Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sakkie? Help asseblief
Sakkie? Help asseblief [boodskap #43906] Tue, 12 June 2001 11:58 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
Wanneer is dit begin?
Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
Kan nie iets by die biblioteek kry nie.- sal iemand by die hoofbiblioteek
moet vra - maar miskien wil sy weet of ek Eva is:))

As jy nie die paar myl wil afdraf soontoe nie, bel maar - ek sal vir jou 'n
langtiekie aanstuur:)))

Dankie by voorbaat,
Annette
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #43913 is 'n antwoord op boodskap #43906] Tue, 12 June 2001 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: May 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy vra so mooi hoe kan ek weier.
Sakkie (wat die tekkies nader trek)

"Annette" skryf in boodskap news:9g5141$78151$6@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
> Wanneer is dit begin?
> Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
> Kan nie iets by die biblioteek kry nie.- sal iemand by die hoofbiblioteek
> moet vra - maar miskien wil sy weet of ek Eva is:))
>
> As jy nie die paar myl wil afdraf soontoe nie, bel maar - ek sal vir jou 'n
> langtiekie aanstuur:)))
>
> Dankie by voorbaat,
> Annette
>
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #43928 is 'n antwoord op boodskap #43906] Tue, 12 June 2001 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
> Wanneer is dit begin?
> Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
>

Ek is nie presies seker van wanneer die sendelingstasieAdams Mission begin is
nie. Maar Adams College dink
ek is in die 1850's geskep. Want ek dink die Natalse
Onderwysdepartement het sy honderdjarige bestaan in
die vroeë vyftigerjare gevier, en dit dateer sy bestaan
terug na die skepping van Adams College.
Hulle het klippe van die oorspronklike Adams
College in 'n soort van 'n klein monumentjie ingemessel,
en die informasie is seker daarop.
Dit is interessant om te weet dat dieselfde sendelinge
wat in Natal in die neentiende eeu gewerk het, ook
verantwoordelik was vir 'n ander opvoedkundige
ontwikkeling in SA. Dr. Andrew Murray was instrumenteel
in die stigting van die Wellingtonse Kollege vir die opleiding
van onderwyseresse, 'n inrigting wat 'n lang en gerespekteerde
bestaan gehad het in SA. Ek hoop dit bestaan nog. Die eerste
Amerikaanse vroue wat na Wellington gekom het om te kom
klasgee, het van Mount Holyoke in Massachusetts gekom. Mary
Lyon was toe die prinsipaal van Mt. Holyoke. In die sitkamer
van die gebou waarin ek op Adams gewoon het, was daar 'n
skildery van Mary Lyon, en die gebou was ook bekend as
Mary Lyon. Toe iemand wat by Wellington se kollege klasgegee
het, eenkeer vir Adams besoek, toe kon sy haar oë nie glo nie.
Want in die Wellingtonse Kollege was daar ook 'n portret van
Mary Lyon.

Gloudina
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #43999 is 'n antwoord op boodskap #43913] Wed, 13 June 2001 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: May 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoofstuk 1
Adams Mission ge-open deur:
"The American Board of Commisioners for Foreign Missions" in 1836
Dr. Newton Adams, Rev's. Grout en Champion in die Umlazi distrik.
1838 breek Dingaan die plek af (niks het verander nie:-)))). 1839 bou Adams
dit weer.
1847 skuif Adams Mission na die huidige posisie net suid van 'Toti

Skakel weer môre in vir Hoofstuk 2 van die Geskiedenis Klas.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b2614b1$0$230@hades.is.co.za...
> Jy vra so mooi hoe kan ek weier.
> Sakkie (wat die tekkies nader trek)
>
> "Annette" wrote in message
> news:9g5141$78151$6@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
>> Wanneer is dit begin?
>> Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
>> Kan nie iets by die biblioteek kry nie.- sal iemand by die hoofbiblioteek
>> moet vra - maar miskien wil sy weet of ek Eva is:))
>>
>> As jy nie die paar myl wil afdraf soontoe nie, bel maar - ek sal vir jou 'n
>> langtiekie aanstuur:)))
>>
>> Dankie by voorbaat,
>> Annette
>>
>
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44058 is 'n antwoord op boodskap #43999] Wed, 13 June 2001 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: May 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoofstuk 2

'n Paar Adams oudstudente: Dr Albert Luthuli, Sir Seretse Kgama, Dr Joshua
Nkomo, Dr Nembula en Dr Mangosuthu Buthelezi.

