Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apartheid
Apartheid [boodskap #45298] Wo, 27 Junie 2001 15:55 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse
> voorvaders Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910
> gestig het, toe plaas hulle apartheid formeel op die wetboek.

Gloudina
Nee, Wouter, so maklik kom jy nie daarvan weg nie. Na 1948 was dit 'n heel
ander ball game. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself meer skade
aan deur "verskonings" te probeer maak.

Wouter
Jy verstaan my verkeerd, Gloudina. Ek probeer van niks wegkom nie. Ook nie
met iets nie. En ek het ook geen verskoning gemaak of probeer maak nie.

Ek het bloot 'n (ek sal maar erken moedswillige) opmerking oor ons Hollangse
voorvaders gemaak. Ons weet mos almal dat apartheid (veral die petty
apartheid waarna jy verwys) in alle en konsekwente ywer na 1948 ingevoer is.
Ek is self nie oud genoeg om daarvoor pa te staan nie. En ek het 'n beskeie
bydrae gelewer om apartheid te beëindig.

Maar ek was lank 'n passiewe ondersteuner van apartheid en wat ek daarteen
gedoen was waarskynlik te min en beslis te laat. Dit het ek al erken en sal
ek orals erken. En ek het ook nie 'n probleem om op die regte forum daarvoor
verskoning te vra nie, dit kos niks en ek bedoel dit opreg. Ek verwag nie
dat almal met my hieroor sal saamstem nie, maar dis my siening en my gevoel
en ek is nie skaam daarvoor nie.

Ek sou graag 'n gesprek hier wou voer oor die voor- en nadele van apartheid,
veral wat die ekonomie betref. Maar as dit nie 'n kliniese en onemosionele
bespreking is nie, gaan dit net tot opvlamming van albei kante lei. Ek
oordeel dat die klimaat hier nie reg is vir so 'n bespreking nie. Dis
jammer, want ek reken dit is 'n interessante onderwerp.
Re: Apartheid [boodskap #45323 is 'n antwoord op boodskap #45298] Wo, 27 Junie 2001 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kom ons hou n gesprek Wouter, hierdie is n goeie forum. Wees jy
die moderator, want jy is n jintilman, beleefd, en ken jou stories. Elkeen
is geregtig op sy eie
opininies, en niemand mag iemand persoonlik aanval oor
n opmerking of idee nie. Begin jy, en ons ignoreer
net eenvoudig mense wat onnodig wil opvlam.

Pop

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b3a0903.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sou graag 'n gesprek hier wou voer oor die voor- en nadele van apartheid,
> veral wat die ekonomie betref. Maar as dit nie 'n kliniese en onemosionele
> bespreking is nie, gaan dit net tot opvlamming van albei kante lei. Ek
> oordeel dat die klimaat hier nie reg is vir so 'n bespreking nie. Dis
> jammer, want ek reken dit is 'n interessante onderwerp.
>
Re: Apartheid [boodskap #45331 is 'n antwoord op boodskap #45323] Wo, 27 Junie 2001 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is die gesprek oor die nuwe ekonomie of oor die ou ekonomie in die
apartsheidsjare?
Annette

poppie skryf in boodskap news:9hdje9$aa$1@slb7.atl.mindspring.net...
> Kom ons hou n gesprek Wouter, hierdie is n goeie forum. Wees jy
> die moderator, want jy is n jintilman, beleefd, en ken jou stories. Elkeen
> is geregtig op sy eie
> opininies, en niemand mag iemand persoonlik aanval oor
> n opmerking of idee nie. Begin jy, en ons ignoreer
> net eenvoudig mense wat onnodig wil opvlam.
>
> Pop
>
>
> Wouter Plaasvark wrote in message
> news:3b3a0903.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek sou graag 'n gesprek hier wou voer oor die voor- en nadele van
> apartheid,
>> veral wat die ekonomie betref. Maar as dit nie 'n kliniese en onemosionele
>> bespreking is nie, gaan dit net tot opvlamming van albei kante lei. Ek
>> oordeel dat die klimaat hier nie reg is vir so 'n bespreking nie. Dis
>> jammer, want ek reken dit is 'n interessante onderwerp.
>>
>
Apartheid 1 [boodskap #45366 is 'n antwoord op boodskap #45331] Do, 28 Junie 2001 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
Ek aanvaar nie moderatorskap nie, Pop, want dis onmoontlik om iemand
beheersd te ignoreer. Want iemand anders voel gewoonlik gebelgd genoeg om
iets te sê en one thing leads to another.

My voorgestelde gesprek gaan suiwer oor die ou dae. As ons nie Gloudina se
bydrae gaan kry nie, sal dit afgewater wees, want sy het die probleemkant
ervaar terwyl die meeste van ons (en/of ons ouers) meer voordele as nadele
ervaar het. Ek sal probeer om dit in te lei, maar as die ding ontaard gooi
ek onaangekondig handdoek in, ek sê dit reeds nou..

Ek stel twee riglyne voor, ek wil dit nie reëls noem nie:

1. Probeer om soos 'n buitestaander van 'n ander planeet daarna te kyk. (Die
Chinese en Japanese is nogal goed daarmee en dis dalk 'n rede hoekom hulle
maklik in vreemde kulture besigheid doen.)

2. Probeer wegbly van mikro-dinge en konsentreer op die groot prent. Wat was
die effek nasionaal en internasionaal?

Hier gaan ons. Ek maak 'n stelling en julle verskil, stem saam, vra uit of
bespreek. Die stelling is my werklike opinie, maar ek is totaal oop vir
oortuiging, omdat hierdie tipe onderwerp nie dikwels bespreek word nie en
omdat sulke besprekings gewoonlik oppervlakkig is.

Stelling:
Apartheid en die rasse-skeiding voor 1948 het SA se twee ekonomieë geskei.
Dit het die eerstewêreld-deel van die ekonomie meer effektief gemaak, omdat
dit minder deur die derdewêreldgedeelte teruggehou is as in ander
ontwikkelende lande. Dit het, ekonomies gesproke, aanvanklik redelik goed
gewerk, maar die prys in terme van menslike kapitaal is onderskat, omdat die
stelsel baie onregverdig was teenoor die intelligente ontwikkelde swartes.
Die blankes het die swart menslike kapitaal en veral die groei in die groep
totaal onderskat.

"Annette"
Is die gesprek oor die nuwe ekonomie of oor die ou ekonomie in die
apartsheidsjare?
Annette

poppie
> Kom ons hou n gesprek Wouter, hierdie is n goeie forum. Wees jy
> die moderator, want jy is n jintilman, beleefd, en ken jou stories.
> Elkeen is geregtig op sy eie
> opininies, en niemand mag iemand persoonlik aanval oor
> n opmerking of idee nie. Begin jy, en ons ignoreer
> net eenvoudig mense wat onnodig wil opvlam.
> Pop

> Wouter Plaasvark
> Ek sou graag 'n gesprek hier wou voer oor die voor- en nadele van
> apartheid, veral wat die ekonomie betref. Maar as dit nie 'n onemosionele
> bespreking is nie, gaan dit net tot opvlamming van albei kante lei. Ek
> oordeel dat die klimaat hier nie reg is vir so 'n bespreking nie. Dis
> jammer, want ek reken dit is 'n interessante onderwerp.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45371 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Apartheid en die rasse-skeiding voor 1948 het SA se twee ekonomieë geskei.
> Dit het die eerstewêreld-deel van die ekonomie meer effektief gemaak, omdat
> dit minder deur die derdewêreldgedeelte teruggehou is as in ander
> ontwikkelende lande.

Watter twee ekonomieë? Die "eerstewêreld-deel van die ekonomie"waarvan jy praat
het tog seker die hele mynbedryf ingesluit, wat totaal
daarop gebou was dat daar duisende der duisende werkers onder die
grond werk. Hierdie werkers was meestal swart, deels as gevolg van die
feit dat SA 'n meestal nie-blanke land is en ag uit die tien werkers
natuurlikerwyse nie wit sou wees nie. Om nou te praat asof die eerste
wereld-ekonomie opgebou is deur wittes, is om 'n fundamentele denk-
fout te begaan. Dit is ook opgebou deur die meestal swartes, wat in die myne
en op die plase en in die fabrieke gewerk het.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45372 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaaf - die riglyne verstaan ek. Ek hoef nie 'n Snapsnees te wees nie - net
my indink asof ek 'n Engelsman is wat nog nooit hier was nie.
As ons die effek globaal moet bespreek dan is daar net een roete - ek stem
met jou saam.

Maar, soos jy self weet was daar nie slegs apartheid, diskiriminasie en
onderskatting van die intelligensiekapitaal t.o.v. slegs swartes nie.
Mens kan alle groepe behalwe blanke mans daaronder insluit.
Selfs blanke dames het nie eers dieselfde voorregte gehad nie.
Dit is net 'n punt wat ek wil opper.

Aangaande jou stelling stem ek met jou saam. Die probleem is dat toe teen
ons internasionaal opgetree word om ons politieke leiers van sienswyse te
laat verander, hulle nog steeds gedink het hulle reg is en nie gaan
verander nie. Dit het 'n globale ekonomiese effek op ons gehad, wat ons nog
'n hele paar jaar lank sal neem om van te herstel.

Die mense wat goed naslaan kan miskien die "syfers" naslaan - want ek het
selfs 'n probleem met dit - maar al in 1987 was ons land letterlik bankrot.

Wanneer die dag kom dat politieke leiers nie meer rassehaat aanblaas om
herverkies te word nie, wanneer elke persoon wat verkies is vir sy/haar wyk
verantwoordelik is,wanneer korrupsie wortel en tak uitgeroei is, wanneer ons
elkeen bereid is om saam te dink en te werk tot die voorspoed van ons almal,
dan sal ons 'n werklike vry ekonomiese land wees. Utopia inderdaad.

Vir baie van ons stuit dit absoluut teen ons bors as ons leiers met bakhande
in die buiteland gaan bedel -maar aan die ander kant wat is dit verskillend
van die lenings wat aangegaan is, wat nie terugbetaal is nie, sodat ons
land van ver af voorspoedig kon lyk?

