Re: Apartheid 1 [boodskap #45338] |
Thu, 28 June 2001 00:18 |
|
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)
On Thu, 28 Jun 2001 11:32:37 GMT, @home.com wrote:
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Apartheid en die rasse-skeiding voor 1948 het SA se twee ekonomieë geskei.
>> Dit het die eerstewêreld-deel van die ekonomie meer effektief gemaak, omdat
>> dit minder deur die derdewêreldgedeelte teruggehou is as in ander
>> ontwikkelende lande.
>
> Watter twee ekonomieë? Die "eerstewêreld-deel van die ekonomie"waarvan jy praat
> het tog seker die hele mynbedryf ingesluit, wat totaal
> daarop gebou was dat daar duisende der duisende werkers onder die
> grond werk. Hierdie werkers was meestal swart, deels as gevolg van die
> feit dat SA 'n meestal nie-blanke land is en ag uit die tien werkers
> natuurlikerwyse nie wit sou wees nie. Om nou te praat asof die eerste
> wereld-ekonomie opgebou is deur wittes, is om 'n fundamentele denk-
> fout te begaan. Dit is ook opgebou deur die meestal swartes, wat in die myne
> en op die plase en in die fabrieke gewerk het>
SA het moerse baie goud gedad. Teen die draai van die eeu tot die
middel van die eeu was goud DIE DING om te he.
Dit moes ontgin word ondergronds. Dit het tegnologie en nywerheid
vereis. Die goudmyne het dus ekonomiese en nywerheidsontwikkeling
gedryf.
Die kwessie was HOE die dinamiek bestuur was. Dit was eers as bedekte
apartheid deur die Engelse bestuur en later deur die Afrikaners as
openlike apartheid.
Dit het beteken dat die nywerheid en die ekonomie DEUR ALLE RASSE
BEDRYF was maar VIR DIE BLANKE bestuur was. Die whiteys het after all
die regering gevorm en die army gerun.
Die werkers was inderdaad swart. En wit. Maar hoofsaaklik swart vanwee
onder meer getalle-realiteite en apartheid, wat in sy kern 'n manier
was om goedkoop arbeid te bewerkstellig. Dis ook soos Milner dit - by
woorde - voorsien het.
.
Gaan kyk maar na enige foto van "ons myn-bedryf" wat in Panorama
verskyn het in die jare 60 (byvoorbeeld). Dit het 9 uit 10 keer 'n
swart man ondergronds getoon.
Die swart mynwerker wat staan en sweet agter 'n swaar boor in 'n
myn-gang was amper 'n heroi"ese ikoon van die mynbedryf. Daar is selfs
so 'n standbeeld in ere-plek voor die Jhb Civic Centre opgerig.
So was dit regoor die ekonomie van huis-bediendes tot konstruksie werk
en plase. Swart werkers onder beheer van wit base. 'n Stelsel wat
albei vereis maar gerun word vir die wittes se voordeel.
Die twee ikone van die goudmyne - die swart mynwerker en Harry O
glimlaggend in sy kantoor in downtown joburg.
Die ekonomie het dus twee gesigte gehad - wit bo swart onder. Maar
albei was onafskeidbaar verweef. Sonder Harry O se expertise was daar
nie 'n goudmyn nie. Ook nie sonder al die swart mynwerkers nie.
Wie sou ondergronds gaan werk het teen pisklein lone as dit nie die
swart dudes was nie?
Ek en jy??? Get off it.....
Ons het sagte handjies en wiskunde in die kop gehad. Besides het ons
ouers genoeg geld gemaak om ons "mynlone" te kan betaal as sakgeld en
studiegeld sodat ons op ons gatte by die huis kan sit en nog wiskunde
in ons koppe kan probeer kry.
So dit was nie wit of swart wat SA se ekonomie en ontwikkeling gebou
het nie, dit was die histeriese vraag na goud wat dit genoodsaak het.
En as gevolg van apartheid was hierdie dinamiek gerig om witmense bo
alle ander materieel te bevoordeel.
Dit was dus nie apartheid wat SA ontwikkel het nie. Dis nie asof as
daar nie apartheid was nie, sou die ekonomie nie ontwikkel het nie.
Dit sou steeds ontwiikkel het, dit nou net 'n ander tekstuur gehad
het.
|
|
|
Re: Apartheid 1 [boodskap #45339 is 'n antwoord op boodskap #45338] |
Thu, 28 June 2001 00:31 |
|
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)
On Thu, 28 Jun 2001 14:26:55 +0200, "Annette" wrote:
> Miskien sal dit 'n goeie idee wees om die stelsels van Switzerland te
> bestudeer - 'n land met 'n zero werkloosheidsyfer, en 'n inflasiesyfer wat
> laag bly ( let wel - hulle het slegs een inflasiesyfer nodig):))
Switzerland het 'n eenvormige bevolking in terme van ras (en het dit
reeds vir so 2000 jaar) en net drie hoof tale wat elk in hul eie deel
van die land gegroepeer sit vir eeue al.
Hulle het nog nooit 'n oorlog gehad nie. Kon nog nooit ingeval word
nie vanwee berge. Nie eers Hitler het kans gesien nie.
Die land is omring deur die top ekonomiese lande in die wereld buiten
die VSA en Japan.
Die land het 'n onbeperkte bron van elektrisiteit wat spotgoedkoop
opgewek word.
DAAR le die sleurtels tot Switzerland se sukses.
Dis interresant om te let dat Switzerland nog nooit ekonomiese groei
in die streek gedryf het nie, maar altyd op die rug van streeksgroei
gery het.
|
|
|
Re: Apartheid 1 [boodskap #45373 is 'n antwoord op boodskap #45338] |
Thu, 28 June 2001 12:29 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Ferdi Greyling wrote:
> Dit was dus nie apartheid wat SA ontwikkel het nie. Dis nie asof as
> daar nie apartheid was nie
Juis. Wat na 1948 ingevoer was, was 'n stelsel wat baiemin aan die mynbedryf anders
gemaak het as wat dit alreeds
voor 1948 was, maar drasties begin inbreuk maak het op die
social fabric van die land.
Gloudina
|
|
|