nou sweety antie [boodskap #43921] |
Tue, 12 June 2001 16:32 |
hennerietjie
Boodskappe: 46 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
hellou my antie
ek wonner wat sê oom stief sweetnie nou antie. antie onthou mos laas toe hy
so moer gepluk het oorie diasse wat getoitoi het. nou sê my pa oorle oom
alfred&zo se seun wat 'n siegiejater is het 'n brief virrie sandei taaims
geskryf. oom aaik&zo sê lat hy dit nou nie meer kan vat om te sien hoe lat
die mense om hom saffer vannie misdadigeit nie antie. hy sê hille kry
merries innie nagte en dan moet hy weer pirbeer om hille koppe reg te
smokkel antie.
ma' oom aaik sê wat erger is is lat hy nou self in die nagte op daai merries
beginte ry. hy sê dis nou so erg lat hy hy dit oor weeg om liewerster op 'n
hings te klim en weer landyt te ry soos wat hy laas gemaak het oor apaathyd.
hy sê die misdadigeit maak nou meer skare as apaathyd.
oom hansie vannie pênnelbieters sê oom stief gaan 'n gêskit blaas as hy die
sandei taaims lees want die keer sal hy nie oom aaik kan beskillig lat hy yt
'n poesiesie van bevoorregting praat nie. en oom stief se statjoustieke
waarop hy 'n vermoorde torium op gehad het wys hoeka laas week lat dit erger
geword het vanlat hy minister van misdadigheid geword het.
my pa sê ja dit moet swaar vir oom stief wees lat dit so yt eie geledere kom
viral so kort oppie hakke vannie klomp plotte. en oom taboe het hoeka
annerdag 'n resitasie innie parloument opgesê waarin hy gesê het die senters
kannie hou nie.
dis wat ek ok sê antie want saterdag speel breytentjie hille teen napoleon
se vreemde legijoen en ek dink ôk nie ons senters gaan hou vanlat herrie die
strandloper vir deontjie keiser hys toe gestier het nie. my pa sê dis 'n
bleddie skande want deontjie is die enigste ou wat vir jouna loumoe kan
têkkel. oom hansie sê ma' loumoe speel nie eers virrie legijoen nie. my pas
sê dit isso loumoe speel okkie eers meer virrie ôl blêks nie ma' oom hansie
moet nou nie kom wys lat hy niks van rakbie af weetie.
koebaai antie (moenie lat antie se senters 'n gêskit loop blaas innie
vreemde nie)
hennerietjie
|
|
|
Re: nou sweety antie [boodskap #43962 is 'n antwoord op boodskap #43921] |
Wed, 13 June 2001 02:01 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> nou sê my pa oorle oom
> alfred&zo se seun wat 'n siegiejater is het 'n brief virrie sandei taaims
> geskryf. oom aaik&zo sê lat hy dit nou nie meer kan vat om te sien hoe lat
> die mense om hom saffer vannie misdadigeit nie antie.
> lat hy hy dit oor weeg om liewerster op 'n
> hings te klim en weer landyt te ry soos wat hy laas gemaak het oor apaathyd.
Hennerietjie, Tannie twyfel nie dat wat Oom Ike Nzo voel,werklik diep is nie.
Maar jy moet onthou dat hy gedurende
die apartheidjare uit die land was. Vir die swart mense was
daar maar altyd baie misdaad in daardie woonbuurtes waar
hulle gedwing was om te bly. Maar boonop was daar
gedurende die apartheidsjare nog kaspers in die strate en
kinders wat doodgeskiet word, en 'n "derde mag" wat
aanvalle in die voorstedelike treine geloods het. Maar daardie
tyd toe sit Meneer Ike in die buiteland en sielkunde leer. So,
tannie sien hom so bietjie as 'n swart Boetman, if you get my
drift.
En is dit nie wonderlik dat daar nou psigiaters vir swart mense
beskikbaar is nie? Kan jy nou dink hoe dit sou moes gewees het
as daar psigiaters was vir daardie mense wat deur apartheidgetraumatiseer was?
Gloudina
|
|
|
Re: nou sweety antie [boodskap #43963 is 'n antwoord op boodskap #43921] |
Wed, 13 June 2001 02:24 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
hennerietjie wrote:
> oom taboe het hoeka
> annerdag 'n resitasie innie parloument opgesê waarin hy gesê het die senters
> kannie hou nie
Hennerietjie, jy moet nou vir jou pa iets meer vra oorwat jy hierbo gesê het.
Het Thabo Mbeki werklik
aangehaal uit W.B. Yeats se "The Second Coming."
In watter verband?
Tannie Gloudina
>
|
|
|
Re: nou sweety antie [boodskap #43996 is 'n antwoord op boodskap #43921] |
Wed, 13 June 2001 06:24 |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> Maar daardie
> tyd toe sit Meneer Ike in die buiteland en sielkunde leer. So,
> tannie sien hom so bietjie as 'n swart Boetman, if you get my
> drift.
Dis nou soos anti 'n wit boesman is?
> En is dit nie wonderlik dat daar nou psigiaters vir swart mense
> beskikbaar is nie? Kan jy nou dink hoe dit sou moes gewees het
> as daar psigiaters was vir daardie mense wat deur apartheidgetraumatiseer was?
>
En dan is die anti nog naief ook - dink jy dat die dokter net swart
pasiente het?
|
|
|