Miskien sal dit 'n goeie idee wees om die stelsels van Switzerland te
bestudeer - 'n land met 'n zero werkloosheidsyfer, en 'n inflasiesyfer wat
laag bly ( let wel - hulle het slegs een inflasiesyfer nodig):))
Dit is die ekonomiese groei wat ons almal graag sou wou gehad het sedert
1976.

Ek weet ek het 'n bietjie van die punt na die hede afgedwaal, maar die feit
bly - om te tob en te bespreek oor dinge van die verlede kan net 'n doel
dien as dit as riglyn vir die hede toegepas kan word.
Ons is 'n heeltemal ander land as 10 jaar gelede (met nuwe wyses waarop
besluite geneem word en in die arbeidsmark opgetree word) en nuwe denkwyses
en oplossings moet gevind word in ons huidige opset.
Dit is hoekom ons deesdae so dinamies in ons denke is:)

Kan ek weer iets later sê?:))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b3ae00e.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter:
> Ek aanvaar nie moderatorskap nie, Pop, want dis onmoontlik om iemand
> beheersd te ignoreer. Want iemand anders voel gewoonlik gebelgd genoeg om
> iets te sê en one thing leads to another.
>
> My voorgestelde gesprek gaan suiwer oor die ou dae. As ons nie Gloudina se
> bydrae gaan kry nie, sal dit afgewater wees, want sy het die probleemkant
> ervaar terwyl die meeste van ons (en/of ons ouers) meer voordele as nadele
> ervaar het. Ek sal probeer om dit in te lei, maar as die ding ontaard gooi
> ek onaangekondig handdoek in, ek sê dit reeds nou..
>
> Ek stel twee riglyne voor, ek wil dit nie reëls noem nie:
>
> 1. Probeer om soos 'n buitestaander van 'n ander planeet daarna te kyk. (Die
> Chinese en Japanese is nogal goed daarmee en dis dalk 'n rede hoekom hulle
> maklik in vreemde kulture besigheid doen.)
>
> 2. Probeer wegbly van mikro-dinge en konsentreer op die groot prent. Wat was
> die effek nasionaal en internasionaal?
>
> Hier gaan ons. Ek maak 'n stelling en julle verskil, stem saam, vra uit of
> bespreek. Die stelling is my werklike opinie, maar ek is totaal oop vir
> oortuiging, omdat hierdie tipe onderwerp nie dikwels bespreek word nie en
> omdat sulke besprekings gewoonlik oppervlakkig is.
>
> Stelling:
> Apartheid en die rasse-skeiding voor 1948 het SA se twee ekonomieë geskei.
> Dit het die eerstewêreld-deel van die ekonomie meer effektief gemaak, omdat
> dit minder deur die derdewêreldgedeelte teruggehou is as in ander
> ontwikkelende lande. Dit het, ekonomies gesproke, aanvanklik redelik goed
> gewerk, maar die prys in terme van menslike kapitaal is onderskat, omdat die
> stelsel baie onregverdig was teenoor die intelligente ontwikkelde swartes.
> Die blankes het die swart menslike kapitaal en veral die groei in die groep
> totaal onderskat.
>
>
>
>
> "Annette"
> Is die gesprek oor die nuwe ekonomie of oor die ou ekonomie in die
> apartsheidsjare?
> Annette
>
> poppie
>> Kom ons hou n gesprek Wouter, hierdie is n goeie forum. Wees jy
>> die moderator, want jy is n jintilman, beleefd, en ken jou stories.
>> Elkeen is geregtig op sy eie
>> opininies, en niemand mag iemand persoonlik aanval oor
>> n opmerking of idee nie. Begin jy, en ons ignoreer
>> net eenvoudig mense wat onnodig wil opvlam.
>> Pop
>
>> Wouter Plaasvark
>> Ek sou graag 'n gesprek hier wou voer oor die voor- en nadele van
>> apartheid, veral wat die ekonomie betref. Maar as dit nie 'n onemosionele
>> bespreking is nie, gaan dit net tot opvlamming van albei kante lei. Ek
>> oordeel dat die klimaat hier nie reg is vir so 'n bespreking nie. Dis
>> jammer, want ek reken dit is 'n interessante onderwerp.
>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45383 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Apartheid en die rasse-skeiding voor 1948 het SA se twee ekonomieë geskei.
> Dit het die eerstewêreld-ekonomie meer effektief gemaak, omdat
> dit minder deur die derdewêreldgedeelte teruggehou is as in ander
> ontwikkelende lande.

Gloudina
Watter twee ekonomie�? Die "eerstewêreld-deel van die ekonomie" waarvan jy
praat het tog seker die hele mynbedryf ingesluit, wat totaal daarop gebou
was dat daar duisende der duisende werkers onder die grond werk.

Wouter:
Maar natuurlik, hulle is almal "part and parcel" van die
eerstewêreld-ekonomie, Gloudina, soos ook Turkse of Hongaarse arbeiders in
sommige Europese lande. Die ekonomie word natuurlik beheer deur die betrokke
regering en sy kiesers, nie deur al die werkers nie. Of dit regverdig is, is
nie nou ter sprake nie. Ons derdewêreld-ekonomie is grootliks
landbou-gedrewe, in die sogenaamde tuislande. Ook die informele besighede in
die lokasies, maar hoofsaaklik bestaanslandbou.

Gloudina : Om nou te praat asof die eerste wereld-ekonomie opgebou is deur
wittes, is om 'n fundamentele denkfout te begaan.

Walter:
Dis jou dinkfout, Gloudina, ek het nie so gepraat nie en het dit beslis nie
bedoel of geïmpliseer nie.

Onthou die riglyne, asseblief. Die debat gaan, vir die huidige, net oor of
apartheid ekonomies gewerk het. Nie hoe sleg dit was nie, net oor die
ekonomiese gevolge, goed of sleg. Julle moet probeer om van buite te kyk,
kan vra, verskil, saamstem of bespreek. Maar nie verdoem of teregwys nie,
vra eers. Asseblief, ek vra mooi.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45384 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi
So dit was nie wit of swart wat SA se ekonomie en ontwikkeling gebou
het nie, dit was die histeriese vraag na goud wat dit genoodsaak het.
En as gevolg van apartheid was hierdie dinamiek gerig om witmense bo
alle ander materieel te bevoordeel.
Dit was dus nie apartheid wat SA ontwikkel het nie. Dis nie asof as
daar nie apartheid was nie, sou die ekonomie nie ontwikkel het nie.
Dit sou steeds ontwiikkel het, dit nou net 'n ander tekstuur gehad
het.

Wouter:
Ek stem saam, Ferdi, dit gaan beslis nie oor wit of swart nie. Maar of die
sisteem ekonomies effektief was. Maar as daar nie apartheid was nie, sou ons
'n beter of swakker ekonomiese opset gehad het toe die goudmark
inmekaargeval het? Dis die vraag waarop ek antwoorde soek.

My opinie is dat, sou ons 'n meerderheidsregering gehad het, sou die
beskikbare fondse oor 'n baie wyer gebied versprei gewees het en sou daar
minder "points of excellence" gewees het. Soos ons bankstelsel, met die
meeste OTM'e per kliënt in die wêreld, 'n versekeringsbedryf met produkte
wat deur lande soos Brittanje en die VSA nagevolg word, ens ens.

Ek reken ook dat, sou ons vroeër die Rubicon oorgesteek het, dan sou ons nie
die geweldige prys van sanksies en grensoorloë hoef te betaal het nie.

Maar watter argumente weeg die swaarste in die finale analise?
Re: Apartheid 1 [boodskap #45385 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Dit was dus nie apartheid wat SA ontwikkel het nie. Dis nie asof as
> daar nie apartheid was nie

Gloudina ; Juis. Wat na 1948 ingevoer was, was 'n stelsel wat baie min aan
die mynbedryf anders gemaak het as wat dit alreeds voor 1948 was, maar
drasties begin inbreuk maak het op die social fabric van die land.

Wouter: Maar met watter ekonomiese gevolge?

Wat het die swart breinkrag wat ons verloor het, onderdruk het, en teen die
stelsel gedraai het, ons gekos? Meer of minder as die effektiwiteite wat
elders gekry is?

Dit gaan nie oor 1948 nie, maar oor alle diskriminasie, voor en na 1948.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45386 is 'n antwoord op boodskap #45372] Do, 28 Junie 2001 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter: Ek is bly om te sien jy het die riglyne gevolg, Annette!
En natuurlik kan jy weer iets sê. Laat waai

Annette skryf in boodskap news:9hf7gd$ddkk3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Gaaf - die riglyne verstaan ek. Ek hoef nie 'n Snapsnees te wees nie - net
my indink asof ek 'n Engelsman is wat nog nooit hier was nie.
As ons die effek globaal moet bespreek dan is daar net een roete - ek stem
met jou saam.

Maar, soos jy self weet was daar nie slegs apartheid, diskiriminasie en
onderskatting van die intelligensiekapitaal t.o.v. slegs swartes nie.
Mens kan alle groepe behalwe blanke mans daaronder insluit.
Selfs blanke dames het nie eers dieselfde voorregte gehad nie.
Dit is net 'n punt wat ek wil opper.

Aangaande jou stelling stem ek met jou saam. Die probleem is dat toe teen
ons internasionaal opgetree word om ons politieke leiers van sienswyse te
laat verander, hulle nog steeds gedink het hulle reg is en nie gaan
verander nie. Dit het 'n globale ekonomiese effek op ons gehad, wat ons nog
'n hele paar jaar lank sal neem om van te herstel.

Die mense wat goed naslaan kan miskien die "syfers" naslaan - want ek het
selfs 'n probleem met dit - maar al in 1987 was ons land letterlik bankrot.

Wanneer die dag kom dat politieke leiers nie meer rassehaat aanblaas om
herverkies te word nie, wanneer elke persoon wat verkies is vir sy/haar wyk
verantwoordelik is,wanneer korrupsie wortel en tak uitgeroei is, wanneer ons
elkeen bereid is om saam te dink en te werk tot die voorspoed van ons almal,
dan sal ons 'n werklike vry ekonomiese land wees. Utopia inderdaad.

Vir baie van ons stuit dit absoluut teen ons bors as ons leiers met bakhande
in die buiteland gaan bedel -maar aan die ander kant wat is dit verskillend
van die lenings wat aangegaan is, wat nie terugbetaal is nie, sodat ons
land van ver af voorspoedig kon lyk?