Ek is vreeslik verbaas om so baie prominente swart politieke figure
hiervandaan te sien kom. Ek wonder of dit iets te doen gehad het met die
standpunte van die onderwysers/onderwyseresse. Luthuli het ook hier
onderrig gegee op 'n stadium.
Sakkie

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b270c05$0$226@hades.is.co.za...
> Hoofstuk 1
> Adams Mission ge-open deur:
> "The American Board of Commisioners for Foreign Missions" in 1836
> Dr. Newton Adams, Rev's. Grout en Champion in die Umlazi distrik.
> 1838 breek Dingaan die plek af (niks het verander nie:-)))). 1839 bou Adams
> dit weer.
> 1847 skuif Adams Mission na die huidige posisie net suid van 'Toti
>
> Skakel weer môre in vir Hoofstuk 2 van die Geskiedenis Klas.
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3b2614b1$0$230@hades.is.co.za...
>> Jy vra so mooi hoe kan ek weier.
>> Sakkie (wat die tekkies nader trek)
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9g5141$78151$6@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
>>> Wanneer is dit begin?
>>> Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
>>> Kan nie iets by die biblioteek kry nie.- sal iemand by die hoofbiblioteek
>>> moet vra - maar miskien wil sy weet of ek Eva is:))
>>>
>>> As jy nie die paar myl wil afdraf soontoe nie, bel maar - ek sal vir jou 'n
>>> langtiekie aanstuur:)))
>>>
>>> Dankie by voorbaat,
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44076 is 'n antwoord op boodskap #43999] Wed, 13 June 2001 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vreeslik dankie Sakkie.
Waardeer dit baie.
Wonder wat die arme sendelinge aangevang het dat Dingaan hulle van die aarde
wou afvee?
Ek dink ons kan 'n promgramidee verkoop aan National Geographic:))

Was daar enige ander sendingstasies in die omgewing?
Was daar enigiemand hoegenaamd wat kon sensus hou oor die Zoeloegetalle
toentertyd?

Soos jy sien voel ek vreeslik skuldig oor daardie ontvoerde Zoeloe Meisies
en wil die feite reg hê:))

Grappies op 'n stokkie - ek sien uit na episode 2.
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b270c05$0$226@hades.is.co.za...
> Hoofstuk 1
> Adams Mission ge-open deur:
> "The American Board of Commisioners for Foreign Missions" in 1836
> Dr. Newton Adams, Rev's. Grout en Champion in die Umlazi distrik.
> 1838 breek Dingaan die plek af (niks het verander nie:-)))). 1839 bou Adams
> dit weer.
> 1847 skuif Adams Mission na die huidige posisie net suid van 'Toti
>
> Skakel weer môre in vir Hoofstuk 2 van die Geskiedenis Klas.
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3b2614b1$0$230@hades.is.co.za...
>> Jy vra so mooi hoe kan ek weier.
>> Sakkie (wat die tekkies nader trek)
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9g5141$78151$6@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
>>> Wanneer is dit begin?
>>> Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
>>> Kan nie iets by die biblioteek kry nie.- sal iemand by die hoofbiblioteek
>>> moet vra - maar miskien wil sy weet of ek Eva is:))
>>>
>>> As jy nie die paar myl wil afdraf soontoe nie, bel maar - ek sal vir jou 'n
>>> langtiekie aanstuur:)))
>>>
>>> Dankie by voorbaat,
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44080 is 'n antwoord op boodskap #44058] Wed, 13 June 2001 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Sakkie. Vreeslik interessant.
Ek het mos gesê dis 'n hoipoloi plek!!:)))

In die lig van gebeure in die verlede van ons vingerswaaiende hoeddraende
President - is ek stomverbaas dat die plek nie gesluit is nie - ek meen -
dit klink na 'n plek waar sommige mense taamblik radikale onderwys ontvang
het?
Niks van die indoktronasie ( - die onnies het net so min geweet as ons en
net maar vir ons geleer wat hulle geleer was en wat in die voorgeskrewe
leerplan was) en pappegaaiwerk soos by ons skole nie.

Dis in elk geval lekker om van 'n nuwe plek iets te leer.

Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3b275ec8$0$227@hades.is.co.za...
> Hoofstuk 2
>
> 'n Paar Adams oudstudente: Dr Albert Luthuli, Sir Seretse Kgama, Dr Joshua
> Nkomo, Dr Nembula en Dr Mangosuthu Buthelezi.
>
> Ek is vreeslik verbaas om so baie prominente swart politieke figure
> hiervandaan te sien kom. Ek wonder of dit iets te doen gehad het met die
> standpunte van die onderwysers/onderwyseresse. Luthuli het ook hier
> onderrig gegee op 'n stadium.
> Sakkie
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3b270c05$0$226@hades.is.co.za...
>> Hoofstuk 1
>> Adams Mission ge-open deur:
>> "The American Board of Commisioners for Foreign Missions" in 1836
>> Dr. Newton Adams, Rev's. Grout en Champion in die Umlazi distrik.
>> 1838 breek Dingaan die plek af (niks het verander nie:-)))). 1839 bou Adams
>> dit weer.
>> 1847 skuif Adams Mission na die huidige posisie net suid van 'Toti
>>
>> Skakel weer môre in vir Hoofstuk 2 van die Geskiedenis Klas.
>>
>>
>> "Sakkie" wrote in message
>> news:3b2614b1$0$230@hades.is.co.za...
>>> Jy vra so mooi hoe kan ek weier.
>>> Sakkie (wat die tekkies nader trek)
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9g5141$78151$6@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Kan jy so gaaf wees om vir my die inligting te kry ivm met Adams Mission?
>>>> Wanneer is dit begin?
>>>> Gloudina het dit miskien gegee, maar ek het dit nie gekry nie.
>>>> Kan nie iets by die biblioteek kry nie.- sal iemand by die hoofbiblioteek
>>>> moet vra - maar miskien wil sy weet of ek Eva is:))
>>>>
>>>> As jy nie die paar myl wil afdraf soontoe nie, bel maar - ek sal vir jou 'n
>>>> langtiekie aanstuur:)))
>>>>
>>>> Dankie by voorbaat,
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44091 is 'n antwoord op boodskap #44058] Wed, 13 June 2001 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Hoofstuk 2
>
> 'n Paar Adams oudstudente: Dr Albert Luthuli, Sir Seretse Kgama, Dr Joshua
> Nkomo, Dr Nembula en Dr Mangosuthu Buthelezi.
>
> Ek is vreeslik verbaas om so baie prominente swart politieke figure
> hiervandaan te sien kom. Ek wonder of dit iets te doen gehad het met die
> standpunte van die onderwysers/onderwyseresse. Luthuli het ook hier
> onderrig gegee op 'n stadium.
> Sakkie
>

Hoekom sal jy verbaas wees? Adams College was (totdat dit deur
Bantoe-Onderwys verniel was) een van die beste opleidings-sentrums
in die geheel van Afrika, vandaar dat Seretse Kgama en Joshua Nkomo
van buite die grense van SA die skool besoek het.
Pius Langa, wat hoofregter van die Konstitusionele Hof in SA is, was
ook van Adams College. Met die uwe as Afrikaanse onderwyseres. Maak
nou maar jou eie afleiding oor die kwaliteit van die onderrig.

Gloudina
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44123 is 'n antwoord op boodskap #44080] Wed, 13 June 2001 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> In die lig van gebeure in die verlede van ons vingerswaaiende hoeddraende
> President - is ek stomverbaas dat die plek nie gesluit is nie - ek meen -
> dit klink na 'n plek waar sommige mense taamblik radikale onderwys ontvang
> het?

Ek weet nie na wie jy verwys as jy praat van die vingerswaaiende
president nie - is dit P.W. Botha?
Adams College het natuurlik lank voor P.W. Botha se dae in die
slag van die Bantoe Onderwys wet gebly. In die middel van
die vyftigerjare al ( dink dis gedurende Verwoerd as Minister
van Bantoe Onderwys se dae) is daar 'n wet gemaak dat alle
Onderwysopleiding deur die Departement van Bantoe Onderwys
moet geskied. Op daardie stadium het Adams College sy eie
onderwysers opgelei en hulle eie diploma uitgereik. Die Amerikaanse
administrasie van die College was nie bereid om die regering se
amptenare op hulle plek toe te laat en bevele van hulle te ontvang
nie, en die Onderwyskollege is toe toegemaak. Net die hoërskool
het voortgegaan, en die Industriële Skool. Die leerlinge het die
Cambridge Matriculation geskryf, dus geen vreemde soort opleiding
nie. Alle privaat skole in SA het die Cambridge Matriculation
geskryf, sover ek weet.

