Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Re: Nog Koos Kombuis Lirieke
Re: Nog Koos Kombuis Lirieke [boodskap #44353] |
Vr, 15 Junie 2001 17:13 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kan nie ander Koos Kombuis draadjie kry nie:)))
Koos Kombuis wil beweer hy is André le Toit ( dink ek - ek weet daar is nie
'n du nie)
Hy het gereeld by die Spur en die Tuine Inkopiesentrum gesit en koffie drink
en sy gedagtes neergeskryf.
Moes Lisa se Klavier gewees het, want hy was gewoonlik saans daar:))))
Nee, ek ken hom nie. Het hom net daar gesien en vir hom hallo gesê voordat
ek geweet het hy beroemd sou raak:))))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:sjpcitok4v0st80tsf9sf96qcir7jffh66@4ax.com...
>
> Is dit kopiereg skending om lirieke te plaas op 'n nuusgroep as dit
> reeds openlik beskikbaar is op die Internet?
>
>
> SWART SEPTEMBER
>
> Plant vir my 'n Namibsroos, verafgelee Velvitchia
> hervestig hom in Hillbrow en doop hom Kayalitcha
> September is die mooiste, mooiste maand
> viooltjies in die voorhuis en riots oral in die land
> Die aand was vrolik om die vure, Gatiep was olik by die bure
> Die tyres het gebrand daar aan Mannenburg se kant
> al die volk was hoenderkop, die Caspers was vol guns gestop
> en die vroue by die draad het eerste die gedruis gehoor
> tjank maar Ragel oor jou kind, die boere het hom doodgemoer
> Groot masjiene oor die land, September '84
> die seisoen wat brand en aanhou brand,'n lente bleek en dor
> waar swartes sonder pas nog skuifel langs die mure
> en Niemandsland se as nog waai oor Niemandsland se vure
> Die swarte sonder pas, ja die swarte sonder pas
> skuifel langs die mure, verlustig hom in derde klas
> In Langstraat waar die cafes nog oop is tot laat in die angry nag
> het ek my dolla slap tjips gaan koop ek moes half an hour staan en wag
> Van Tafelbaai tot in Transvaal loop hensoppers weer deesdae kaal
> maar is jy wit, bruin, swart of geel, kak almal in die symste taal
> Sou jy haar nog liefhe, die ongerymde moedertaal
> besef jy sy's met clones en pigeons landwyd op die paal
> Oooe, die hart is bitterkos, oooe, met pap en wors
> dat liefde so tot haat kon gis, dat reforms so kon afwas
> Gonna, AIDS en sifillis groei wild waar eens beloftes was
> Groot masjiene oor die land, September '84 wat oorkook in 'n
> noodtoestand
> 'n lente bleek en dor
> waar swartes sonder pas nog skuifel langs die mure
> en Niemandsland se as nog waai oor Niemandsland se vure
>
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
|
|
|
Wie is Koos Kombuis? [boodskap #44370 is 'n antwoord op boodskap #44353] |
Vr, 15 Junie 2001 21:27 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette"
Koos Kombuis wil beweer hy is André le Toit ( dink ek - ek weet daar is nie
'n du nie)
Wouter:
Ek dink hy het homself Andre Le Toit genoem, ja. Deesdae skryf hy as Koos A
Kombuis, hy reken seker dit maak 'n goeie akroniem :-)
Hier is sy volle storie, van http://www.kooskombuis.co.za/Man.htm
Van my geboorte kan ek nie veel onthou nie. Ek weet wel dat dit gebeur het
kort voor teetyd op 5 November 1954 in 'n kraaminrigting in Duiwelspiek,
Kaapstad. André le Roux du Toit is ek gedoop, maar op skool reeds het ek
die bynaam Koos gekry. My ma was 'n onderwyseres en my pa toe nog 'n
maatskaplike werker. Daar was nog nie iets soos kleur-TV in Suid-Afrika
nie, selfs die alledaagse lewe was swart en wit, nes in die movie
"Pleasantville".
My vroegste herinneringe is dié van 'n removal van, of, soos ek dit genoem
het, 'n "treklorrie". My pa het dikwels van werk verander en daarom het
ons ook aanhoudend getrek van dorp tot dorp. Terwyl my pa ge-dabble het
in obskure goed soos Golden Products en Sanlam, het ek my kinder- en
skooljare geslyt in Riversdal, Paarl, Wellington, Kuruman en Bellville.
Uiteindelik het ons vasgehaak in Stellenbosch.