Miskien sal dit 'n goeie idee wees om die stelsels van Switzerland te
bestudeer - 'n land met 'n zero werkloosheidsyfer, en 'n inflasiesyfer wat
laag bly ( let wel - hulle het slegs een inflasiesyfer nodig):))
Dit is die ekonomiese groei wat ons almal graag sou wou gehad het sedert
1976.

Ek weet ek het 'n bietjie van die punt na die hede afgedwaal, maar die feit
bly - om te tob en te bespreek oor dinge van die verlede kan net 'n doel
dien as dit as riglyn vir die hede toegepas kan word.
Ons is 'n heeltemal ander land as 10 jaar gelede (met nuwe wyses waarop
besluite geneem word en in die arbeidsmark opgetree word) en nuwe denkwyses
en oplossings moet gevind word in ons huidige opset.
Dit is hoekom ons deesdae so dinamies in ons denke is:)

Kan ek weer iets later sê?:))
Annette
Re: Apartheid 1 [boodskap #45388 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek neem nou aan die goud wat hulle vir hulself geskep het - nl die
wêreldberoemde en gesogte horlosies, messe en sjokolade tel nie.

Dit is my punt - ons moet leer om saam te werk aan die ekonomie om
bemarkbare komponente te skep, en nie net staatmaak op grondstowwe nie.
Saam trots wees op wat ons kan vermag. Elkeen trots wees op sy deeltjie wat
hy/sy kan bydra. 'n Magtige masjien kan net werk as elke klein skroefie sy
werk goed doen.
Dit is wat die Switsers doen - en hoekom kan ons dit nie ook doen nie.

Oppenheimer het die werkers in die myne net so nodig as wat hulle hom nodig
het. Die feit is Oppenheimer kan altyd nog myners kry, ongeag ras, maar as
Oppenheimer se kundigheid en kontakte weg is, dan is daar geen werk vir geen
myner nie, en geen loon nie - hoe klein ookal. Dit is die harde feite van
ekonomie.
Was nog altyd, sal altyd so wees.

Net 'n interessante hipotetiese vragie. - As 'n swartman Oppenheimer se
kundigheid, kontakte en kennis gehad het, en aan die roer van sake in die
mynbedryf gestaan het - sou die myners groter lone gekry het?
Ek glo nie.

Jy moet jouself ook maar gelukkig ag dat jou ouers, en vervolgens jy ,op
julle gemak kon sit en probeer leer - nie almal ( ook wittes) is/was so
gelukkig nie.

Feit bly nog steeds dat ons ekonomie vinniger gegroei het in daardie tyd wat
Wouter genoem het as wat dit sou gewees het onder 'n ander bestel. Bietjie
minder groei en meer menslikheid sou verkieslik gewees het, maar dit was
nie. En dit is verby.
Jy sit mos daar op die syfers Ferdi.
Gee vir ons die jaarlikse ekonomiese groeisyfers vrygestel vir die jare
1974 - 1999.

Annette

skryf in boodskap news:3b4479c1.16193949@news.is.co.za...
> On Thu, 28 Jun 2001 14:26:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
> > laag bly ( let wel - hulle het slegs een inflasiesyfer nodig):))
>
> Switzerland het 'n eenvormige bevolking in terme van ras (en het dit
> reeds vir so 2000 jaar) en net drie hoof tale wat elk in hul eie deel
> van die land gegroepeer sit vir eeue al.
> Hulle het nog nooit 'n oorlog gehad nie. Kon nog nooit ingeval word
> nie vanwee berge. Nie eers Hitler het kans gesien nie.
> Die land is omring deur die top ekonomiese lande in die wereld buiten
> die VSA en Japan.
> Die land het 'n onbeperkte bron van elektrisiteit wat spotgoedkoop
> opgewek word.
>
> DAAR le die sleurtels tot Switzerland se sukses.
>
> Dis interresant om te let dat Switzerland nog nooit ekonomiese groei
> in die streek gedryf het nie, maar altyd op die rug van streeksgroei
> gery het.
>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45403 is 'n antwoord op boodskap #45384] Do, 28 Junie 2001 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
donot  is tans af-lyn  donot
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 28 Jun 2001 17:13:28 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Ek stem saam, Ferdi, dit gaan beslis nie oor wit of swart nie. Maar of die
> sisteem ekonomies effektief was. Maar as daar nie apartheid was nie, sou ons
> 'n beter of swakker ekonomiese opset gehad het toe die goudmark
> inmekaargeval het? Dis die vraag waarop ek antwoorde soek.

Ons sou beslis nie die geld wat ons in 1981 gemaak het met die
goudprys hemelhoog in Angola weggeskiet het nie.
Ons sou waarskynlik 'n beter opgevoede bevolking gehad het.
En 'n samelewing wat meer gestabiliseerd was.
Miskien selfs 'n meer stabiele, beter opgevoede en groter bevolking op
die platteland.


> My opinie is dat, sou ons 'n meerderheidsregering gehad het, sou die
> beskikbare fondse oor 'n baie wyer gebied versprei gewees het en sou daar
> minder "points of excellence" gewees het. Soos ons bankstelsel, met die
> meeste OTM'e per kliënt in die wêreld, 'n versekeringsbedryf met produkte
> wat deur lande soos Brittanje en die VSA nagevolg word, ens ens.

Maar met minder misdaad en 'n beter opgevoede bevolking.

> Ek reken ook dat, sou ons vroeër die Rubicon oorgesteek het, dan sou ons nie
> die geweldige prys van sanksies en grensoorloë hoef te betaal het nie.

Soos ek hierbo se ja.

> Maar watter argumente weeg die swaarste in die finale analise?

Dis 'n lekker speletjie vir 'n tyd maar op die einde redelik futiel
omdat duisende ripple effects net eenvoudig nie eers geraai sal kan
word nie, laat staan nog wat hulle effek sou wees.

Ons sou ironies dalk swakker rasse-verhoudinge gehad het!!! - omdat
ons nie sou geweet het hoe diep die afgrond is en hoe lelik hy lyk
nie.

My punt is maar net dat mense wat se apartheid het die nywerheid gebou
baie oppervlakkig redeneer. Die vraag is hoe apartheid die
onvermydelike ontwikkeling bestuur het.

Ek dink nie baie goed nie.....

>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45409 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Gloudina : Om nou te praat asof die eerste wereld-ekonomie opgebou is deur
> wittes, is om 'n fundamentele denkfout te begaan.
>
> Walter:
> Dis jou dinkfout, Gloudina, ek het nie so gepraat nie en het dit beslis nie
> bedoel of geïmpliseer nie.
>
> Onthou die riglyne, asseblief. Die debat gaan, vir die huidige, net oor of
> apartheid ekonomies gewerk het. Nie hoe sleg dit was nie, net oor die
> ekonomiese gevolge, goed of sleg. Julle moet probeer om van buite te kyk,
> kan vra, verskil, saamstem of bespreek. Maar nie verdoem of teregwys nie,
> vra eers. Asseblief, ek vra mooi.

Kom ons begin, vir oefening, om nie oor SA en apartheid nie, maaroor die
Duitsland van omtrent 1930 tot 1945 te praat. En ons oorweeg
of die ekonomiese beleid wat Hitler en sy party ekonomies suksesvol
was, gewerk het. As mens daarna kyk uit 'n sekere oogpunt, dan kan
jy eerlik sê: ja, dit was 'n groot sukses. Dit het van Duitsland een van
die magtigste lande gemaak vir 'n ruk, een van die ekonomies sukses-
volste. Maar mens moet die hele prentjie sien. As mens die uiteinde van
die Duitse suksesstorie inreken, dan was dit 'n totale mislukking. Die-
selfde met SA. Mens moet infaktor dat die sosiale verwoesting wat dit
teweeggebring het, as uiteinde 'n SA het wat so ontwrig is dat dit dekades
en dekades neem vir die land om reg te kom.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45410 is 'n antwoord op boodskap #45366] Do, 28 Junie 2001 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> My opinie is dat, sou ons 'n meerderheidsregering gehad het, sou die
> beskikbare fondse oor 'n baie wyer gebied versprei gewees het en sou daar
> minder "points of excellence" gewees het.

> Ek reken ook dat, sou ons vroeër die Rubicon oorgesteek het, dan sou ons nie
> die geweldige prys van sanksies en grensoorloë hoef te betaal het nie.
>
> Maar watter argumente weeg die swaarste in die finale analise?

Jou argument oor die "points of excellence" wat dan nie daar sougewees het nie,
laat 'n koue rilling langs my ruggraat afloop. Weet
jy wat jy besig is om te sê? Dat as die beskikbare fondse nou
oor 'n wyer gebied versprei moes word ( m.a.w. gebruik word
vir nie-blankes) dan was daar nie soveel geld om die excellent
lewe van die blankes moontlik te maak nie.
En wat het dit die regime en ook basies die Afrikaner gebaat?
Hulle moes grensoorloë veg, en geld uitgee op ammunisie wat
hulle op die opvoeding van die hele bevolking kon bestee het.
En hulle het vir hulle nageslag 'n ontwrigte land nagelaat. Ekonomies
ontwrig. Sosiaal ontwrig. Selfs sielkundig ontwrig. En dit alles
het ekonomiese gevolge.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45414 is 'n antwoord op boodskap #45366] Vr, 29 Junie 2001 00:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Fri, 29 Jun 2001 12:01:47 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Maar voor die vroeë 90's, toe Derek Keyes en FW de Klerk 'n nuwe benadering
> begin volg het, was ons land se finansiële bestuur om die minste te sê maar
> power. Die ANC-regering het 'n baie beter baanrekord daarmee as sy
> voorganger. Hulle kry ongelukkig te min krediet daarvoor, hulle hoor meer
> dikwels blankes se gesanik oor hoe sleg dit gaan.

