Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #45219] |
Wo, 27 Junie 2001 02:46 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Uit Blom van die Baaierd
D.J. Opperman
Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?
Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.
|
|
|