul eie bykans 'n biljoen rand uitvoer kontrak
gekanseleer te kry. Ook namens die persone van voorsienings maatskappye
wat half skof moes werk met die gepaardgaande inkomste verlies - baie
dankie - hulle kinders verstaan heeltemal hoekom julle gestaak het! En
nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Vorige onderwerp: Ons lus vir Engels
Volgende onderwerp: Re - stort reens in die Kruger wildtuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:04:14 MGT 2024