Interresant om vandag te lees dat volgens Statistiek SA is die
algemene werkloosheid-syfer in SA 28,8% en die werkloosheidsyfer onder
witmense maar 5,8%.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45416 is 'n antwoord op boodskap #45366] Vr, 29 Junie 2001 01:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina
Jou argument oor die "points of excellence" wat dan nie daar sou gewees het
nie, laat 'n koue rilling langs my ruggraat afloop. Weet jy wat jy besig is
om te sê? Dat as die beskikbare fondse nou oor 'n wyer gebied versprei moes
word ( m.a.w. gebruik word vir nie-blankes) dan was daar nie soveel geld om
die excellent lewe van die blankes moontlik te maak nie.

Wouter
Maar dis tog 'n feit soos 'n koei. Of stem jy nie saam nie? Ons praat oor
dinge wat gebeur het, nie oor een of ander ideale samelewing nie.

Ek hou egter nie van jou woordkeuses nie, ek weet wat ek besig is om te sê,
ek praat oor dinge wat gebeur het, sonder om die meriete of regverdigheid
daarvan te beoordeel. En die argument gaan nie oor die gehalte van blankes
se lewens nie, die points of excellence was 'n ekonomiese gevolg en nie 'n
ideologie nie. Dit gaan hier oor ekonomiese mededingendheid en groei, wat
uiteindelik tot almal se voordeel is, alhoewel nie in gelyke mate nie. En ek
het vooraf uitgespel dat dit 'n kliniese en onemosionele gesprek moet wees,
koue rillings tel dus geen duit in hierdie debat nie.

Gloudina:
En wat het dit die regime en ook basies die Afrikaner gebaat?

Wouter
Nou is jy ongelukkig af van die onderwerp af, dis nie 'n regime-ding nie en
nog minder 'n Afrikanerding. Die points of excellence was nie taalgebonde of
regeringsgebonde nie. En dit het 'n aanloop van 'n eeu of twee, verskeie
regerings was betrokke. Kom ons bepaal ons liewers net tot wat dit die
ekonomie gebaat of gekos het, anders vervlak die gesprek.

Ek reken dat die argument ook wyer gaan as net die points of excellence. 'n
Diktatoriale struktuur is dikwels goedkoop en ekonomies effektief.
(Singapoer is 'n voorbeeld, Hitler seker ook.) Afsonderlike ontwikkeling het
daarna geneig; die bestuur van die land was in 'n relatief klein groep se
hande. Dit het waarskynlik ekonomiese voordele gebring.

Gloudina
Hulle moes grensoorloë veg, en geld uitgee op ammunisie wat
hulle op die opvoeding van die hele bevolking kon bestee het.
En hulle het vir hulle nageslag 'n ontwrigte land nagelaat. Ekonomies
ontwrig. Sosiaal ontwrig. Selfs sielkundig ontwrig. En dit alles
het ekonomiese gevolge.

Wouter
Absoluut, ek stem saam. Maar met swakker historiese ekonomiese groei sou ons
dalk nie die oorlog OF die breër opvoeding kon bekostig nie?

En ek probeer nie nou teen Ferdi se siening argumenteer nie, ek probeer nie
sê dat apartheid die groei veroorsaak het nie, ek stem saam ons minerale
(veral goud) was dié faktor. Maar daar is ander lande in Afrika en
Suid-Amerika wat wesenlike minerale rykdomme uitgeput het sonder om
naastenby so 'n goeie infrastruktuur op te bou soos ons. Ek soek 'n deel van
die verklaring daarvoor by afsonderlike ekonomiese ontwikkeling.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45417 is 'n antwoord op boodskap #45366] Vr, 29 Junie 2001 01:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina:
Kom ons begin, vir oefening, om nie oor SA en apartheid nie, maaroor die
Duitsland van omtrent 1930 tot 1945 te praat. En ons oorweeg
of die ekonomiese beleid wat Hitler en sy party ekonomies suksesvol
was, gewerk het. As mens daarna kyk uit 'n sekere oogpunt, dan kan
jy eerlik sê: ja, dit was 'n groot sukses. Dit het van Duitsland een van
die magtigste lande gemaak vir 'n ruk, een van die ekonomies sukses-
volste. Maar mens moet die hele prentjie sien. As mens die uiteinde van
die Duitse suksesstorie inreken, dan was dit 'n totale mislukking.

Wouter:
Dankie Gloudina, daar kyk jy nou "van buite af." Ek stem saam dat die
Duitse episode sy hoogte- en laagtepunte het. Maar kom ons probeer om net
die ekonomiese beoordeel. Die menslike probleme dus net insoverre dit
ekonomies impakteer. 'n Mens kry die idee dat die Duitsers weer 'n verenigde
volk is. En hulle het praktiese kennis van twee ekonomiese sisteme oor
dieselfde tydperk. Kapitalisme wat oorgevloei het in 'n sosiale demokrasie
(my subjektiewe beoordeling) en sentraal beheerde sosialisme in Oos-Europa.
Hulle het myns insiens 'n goeie kans om die trauma van oorlog en skeiding te
oorkom.

Maar die vraag is steeds, is hulle ekonomies swakker of beter af as 'n
vergelykbare land (bv Frankryk)? Ek is nie so seker dat as dit jou
kriterium is dat dit die Duitse storie 'n totale mislukking is nie.
Inteendeel.

Ek probeer nie sê die Duitse sage is net so op SA van toepassing nie. Ek
dink ook nie jy sê dit nie. Maar dis seker die beste parallelle voorbeeld.
En dis makliker om klinies daarna te kyk.

Die Wes-Duitsers het hulle na WO2 natuurlik ekonomies in die voet geskiet
deur hulle werkers oormatige regte in die werkplek te gee. Dit maak hulle
prosesse stadiger en hulle produkte duurder en dit het die Oosterlinge die
geleentheid gegee om makliker hulle tradisionele markte in te dring. By ons
is dit ongelukkig ook aan die gebeur, 'n mens hoop ons Regering gaan nie te
lank en te ver aan met hulle arbeidshervormings nie.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45425 is 'n antwoord op boodskap #45372] Vr, 29 Junie 2001 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Annette,
Hierdie land was nog nooit uit die bankrotskap nie. Waarteen meet mens 'n
land se bankrotskap? Ek is seker die ekonome hier kan ons meer vertel maar,
as jy meer skuld het as wat jy kan betaal dan, is jy bankrot. Maar 'n staat?
Ek dink as werkloosheid meer is as wat werk geleenthede geskep kan word - is
hy bankrot! Dit is juis hoekom staatsrentekoerse so belangrik is. Dit wissel
die 'unemployment' syfers op en af.

Suid Afrika was nooit uit 'n hoë werkloosheidsyfer uit nie. My insiens was
dit die groot rede vir die apartheidsbeleid - Skuif die swartes uit SA sodat
daar meer 'werksgeleenthede' vir die bevolking is. Jannie Smuts se uitstem
in 48 gaan oor twee dinge:
1) hy belowe die arm-blankes dat as hulle vir die moederland (Engeland) gaan
veg in die tweede wêreld oorlog sal hulle plase en grond gegee word. Met die
terugkeer van die manne het SA nie genoeg geld gehad daarvoor nie
(bankrot?). Die manne stem toe teen hom in protes.
2) Sy stelling was "gee my 'n groot genoeg weermag, polisie an ammuniesie en
ek los Suid Afrika se probleem vir ewig op" Bedoelende - ek skiet elke
kaffer dood. Ekonomies kon hy nie die hele bevolking met werksgeleenthede
voorsien nie. Dis lank voor 'apartheid' Baie mense het nie saamgestem met sy
siening nie en het teen hom gestem as protes.

So-by-so was die protes dat hy die verkiesing verloor het in 1948. Ek glo
nog nie dat hy die verkiesing moes verloor het nie. Hy moes net groot genoeg
geskrik het dat hy in lyn moes kom met die mense wou hê.

Onder die groep wat ingekom met 48 was daar maar baie min profesionele
politikuste. Toe hulle eers op die gravie trein is, moes hulle verseker
hulle daar bly. Dus binne die eerste twee jaar na oorneming verander die
grondwet ook dan om beskermming aan die selektiewes (arm-blankes) te bied.
Die grootste verandering kom in 57 toe die kleurlingstem weggeneem word. Tot
op die stadium kon die kleurlinge nog stem en het ook in die 48 stemming het
hulle stemme dik gemaak. Selektief was daar ook enkele swartes wat kon stem.
Maar, na 57 was die stemmmery net uitgebring deur die selektiewes (of, soos
een NG dominee vir my gesê het "die uitverkorenes")

So, hoe sien jy 'n land wat bankrot is?

"Annette" skryf in boodskap news:9hf7gd$ddkk3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die mense wat goed naslaan kan miskien die "syfers" naslaan - want ek het
> selfs 'n probleem met dit - maar al in 1987 was ons land letterlik
bankrot.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45427 is 'n antwoord op boodskap #45372] Vr, 29 Junie 2001 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ten eerste het Switzerland 'n apartheidstelsel. Dit is drie lande in een
land. Elkeen met sy eie regstelsel wat dan resorteer onder een hoofstelsel.
Om dit maklik te kan identifseer in ander lande kyk die die benaming van
hulle hoof. As sy benaming 'president' is regeer hy oor een staat en as sy
benaming 'staats president' is regeer hy meer as een staat. Dus, die
tuislande in Suid Afrika moes onafhanklike state gewees het want ons vorige
leier (voor Mandela) was 'n 'staats president'. van Mandel af net 'n
president.

Ten tweede: Switzerland het enige moontlike ontetiese manier gebruik om
kapitaal die land in te kry. Dit maar aan al die 'Swiss bank accounts'. Die
kapitaal kan dan aangewend word om op gronskaal werkgeleenthede te skep. SA
is gedreig met etiek toe hulle in kleinskaal onwettigelik wapens en ammusie
aan ander lande voorsien het. Nog erger - hulle het wetenskaplike projekte
begin om te probeer verkoop. En, kyk net wat gebeur met een van hulle
projekleiers - Wouter Basson. Hy kon so baie werksgellenthede skep dat SA
heel moontlik uit die bankropskap kon gekom het.

Maar, etiek het nie 'n patroon/ resep nie. Wat vir die een tel, tel nie vir
die ander nie. En, dit hang ook af of jy wen of verloor. Dis soos die catch
22 geval. Was die ANC nou freedom fighters of terorists?