Skool was vir my baie boring, veral omdat ek myself al op drie leer lees
het - van die agterkante van cereal-bokse af. Kytie, ons bediende en my
grootste maat, het die leerdery aangejaag deur my elke dag te vra om vir
haar die strokiesverhale in Die Burger te verduidelik. My vaardighede was
egter beperk tot sekere gebiede. Voor die ouderdom van tien het ek reeds
'n dosyn romans getik op my pa se Underwoord-tikmasjien, maar ek kon nog
steeds nie my eie skoenveters vasmaak nie. My onderwysers het vas geglo ek
is baie dom. In 'n sin was hulle reg, want hoewel ek lief was vir lees en
vir musiek, het ek geen ambisie gehad om 'n akademiese loopbaan te volg nie.
Ek was mal oor die army en was daar laas so vet soos ek nou weer is ! Toe
al my vriende na 'n jaar in die army Stellenbosch Universiteit toe gaan,
het ek begin rondswerf van die een job na die ander. Ek was die meeste
van die tyd in Johannesburg. Hierdie jare was baie donker en rigtingloos,
maar ek het darem streetwise geword. Ek het my hand aan alles probeer:
hoenders braai by Kentucky Fied Chicken, pizzas maak in restaurante, polisse
verkoop, brande blus, klerk-speel in die staatsdiens en sulke goed. Ek het
vir 'n ruk selfs my lyf fortuinverteller gehou en vir verveelde huisvroue
voorspel wat die geslag van hulle babas sou wees - hierdie beroep het
immers 'n 50% kans op sukses gehad, en ek was meer dikwels reg as verkeerd.
In 1976 het ek terug huis toe gegaan om te probeer vrede maak met my ouers,
van wie ek toe al lank vervreem was. Ek het my pa-hulle heeltemal gek
gemaak, want ek het hulle oral deur die huis gevolg om my nuutste (meestal
swak) gedigte hardop vir hulle voor te dra. Hulle het gedoen wat ek ook
sou gedoen het met so 'n kind: hulle het my laat toesluit in die malhuis.
Ek was 'n jaar lank 'n pasiënt in Saal 6, Weskoppies, tussen 'n klomp drug
addicts en skisofrene, voor een van die sielkundiges my ondersoek het en
agtergekom het ek makeer niks nie. Tot my groot ontsteltenis het hy my
dadelik ontslaan. Toe moes ek van voor af begin werk soek.
Bennie-Fritz, die verhale-redakteur van Huisgenoot, het uiteindelik tot my
redding gekom. Hy het 'n kortverhaal aanvaar wat ek vir hom gestuur het,
en my gevra vir nog. Ek het af gehitchike Kaapstad toe en twee jaar lank op
vryskutbasis vir Huisgenoot stories geskryf. Teen hierdie tyd was ek wel
al so mal soos 'n haas. Ek kon slegs met normale mense kommunikeer deur
my skryfwerk; in my alledaagse handel en wandel kon ek net die taal van
junkies praat. Ek sou geleidelik ook begin om saam met hulle drugs te vat,
'n nare gewoonte wat ek eers in die middel-neëntigs sou afskud.
Gelukkig vir my, het my kortverhale in Huisgenoot gelei na groter sukses.
Ek het my naam verander na André Letoit om verwarring met ander skrywers te
voorkom en 'n hele paar boeke (romans, kortverhale en gedigte) gepubliseer
gedurende die volgende paar jaar. Toe ek verveeld raak met die erns van
die literêre wêreld, het ek 'n kitaar gekoop en begin liedjies skryf.
Die een ding het gelei na die ander, en vandag het ek sewe CD's agter my
(nuwe) naam - Koos Kombuis. Die verlange na skryf het egter ook weer te
groot geraak; in 2000 voltooi ek uiteindelik 'n lank beloofde novel (Seks en
Drugs en Boeremusiek - Human en Rousseau). Nou woon ek in 'n nice huis, met
'n dak wat lek, by die see, ek ry 'n Nissan Sentra, en ek het ook 'n vrou,
'n baby, 'n grassnyer, 'n weed-eater, en M-Net (ek spaar nog vir DSTV).
My ma, wat nog leef (my pa is onlangs oorlede), is baie trots op my!
|
|
|
Wie is Koos Kombuis? [boodskap #44386 is 'n antwoord op boodskap #44353] |
Sa, 16 Junie 2001 06:21 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette"
Koos Kombuis wil beweer hy is André le Toit ( dink ek - ek weet daar is nie
'n du nie)
Wouter:
Ek dink hy het homself André le Toit genoem, ja. Hy is André le Roux du Toit
. Deesdae skryf hy as Koos A

Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Do Nov 21 12:22:11 MGT 2024
|