Ernest

"Annette" skryf in boodskap news:9hf7gd$ddkk3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Miskien sal dit 'n goeie idee wees om die stelsels van Switzerland te
> bestudeer - 'n land met 'n zero werkloosheidsyfer, en 'n inflasiesyfer wat
> laag bly ( let wel - hulle het slegs een inflasiesyfer nodig):))
> Dit is die ekonomiese groei wat ons almal graag sou wou gehad het sedert
> 1976.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45437 is 'n antwoord op boodskap #45366] Vr, 29 Junie 2001 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Thu, 28 Jun 2001 17:21:37 +0200, "Annette" wrote:

> Feit bly nog steeds dat ons ekonomie vinniger gegroei het in daardie tyd wat
> Wouter genoem het as wat dit sou gewees het onder 'n ander bestel. Bietjie
> minder groei en meer menslikheid sou verkieslik gewees het, maar dit was
> nie. En dit is verby.
> Jy sit mos daar op die syfers Ferdi.
> Gee vir ons die jaarlikse ekonomiese groeisyfers vrygestel vir die jare
> 1974 - 1999.

Oppas om daardie groei aan apartheid te koppel. Ek reken dit het met
baie ander komplekse dinge te doen van goudpryse tot 'n
wereld-ekonomie wat in die nasleep van die 2de WO sterek groei, begin
globaliseer, maar steeds beheerde eenhede/lande het, bevolkings wat
toeneem (verbruikersvraag en werkers) maar nog nie te veel is nie en
wat ook al.
Apartheid was toevallig daardie tyd in werking.

'n Mens kan (ook verkeerdelik) natuurlik dan ook daarop wys dat SA in
daardie groei-tyd sosialisties was met 'n sterk staats-beheerde
ekonomie en dat sosialisme dus beter vir groei is as die mark!

Of (baie silly) dat ons rugby toe voorspeler-gegrond was en dat 'n
goeie Springbok-skrum dus ekonomiese groeie veroorsaak!!
Re: Apartheid 1 [boodskap #45438 is 'n antwoord op boodskap #45366] Vr, 29 Junie 2001 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek is oortuig dat geen regering wat in bewind sou kom sou hierdie
land -ekonomies- anders laat uitsien het as wat dit vandag lyk nie.

Wat wel waar kon gewees het dat die land meer gebalanseerd sou gewees het.
Op 'n makro flak is daar net soveel geld. As die geld aangewend word vir
doel A dan moet daar weggeneem word vir doel B. Indien EVKOM nie onstaan het
nie? Waar sou daardie geld aangewend word en, hoeveel werksgeleenthede sou
geskep gewees het?

My siening: Suid Afrika het nie kapitaal (of per kapita inkomste) om
enigiets meer te doen en te bereik as wat dit hudiglik gedoen het nie. As
hulle nie geld in Angola gemors het nie sou dit gebruik gewees het mabensies
te skep.

Wat Suid Afrika nodig het (en hier word nie 'n tydvlak aan gekoppel nie) is
om meer kapitaal die land te laat invloei. Dit kon nog nooit in grootskaal
gedoen word nie. Die mynbedryf was nie lankgenoeg 'gemelk' daarvoor nie.

Wat ander offer die land? Sonskyn? Toerisme? Goedkoop arbeid? Slim mense?
Nee een in groot genoeg heveelheid nie. Want:
1) Sonskyn - films word nog steeds goedkoper gemaak in donker kamers as om
die sonkyn te gebruik. Son energie is nog steeds duurder as stoom. Water
ander bron van energie het SA wat dan sou kon help. Ons het te water. Die
riviere is te vlak en te min hoë graad kole. Dus energie is duur, maak nie
saak wie in beheer sou wees nie. As energie duur is watter ondneming gaan sy
fabriek hier bou sodat hy duurder moet betaal.
2) Toerisme - vergeet dit SA is vér van die beskawing. Daaar sal wel 'n
groep toeriste hierna toe kom maar, dit sal nooit soos in die Europese lande
wees waar mense sommer vir 'n naweek na 'n ander land toe sal gaan nie. Dit
sal altyd duur wees (tensy die toeris gesponser word.
3) Goedkoop arbeid - arbeid in SA is en was nog altyd duur. Arbeid is 'n
ellement van die totale koste. As mens 70% van die prys van artikel betaal
vir die arbeidselement dan is dit duur. maak nie saak in watter land en met
watter regering nie. Maar, SA het altyd in groot maat liewer van ongeskoolde
arbeid gebruik gemaak. Waarom? Om werksloosheid te verlaag. Nie noodwendig
om 'n goedkoper produk op die mark te sit. Dis is juis die probleem wat nou
sy kop begin uitsteek het. Dit is goedkoper om 'n produk in te voer as om
dit self te vervaardig. So, maak nie saak watter regering in bewind was nie
vroeër of later moes die saak aangespreek word. As die invoere deur vroe
regering nie die beperking gehad het was die werkloosheid vandag hoër en sou
beperkings nou moes toegepas word.
4) Slim mense - hierdie land sou geen meer of minder slim mense voortgebring
het nie. AS jy die slag het om geld te maak, maak jy dit. Dis was gedoen met
wit 'base' en tog het 'n klomp swart miljoeners voortgebring. Sou dit
saakgemaak het as dit omgekeerd was? In my siening nee. Die land kan net
soveel verrig en die kapitaal is nie daar nie.

Miskien moet Afrika net minder mense hê? Dit maak nie eintlik saak die
regering nie. 'n Jaar of twee diekant toe of daardie kant blyk nie of dit
saak maak nie. Wat soos 'n paal bo water staan is daat geen regering 'n land
oorgeneem het om dit te verwoes nie. Die intensies is altyd goed. Die
uitvoer kry partykeer 'n knak.

Ernest

skryf in boodskap news:3B3BA9B6.B7CA1104@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

Kom ons begin, vir oefening, om nie oor SA en apartheid nie, maaroor die
Duitsland van omtrent 1930 tot 1945 te praat. En ons oorweeg
of die ekonomiese beleid wat Hitler en sy party ekonomies suksesvol
was, gewerk het. As mens daarna kyk uit 'n sekere oogpunt, dan kan
jy eerlik sê: ja, dit was 'n groot sukses. Dit het van Duitsland een van
die magtigste lande gemaak vir 'n ruk, een van die ekonomies sukses-
volste. Maar mens moet die hele prentjie sien. As mens die uiteinde van
die Duitse suksesstorie inreken, dan was dit 'n totale mislukking. Die-
selfde met SA. Mens moet infaktor dat die sosiale verwoesting wat dit
teweeggebring het, as uiteinde 'n SA het wat so ontwrig is dat dit dekades
en dekades neem vir die land om reg te kom.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45440 is 'n antwoord op boodskap #45403] Vr, 29 Junie 2001 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> Wouter: My opinie is dat, sou ons 'n meerderheidsregering gehad het . . .
sou daar minder "points of excellence" gewees het.

Ferdi : Maar met minder misdaad en 'n beter opgevoede bevolking.

Wouter: Ek reken jy is reg met die minder misdaad en dit het natuurlik 'n
ekonomiese prys. Maar die beter opvoeding, daaroor kan ons heelwat
spekuleer. Ons top universiteite sou waarskynlik op 'n heelwat laer peil
gewees het en van die buro's daar wat die sakewêreld ondersteun sou seker
nie bestaan het nie. Dit sou 'n nadelige effek op ons ekonomiese
infrastruktuur hê.

En as die ekonomie swakker gevaar het, sou daar in totaal minder geld gewees
het vir opvoeding en dit kon selfs nasionale basiese opvoeding verswak het?
(Nou spekuleer ek natuurlik)

>> Maar watter argumente weeg die swaarste in die finale analise?

Ferdi : Dis 'n lekker speletjie vir 'n tyd maar op die einde redelik futiel
omdat duisende ripple effects net eenvoudig nie eers geraai sal kan word
nie, laat staan nog wat hulle effek sou wees.

Wouter: Ek stem daam, dis net 'n speletjie. En die randeffekte is legio.

Die rede hoekom ek die onderwerp aangeroer het, is dat baie sakemense hulle
(stille of openlike) steun aan apartheid so geregverdig het. 'n Siening van
"dis nie regverdig nie, maar dis goed vir die ekonomie en dus gaan die
benadeeldes uiteindelik ook daarby baat". Die meeste het dit werklik geglo,
nog meer wou dit graag glo. Het daardie mense hulle net self gebluf, of is
daar historiese regverdiging voor?

Ek wens net dat ons die oorgang vroeër kon gemaak het, dan was ons nou al
verder op pad. Moontlik ook sonder baie van die misdaad? Maar dalk met 'n
meer sosialistiese of kommunistiese regeringsopset? Hier is nog 'n
potensiële raai-speletjie!

Ferdi
My punt is maar net dat mense wat sê apartheid het die nywerheid gebou baie
oppervlakkig redeneer. Die vraag is hoe apartheid die onvermydelike
ontwikkeling bestuur het. Ek dink nie baie goed nie.....

Wouter
Ek stem 100% saam. Die ekonomiese vooruitgang gedurende die apartheidsera
was meer toevallig as bepland, en dit het van die sakesektor af gekom, maar
die Regeringsopset het dit waarskynlik wel bevorder.

Maar voor die vroeë 90's, toe Derek Keyes en FW de Klerk 'n nuwe benadering
begin volg het, was ons land se finansiële bestuur om die minste te sê maar
power. Die ANC-regering het 'n baie beter baanrekord daarmee as sy
voorganger. Hulle kry ongelukkig te min krediet daarvoor, hulle hoor meer
dikwels blankes se gesanik oor hoe sleg dit gaan.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45457 is 'n antwoord op boodskap #45440] Vr, 29 Junie 2001 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis is nie ons hier wat sanik oor hoe sleg dit hier gaan nie:))))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b3c5492.0@news1.mweb.co.za...
>
>>> Wouter: My opinie is dat, sou ons 'n meerderheidsregering gehad het . .
.
> sou daar minder "points of excellence" gewees het.
>
> Ferdi : Maar met minder misdaad en 'n beter opgevoede bevolking.
>
> Wouter: Ek reken jy is reg met die minder misdaad en dit het natuurlik 'n
> ekonomiese prys. Maar die beter opvoeding, daaroor kan ons heelwat
> spekuleer. Ons top universiteite sou waarskynlik op 'n heelwat laer peil
> gewees het en van die buro's daar wat die sakewêreld ondersteun sou seker
> nie bestaan het nie. Dit sou 'n nadelige effek op ons ekonomiese
> infrastruktuur hê.
>
> En as die ekonomie swakker gevaar het, sou daar in totaal minder geld gewees
> het vir opvoeding en dit kon selfs nasionale basiese opvoeding verswak het?
> (Nou spekuleer ek natuurlik)
>
>>> Maar watter argumente weeg die swaarste in die finale analise?
>
> Ferdi : Dis 'n lekker speletjie vir 'n tyd maar op die einde redelik futiel
> omdat duisende ripple effects net eenvoudig nie eers geraai sal kan word
> nie, laat staan nog wat hulle effek sou wees.
>
> Wouter: Ek stem daam, dis net 'n speletjie. En die randeffekte is legio.
>
> Die rede hoekom ek die onderwerp aangeroer het, is dat baie sakemense hulle
> (stille of openlike) steun aan apartheid so geregverdig het. 'n Siening van
> "dis nie regverdig nie, maar dis goed vir die ekonomie en dus gaan die
> benadeeldes uiteindelik ook daarby baat". Die meeste het dit werklik geglo,
> nog meer wou dit graag glo. Het daardie mense hulle net self gebluf, of is
> daar historiese regverdiging voor?
>
> Ek wens net dat ons die oorgang vroeër kon gemaak het, dan was ons nou al
> verder op pad. Moontlik ook sonder baie van die misdaad? Maar dalk met 'n
> meer sosialistiese of kommunistiese regeringsopset? Hier is nog 'n
> potensiële raai-speletjie!
>
> Ferdi
> My punt is maar net dat mense wat sê apartheid het die nywerheid gebou baie
> oppervlakkig redeneer. Die vraag is hoe apartheid die onvermydelike
> ontwikkeling bestuur het. Ek dink nie baie goed nie.....
>
> Wouter
> Ek stem 100% saam. Die ekonomiese vooruitgang gedurende die apartheidsera
> was meer toevallig as bepland, en dit het van die sakesektor af gekom, maar
> die Regeringsopset het dit waarskynlik wel bevorder.
>
> Maar voor die vroeë 90's, toe Derek Keyes en FW de Klerk 'n nuwe benadering
> begin volg het, was ons land se finansiële bestuur om die minste te sê maar
> power. Die ANC-regering het 'n baie beter baanrekord daarmee as sy
> voorganger. Hulle kry ongelukkig te min krediet daarvoor, hulle hoor meer
> dikwels blankes se gesanik oor hoe sleg dit gaan.
>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45493 is 'n antwoord op boodskap #45366] Vr, 29 Junie 2001 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
ja hulle het selfs 'n donkie standbeeld in die noordweste
opgerig.
--
Re: Apartheid 1 [boodskap #45514 is 'n antwoord op boodskap #45493] Sa, 30 Junie 2001 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sou dit wees om mens aan Jesus te herinner? Goeie doel! Viva donkies!!!
_________________________________________________________

"Tobie" skryf in boodskap news:9hijnn$snh$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> ja hulle het selfs 'n donkie standbeeld in die noordweste
> opgerig.
> --
>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45521 is 'n antwoord op boodskap #45425] Sa, 30 Junie 2001 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suiwer ekonomies gesien is ons land nog bankrot - en sal dit nog so wees vir
'n tyd.
Dit is so - dat as die laste die bates oorskry dan is daar 'n
bankrotsituasie. - miskien is dit hoekom ons leiers nou skenkings vra ipv
lenings:)

Ek stem ook saam dat werkloosheid baie daarmee te doen het - want 'n lae
werkloosheidsyfer is as gevolg van ekonomiese groei in alle sektore.

Hoe vertroud is jy met die sonskynsituasie?
Ek vra maar net - want sedert 1999 het buitelandse filmspanne wat in SA kom
advertensies, films, en "stock" kom skiet het vervierdubbel. Net jamer hulle
bring van hulle eie tegnici saam - vir 'n kort vakansie na die werktyd. Die
firmas hier wat toerusting uitverhuur loop deesdae glmlaggend rond.

Annette

Ernest skryf in boodskap news:3b3d5d44.0@news1.mweb.co.za...
> Annette,
> Hierdie land was nog nooit uit die bankrotskap nie. Waarteen meet mens 'n
> land se bankrotskap? Ek is seker die ekonome hier kan ons meer vertel maar,
> as jy meer skuld het as wat jy kan betaal dan, is jy bankrot. Maar 'n staat?
> Ek dink as werkloosheid meer is as wat werk geleenthede geskep kan word - is
> hy bankrot! Dit is juis hoekom staatsrentekoerse so belangrik is. Dit wissel
> die 'unemployment' syfers op en af.
>
> Suid Afrika was nooit uit 'n hoë werkloosheidsyfer uit nie. My insiens was
> dit die groot rede vir die apartheidsbeleid - Skuif die swartes uit SA sodat
> daar meer 'werksgeleenthede' vir die bevolking is. Jannie Smuts se uitstem
> in 48 gaan oor twee dinge:
> 1) hy belowe die arm-blankes dat as hulle vir die moederland (Engeland) gaan
> veg in die tweede wêreld oorlog sal hulle plase en grond gegee word. Met die
> terugkeer van die manne het SA nie genoeg geld gehad daarvoor nie
> (bankrot?). Die manne stem toe teen hom in protes.
> 2) Sy stelling was "gee my 'n groot genoeg weermag, polisie an ammuniesie en
> ek los Suid Afrika se probleem vir ewig op" Bedoelende - ek skiet elke
> kaffer dood. Ekonomies kon hy nie die hele bevolking met werksgeleenthede
> voorsien nie. Dis lank voor 'apartheid' Baie mense het nie saamgestem met sy
> siening nie en het teen hom gestem as protes.
>
> So-by-so was die protes dat hy die verkiesing verloor het in 1948. Ek glo
> nog nie dat hy die verkiesing moes verloor het nie. Hy moes net groot genoeg
> geskrik het dat hy in lyn moes kom met die mense wou hê.
>
> Onder die groep wat ingekom met 48 was daar maar baie min profesionele
> politikuste. Toe hulle eers op die gravie trein is, moes hulle verseker
> hulle daar bly. Dus binne die eerste twee jaar na oorneming verander die
> grondwet ook dan om beskermming aan die selektiewes (arm-blankes) te bied.
> Die grootste verandering kom in 57 toe die kleurlingstem weggeneem word. Tot
> op die stadium kon die kleurlinge nog stem en het ook in die 48 stemming het
> hulle stemme dik gemaak. Selektief was daar ook enkele swartes wat kon stem.
> Maar, na 57 was die stemmmery net uitgebring deur die selektiewes (of, soos
> een NG dominee vir my gesê het "die uitverkorenes")
>
> So, hoe sien jy 'n land wat bankrot is?
>
> "Annette" wrote in message
> news:9hf7gd$ddkk3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die mense wat goed naslaan kan miskien die "syfers" naslaan - want ek het
>> selfs 'n probleem met dit - maar al in 1987 was ons land letterlik
> bankrot.
>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45522 is 'n antwoord op boodskap #45427] Sa, 30 Junie 2001 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom dink jy het ek spesifiek Switzerland genoem?:))

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Ernest skryf in boodskap news:3b3d5d48.0@news1.mweb.co.za...
> Ten eerste het Switzerland 'n apartheidstelsel. Dit is drie lande in een
> land. Elkeen met sy eie regstelsel wat dan resorteer onder een hoofstelsel.
> Om dit maklik te kan identifseer in ander lande kyk die die benaming van
> hulle hoof. As sy benaming 'president' is regeer hy oor een staat en as sy
> benaming 'staats president' is regeer hy meer as een staat. Dus, die
> tuislande in Suid Afrika moes onafhanklike state gewees het want ons vorige
> leier (voor Mandela) was 'n 'staats president'. van Mandel af net 'n
> president.
>
> Ten tweede: Switzerland het enige moontlike ontetiese manier gebruik om
> kapitaal die land in te kry. Dit maar aan al die 'Swiss bank accounts'. Die
> kapitaal kan dan aangewend word om op gronskaal werkgeleenthede te skep. SA
> is gedreig met etiek toe hulle in kleinskaal onwettigelik wapens en ammusie
> aan ander lande voorsien het. Nog erger - hulle het wetenskaplike projekte
> begin om te probeer verkoop. En, kyk net wat gebeur met een van hulle
> projekleiers - Wouter Basson. Hy kon so baie werksgellenthede skep dat SA
> heel moontlik uit die bankropskap kon gekom het.
>
> Maar, etiek het nie 'n patroon/ resep nie. Wat vir die een tel, tel nie vir
> die ander nie. En, dit hang ook af of jy wen of verloor. Dis soos die catch
> 22 geval. Was die ANC nou freedom fighters of terorists?
>
> Ernest
> "Annette" wrote in message
> news:9hf7gd$ddkk3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Miskien sal dit 'n goeie idee wees om die stelsels van Switzerland te
>> bestudeer - 'n land met 'n zero werkloosheidsyfer, en 'n inflasiesyfer wat
>> laag bly ( let wel - hulle het slegs een inflasiesyfer nodig):))
>> Dit is die ekonomiese groei wat ons almal graag sou wou gehad het sedert
>> 1976.
>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45528 is 'n antwoord op boodskap #45366] Sa, 30 Junie 2001 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ernest wrote:

> .Onder die groep wat ingekom met 48 was daar maar baie min profesionele
> politikuste. Toe hulle eers op die gravie trein is, moes hulle verseker
> hulle daar bly. Dus binne die eerste twee jaar na oorneming verander die
> grondwet ook dan om beskermming aan die selektiewes (arm-blankes) te bied.
> Die grootste verandering kom in 57 toe die kleurlingstem weggeneem word. Tot
> op die stadium kon die kleurlinge nog stem en het ook in die 48 stemming het
> hulle stemme dik gemaak. Selektief was daar ook enkele swartes wat kon stem.
> Maar, na 57 was die stemmmery net uitgebring deur die selektiewes (of, soos
> een NG dominee vir my gesê het "die uitverkorenes")
>

Ja, as mens na die mense kyk wat in 1948 aan bewind gekom het, was dit 'n
klein klompie Afrikaners van 'n klein binne-groepie. Daar was twee Le Roux
ministers wat of broers of neefs was. (Een dink ek was die pa van Etienne
le Roux wat hahaha later vir "Magersfontien, O Magersfontein" geskryf het,
wat hulle moes verban.) Een van die Huis de Villiers kamermaats was Dalena
Swart, die dogter van die eerste Minister van Justisie en later Staatspresident.

Sy het altyd vertel van hoe, toe sy die eerste garden party van die nuwe
bewind bygewoon het, sy dit gehaat het dat die mense so vreeslik selfbelangrik
was en met mekaar meegeding het om te sien wie die meeste opgedos kan
wees. Sy het die hele tyd gesit en gesels met die man en vrou wat toe die
hoof van die Kommunistiese Party in SA was (ek het hulle name vergeet).
(Ha,ha, die leiers van die Kommunistiese party was by die eerste garden party
van die Nasionale Party regering in 1948.) Dalena kon nie genoeg praat van
hoe interessant en sedig gekleed hierdie twee mense was nie. Wonder wat sy
later gedink het toe dieselfde mense se party as onwettig verklaar word.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45531 is 'n antwoord op boodskap #45366] Sa, 30 Junie 2001 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ernest wrote:

> Jannie Smuts se uitstem
> in 48 gaan oor twee dinge:
> 1) hy belowe die arm-blankes dat as hulle vir die moederland (Engeland) gaan
> veg in die tweede wêreld oorlog sal hulle plase en grond gegee word. Met die
> terugkeer van die manne het SA nie genoeg geld gehad daarvoor nie
> (bankrot?). Die manne stem toe teen hom in protes.
> 2) Sy stelling was "gee my 'n groot genoeg weermag, polisie an ammuniesie en
> ek los Suid Afrika se probleem vir ewig op" Bedoelende - ek skiet elke
> kaffer dood. Ekonomies kon hy nie die hele bevolking met werksgeleenthede
> voorsien nie. Dis lank voor 'apartheid' Baie mense het nie saamgestem met sy
> siening nie en het teen hom gestem as protes.

Ek twyfel of wat jy hierbo sê, heeltemal korrek is. Oor "bedoelende, ek
skietelke kaffer dood." As jy dit glo, glo jy 'n urban legend. Maar wat wel die
oorsaak
was van die baie klein meerderheid waarmee die NP in 1948 gewen het, was dat
Jannie Hofmeyer, die Onderwys Minister van die Smuts regering, baie duidelik
laat blyk het dat hy dink dat die rasse in die Onderwys geintegreer moet word,
en
baie mense wou nie daaraan raak nie. Ook was Generaal Smuts in 1948 en
daarvoor baie in die buiteland, waar hy as een van die stigtersleiers van die
VVO
baie aktief was, veral in San Fransisco, waar die eerste stigterskonferensies
gehou
was. Daar is die storie hier in Kanada dat Diefenbaker, die eerste minister van
Kanada in die middel van die sestigerjare, altyd gespog het hoe hy die plan vir
die
VVO op die agterkant van Smuts se sigaretdosie gesien het. (Die grap is
natuurlik
dat Smuts nie gerook het nie!)
Die ander rede hoekom mense miskien teen die Smuts bewind gestem het,
was omdat daar gedurende die Tweede Wereldoorlog 'n geweldige influks van
veral swartes was na die Johannesburgse area, waar daar volop werk was gedurende

die oorlog in die maak van allerhande dinge vir die oorlog, veral in
Noord-Afrika.
Na die oorlog was die vreeslike aanwas van die Johannesburgse bevolking 'n baie
groot probleem, en daar was 'n aanhoudende stryery oor wie finansieel
verantwoordelik
is vir die behuising ens. van dié mense: die sentrale regering het gesê dis die
Munisipaliteit
van Johannesburg se skuld, en die Munisipaliteit het gesê die sentrale regering
moet help.

Gloudina

>
Re: Apartheid 1 [boodskap #45538 is 'n antwoord op boodskap #45366] Sa, 30 Junie 2001 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Die rede hoekom ek die onderwerp aangeroer het, is dat baie sakemense hulle
> (stille of openlike) steun aan apartheid so geregverdig het. 'n Siening van
> "dis nie regverdig nie, maar dis goed vir die ekonomie en dus gaan die
> benadeeldes uiteindelik ook daarby baat". Die meeste het dit werklik geglo,
> nog meer wou dit graag glo. Het daardie mense hulle net self gebluf, of is
> daar historiese regverdiging voor?
>

Wel, ek weet nie van die sakewêreld nie, maar in baie ander dele
van die maatskappy het "apartheid" 'n klein groepie mense (nie
eers alle Afrikaners nie, en bittermin Engelse en anderskleuriges)
die mag in die hande laat kry, nie net op makro-vlak nie, maar
ook op mikro-vlakke. Soos ek vantevore aangedui het, het daar
'n klomp wit meestal Afrikaners (baie keer van Transvaal) in die
onderwys ingestroom, party omdat hulle promosie in die swart
skole na prinsipale gesoek het, party omdat hulle dit nie in die
wit skoolstruktuur kon inkom nie. Hierdie Afrikaners wat die
mag in die hande gekry het was die mags-sugtiges, vir eie gewin,
en om baantjies vir boeties te skep. Ek kan dus nie eens aanvaar
dat gedurende apartheid the cream of the crop die mag in die hande
gekry het nie. Dit was 'n soort middelklas Afrikaner wat voorgestoot
is en in allerhande poste beland het waarvoor hulle werklik nie gewasse
was nie. Ek kan onthou dat een Engels-sprekende prinsipaal van my,
wat later na die Transkei as inspekteur gesekondeer is, vir my vertel
het dat dit duidelik aan hom gemaak is dat daar geen verdere vooruitsig
vir promosie is nie. Ons het hier in Kanada 'n Engels-sprekende vorige
SA diplomaat ontmoet, wat gesê het dat hy uit die SA diplomatieke
diens bedank het toe hy so onder die tafel insae in sy leêr gekry het, en
daar duidelik gestempel was oor sekere van die dokumente dat hy nie
verdere bevordering gaan kry nie. Dit was dus nie net die nie-blankes
nie, maar ook die Engelse bevolking van SA wat skielik geen vooruit-
sigte gehad het nie, behalwe as hulle aktief witvoetjie by die regime
gesoek het.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45540 is 'n antwoord op boodskap #45366] Sa, 30 Junie 2001 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar voor die vroeë 90's, toe Derek Keyes en FW de Klerk 'n nuwe benadering
> begin volg het, was ons land se finansiële bestuur om die minste te sê maar
> power. Die ANC-regering het 'n baie beter baanrekord daarmee as sy
> voorganger. Hulle kry ongelukkig te min krediet daarvoor, hulle hoor meer
> dikwels blankes se gesanik oor hoe sleg dit gaan.

Ek neem aan dis jou beredeneerde oortuiging. Ek hoop jy doengenoeg om hierdie
feite vir jou mede-Afrikaners uit te wys, want
al wat 'n mens hoor is die gesanik en gesanik en gesanik van
omtrent twee-derdes van hierdie nuusgroep. En selfs van ander
mense wat nooit blykbaar vir die NP gestem het nie, maar
nou elke klein dingetjie wat "die regering" (lees die ANC, lees die
swartes) doen, kritiseer. Asof alle regerings nie daagliks gekritiseer
raak nie, veral as hulle die Britse soort van demokratiese stelsel
het, waar dit haar majesteit se wettige opposisie se plig is om te
kritiseer.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45553 is 'n antwoord op boodskap #45366] So, 01 Julie 2001 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Maar voor die vroeë 90's, toe Keyes en FW de Klerk 'n nuwe benadering
> begin volg het, was ons land se finansiële bestuur om die minste te sê
> power. Die ANC-regering het 'n baie beter baanrekord daarmee as sy
> voorganger. Hulle kry ongelukkig te min krediet daarvoor, hulle hoor meer
> dikwels blankes se gesanik oor hoe sleg dit gaan.

Gloudina: Ek neem aan dis jou beredeneerde oortuiging.

Wouter: Natuurlik. Dis ook die oortuiging van omtrent almal wat in die
posisie is om dit persoonlik te beoordeel. Uit die koerante kry 'n mens
natuurlik oorkoepelend 'n ander prentjie, want hulle taak is onder andere om
te kritiseer. En dit is belangrik, anders gaan ons terug na mense wat
owerheidsposte vir persoonlike gewin manipuleer, soos jy nou weer uitgewys
het. Vroeër kon die koerante nie kritiseer nie, daarom lyk dit oppervlakkig
geoordeel of die situasie verswak het. 'n Mens kry wel berigte wat aan die
regering se finansiële bestuur pluimpies uitdeel, maar dit is nie groot nuus
nie, dit verskyn ook meesal in die sakeblaaie.

Gloudina : Ek hoop jy doen genoeg om hierdie feite vir jou
mede-Afrikaners uit te wys.

Wouter: Ek reken so, ja.
Ek het selfs die moed van my oortuiging om dit hier te skryf.
Maar 'n mens word natuurlik nie orals sonder meer geglo nie.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45554 is 'n antwoord op boodskap #45366] So, 01 Julie 2001 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina : . . maar in baie ander dele van die maatskappy het "apartheid" 'n
klein groepie mense (nie eers alle Afrikaners nie, en bittermin Engelse en
anderskleuriges) die mag in die hande laat kry, nie net op makro-vlak nie,
maar ook op mikro-vlakke. Soos ek vantevore aangedui het, het daar 'n klomp
wit meestal Afrikaners (baie keer van Transvaal) in die onderwys ingestroom
Ek kan dus nie eens aanvaar dat gedurende apartheid the cream of the
crop die mag in die hande gekry het nie.

Wouter: Ek glo en aanvaar hierdie maklik. Die politici was ook nie die
"cream of the crop" nie, hulle posisies was nooit in gevaar nie en hulle is
nooit krities beoordeel nie. Die enigste bedreiging was dat hulle met die
partyleierskap kon bots en dit het noodwendig daartoe gelei dat die mense
met min eie inisiatief en dinamika oorleef het. Die met meer dryfkrag het
elders gaan werk, gewoonlik in die privaatsektor. Die meeste senior politici
(ek sluit selfs ministers in) sou nie in die sakewêreld op selfs
middelbestuursvlak suksesvol gewees het nie.

Die ANC het wel van hulle beste mense in beheer gehad, vir hulle het
dit oor oorlewing gegaan. Seker ook daarom dat hulle tydens die
oorgangs-onderhandelinge eerste gekom het. Maar die ou proses kruip
stadig terug, van hulle beste mense gaan ook sakewêreld toe.

Gelukkig het ons 'n effektiewe en vrye pers in plek, wat swak
politici genadeloos uitwys. Dit behoort 'n groot verskil te maak.

Gloudina : Dit was dus nie net die nie-blankes nie, maar ook die
Engelse bevolking van SA wat skielik geen vooruitsigte gehad het
nie, behalwe as hulle aktief witvoetjie by die regime gesoek het.

Wouter:
Dis seker maar normaal na so 'n dramatiese bewindsoorname. Dit is ongelukkig
ook weer tans die geval, blanke mans het ook geen vooruitsigte in
regeringsposte nie. En blanke vrouens ook nie regtig nie. Its the name of
the game. Al wat dalk verander het is dat witvoetjie soek nie meer werk nie.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45559 is 'n antwoord op boodskap #45366] So, 01 Julie 2001 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

plaasvark wrote:

> Wouter Plaasvark wrote:
> Hulle kry ongelukkig te min krediet daarvoor, hulle hoor meer
>> dikwels blankes se gesanik oor hoe sleg dit gaan.
>
> Gloudina: Ek neem aan dis jou beredeneerde oortuiging.
>
> Wouter: Natuurlik. Dis ook die oortuiging van omtrent almal wat in die
> posisie is om dit persoonlik te beoordeel. Uit die koerante kry 'n mens
> natuurlik oorkoepelend 'n ander prentjie, want hulle taak is onder andere om
> te kritiseer. En dit is belangrik, anders gaan ons terug na mense wat
> owerheidsposte vir persoonlike gewin manipuleer, soos jy nou weer uitgewys
> het. Vroeër kon die koerante nie kritiseer nie, daarom lyk dit oppervlakkig
> geoordeel of die situasie verswak het. 'n Mens kry wel berigte wat aan die
> regering se finansiële bestuur pluimpies uitdeel, maar dit is nie groot nuus
> nie, dit verskyn ook meesal in die sakeblaaie.
>

Ek is verbaas dat jy so onomwonde die huidige regering in SA
goeie punte gee in die algemeen. Ek korrespondeer met iemand
wat ek op die internet ontmoet het, en wat sweer dat hy die NP
van sy deur weggejaag het in die laaste dae van die ou regime.
Maar nou het hy weer geweldige kritiek op die huidige regime.
Maar dis miskien omdat hy in die mediese beroep is, en die
dinge wat hulle op daardie gebied doen , miskien gekritiseer
kan word.Watter regerings word nie gekritiseer nie? Die hele
provinsie van Ontario is in oproer oor die beleide van die
huidige Konserwatiewe regering, en tog het hulle hul weer 'n
keer ingestem.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45562 is 'n antwoord op boodskap #45366] So, 01 Julie 2001 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

plaasvark wrote:

> Dit is ongelukkig
> ook weer tans die geval, blanke mans het ook geen vooruitsigte in
> regeringsposte nie. En blanke vrouens ook nie regtig nie. Its the name of
> the game. Al wat dalk verander het is dat witvoetjie soek nie meer werk nie.

Wel, hier in Ottawa was daar 'n swart High Commissioner vir 'n ruk(Billy Modise,
wat 'n lang ruk in Swede gewerk het.) Maar nadat hy
terug is SA toe, is 'n wit High Commissioner aangestel. André Jaquet.
Ons het gewonder of hy aangestel is vir sy Frans. Maar ek dink hy is
maar net 'n Afrikaner. Was ook in die diplomatieke diens gedurende
die ou bedeling. Hy is lief om te vertel hoe hy, met Nelson Mandela
se vrylating, gewonder het of die tyd nou gekom het vir hulle om in die
see gedryf te word, soos hulle altyd vertel is. Daar is verdere wit
Afrikaner vroue ook hier in die High Commission. Ek hoor ook dat
die Verwoerd-skoondogter nou ambassadeur na Ierland word. En
orals in die polisiemag sien ek Afrikaner-name in belangrike poste.
Is dit nie maar net waar dat vir elke tien mense in SA ag swart sal
wees nie, en dat dit dus natuurlik is as net twee uit elke tien wit sal
wees nie? (Dis nou wanneer Indiër en "Kleurling" ook onder swart
getel word.)

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45565 is 'n antwoord op boodskap #45366] So, 01 Julie 2001 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek is verbaas dat jy so onomwonde die huidige regering in SA
goeie punte gee in die algemeen.

Wouter:
Ek gee hulle goeie punte vir die manier waarop hulle staatsbesteding inkort,
ten spyte daarvan dat dit politiiek ongewild is by al die kiesers. Dit sou
op die korttermyn baie meer gewild gewees het om die rykes swaarder te
belas, maar dan sou die kundigheid padgegee het en ons in 'n permanente
armoede-spiraal gedompel het.

Die inkorting op staatsbesteding het natuurlik negatiewe effekte op veral
onderwys, polisiëring en hospitale, en die mense voel dit. Maar dit kan nie
anders nie, want dit is die staat se drie grootste uitgawes, dit maak meer
as 80% van die uitgawes uit. Bespaar ons nie hierop nie, word ons 'n
piesangrepubliek. In die proses van terugsnyding word die meeste
onproduktiewe kolle uitgehaal, sodat ons beter waarde vir elke belastingrand
kry. Pynlik, maar oorkoepelend baie meer effektief as vroeër.

En alhoewel die besteding dramaties ingekort is, het niks inmekaargestort
nie, alhoewel daar noodwendig ruimte vir kommer is. Ek hoop dat die
regering toegelaat sal word om daarmee voort te gaan; ons sal uiteindelik
die vrugte pluk deur hoër ekonomiese groei.

Maar ek stem nie vir die ANC nie, omdat ek reken hulle gaan hopeloos te ver
met hulle arbeidshervorminge. Dit maak dit werklik moeilik om 'n besigheid
in SA te bedryf. Ek is ook nie gemaklik met sommige ander aspekte van hulle
beleid nie, soos onder andere die hervorming van plaaslike regerings. Die
Wes-Kaap, wat deur die DA as provinsie beheer word, vaar tans op baie
aspekte beter as die ander provinsies, dit skep gesonde kompetisie om die
ANC-administrasies meer produktief te maak.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45568 is 'n antwoord op boodskap #45366] So, 01 Julie 2001 16:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> weer tans die geval, blanke mans het ook geen vooruitsigte in
> regeringsposte nie. En blanke vrouens ook nie regtig nie.

Gloudina
orals in die polisiemag sien ek Afrikaner-name in belangrike poste.
Is dit nie maar net waar dat vir elke tien mense in SA ag swart sal
wees nie, en dat dit dus natuurlik is as net twee uit elke tien wit sal
wees nie? (Dis nou wanneer Indiër en "Kleurling" ook onder swart
getel word.)

Wouter
Dis presies wat dit is, om die getalle in verhouding tot die bevolking te
kry. Maar terselfdertyd word die aantal poste skerp verminder, omdat die
staat sy relatiewe besteding inperk. Dit beteken dat 'n blanke in die
staatsdiens nie in sy eie leeftyd 'n realistiese kans op bevordering het
nie.

Daardie Afrikaanse name in die belangrike poste is die kundige olie
waarsonder die wiele nie tans kan draai nie. Sommige van hulle sien baie uit
na aftrede, dis nie maklik vir hulle nie. En die jong blankes met
potensiaal het al grootliks padgegee en die wat nie ander heenkome het nie
is gefrustreerd. Die aantal selfmoorde het ook skerp gestyg, dis geen
tydelike "cup of tea" tot die situasie genormaliseer het nie. Dis 'n helse
groot probleem.
Re: Apartheid 1 [boodskap #45591 is 'n antwoord op boodskap #45366] Ma, 02 Julie 2001 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> En die jong blankes met
> potensiaal het al grootliks padgegee

Wouter, vergewe my as ek nou 'n baie harde ding hiersê. Maar ek dink 'n hele
klomp van die jong blankes
wat "padgee" , is ook maar daardie ouens wat
in die ou bedeling verseker was van hulle bevoorregte
posisies en hulle ouers in daardie bevoorregte posisies
gesien het, en toe skielik is dinge anders. Ons hier
duskant sien die kwaliteit van sommige van die
aankomelinge, en dis regtig nie die cream of the crop
nie. Ek dink daar het meer cream of the crop van alle
kleure SA in die apartheidsjare verlaat. Dis nie die
cream of the crop wat nou SA verlaat nie, grotendeels.
Die cream of the crop dink ek bly in SA.

Gloudina
Re: Apartheid 1 [boodskap #45602 is 'n antwoord op boodskap #45366] Ma, 02 Julie 2001 08:16 Na vorige boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter: En die jong blankes met
> potensiaal het al grootliks padgegee

Gloudina
Wouter, vergewe my as ek nou 'n baie harde ding hier
sê. Maar ek dink 'n hele klomp van die jong blankes
wat "padgee" , is ook maar daardie ouens wat
in die ou bedeling verseker was van hulle bevoorregte
posisies en hulle ouers in daardie bevoorregte posisies
gesien het, en toe skielik is dinge anders. Ons hier
duskant sien

Wouter: Ek het bedoel hulle het padgegee uit die staatsdiens, polisie, ens.
En dis beslis die bestes van hulle wat padgee, dis moeilik vir 'n
onderpresteerder om elders werk te kry. Emigrasie gebeur nog op 'n baie
kleiner skaal en is vie min van die mense waarna ek verwys 'n opsie.
Vorige onderwerp: O Droogte!!
Volgende onderwerp: Haai Oe!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 02:28:01 MGT 2024