Gloudina
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44125 is 'n antwoord op boodskap #44123] Thu, 14 June 2001 01:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

@home.com wrote:

> Die Amerikaanse
> administrasie van die College was nie bereid om die regering se
> amptenare op hulle plek toe te laat en bevele van hulle te ontvang
> nie, en die Onderwyskollege is toe toegemaak. Net die hoërskool
> het voortgegaan, en die Industriële Skool. Die leerlinge het die
> Cambridge Matriculation geskryf, dus geen vreemde soort opleiding
> nie. Alle privaat skole in SA het die Cambridge Matriculation
> geskryf, sover ek weet.
>

Ek het nie die hele storie vertel nie. Die hoërskool Adams College
het net vir 'n paar jaar geduur onder die Amerikaanse sendelinge.
Toe het verder wette en regulasies van die Bantoe Onderwys-
departement dit onmoontlik gemaak vir die Amerikaanse sendelinge
om langer aan te gaan en het hulle hulle aktiwiteite daar gestaak.
Die hele plek is toe deur Bantoe Onderwys oorgeneem. Ek was
twee keer op Adams Mission. Die eerste keer was dit onder die
beheer van die sendelinge. Die volgende keer, 'n paar jaar later,
was dit toe in beheer van Bantoe Onderwys. Die prinsipaal was
nou 'n Afrikaner ( wat volgens sommige skinderbekke uit die
Afrikaner-geledere daar, vir Verwoerd se kinders gebabysit
het. ) Die plek was oorstroom van Afrikaners, meestal uit
Transvaal, wat in Bantoe Onderwys ingekom het, hopende vir
vinnige promosie na skoolhoofde. Die ironie was dus - die eerste
keer toe ek by Adams was, het ek 'n swart prinsipaal gehad en
was ek vir 'n ruk die enigste witmens in die hoërskool. Die algemene
neiging was om die onderwys in die hande van bevoegde swart
onderwysers te plaas. Toe ek weer daar kom en die Bantoe
Onderwys departement is in beheer, toe sit die plek vol wittes
en is die swartes op die personeel in die minderheid. So waar
was toe die idee van aparte ontwikkeling? Die hele ding was 'n
sham, en die hele Bantoe Onderwys set up was meestal daar
om vir meer wittes meer hoogsbetaalde posisies in die staats-
diens te skep.

Gloudina
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44232 is 'n antwoord op boodskap #43906] Thu, 14 June 2001 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: January 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...

Ek weet nie na wie jy verwys as jy praat van die vingerswaaiende
president nie - is dit P.W. Botha?
Adams College het natuurlik lank voor P.W. Botha se dae in die
slag van die Bantoe Onderwys wet gebly. In die middel van
die vyftigerjare al ( dink dis gedurende Verwoerd as Minister
van Bantoe Onderwys se dae) is daar 'n wet gemaak dat alle
Onderwysopleiding deur die Departement van Bantoe Onderwys
moet geskied. Op daardie stadium het Adams College sy eie
onderwysers opgelei en hulle eie diploma uitgereik. Die Amerikaanse
administrasie van die College was nie bereid om die regering se
amptenare op hulle plek toe te laat en bevele van hulle te ontvang
nie, en die Onderwyskollege is toe toegemaak. Net die hoërskool
het voortgegaan, en die Industriële Skool. Die leerlinge het die
Cambridge Matriculation geskryf, dus geen vreemde soort opleiding
nie. Alle privaat skole in SA het die Cambridge Matriculation
geskryf, sover ek weet.

Gloudina
------------------------------------------------------------ --------

So 'n ruk gelede het ek dele van Verwoerd se toesprake destyds hier
aangehaal. Kort daarna het Leendert ('n bewonderaar van Verwoerd?) van die
toneel verdwyn. Het dit iets daarmee te doen gehad?

Met apologieë vir die mors van bandwidth, haal ek die toesprake weer aan:

Aanhalings uit Verwoerd se September 1953 "waarom
matesis" toespraak in die Volksraad.

Die toespraak begin as volg:

(Oor die Wetsontwerp op Bantoe-onderwys)

"Waar ek die tweede lesing voorstel van hierdie wetsontwerp, wil
ek dit graag doen soos dit behoort gedoen te word op heeltemal
nugtere en objektiewe wyse en ek wil graag die aandag daarop
vestig dat hierdie wetsontwerp in homself van beperkte omvang is,
al sal sy uitwerking sonder twyfel baie groot wees [you bet!].
Voordat ek die wetsontwerp bespreek, wil ek sekere redes behandel
waarom die naturelle-onderwys onder die Unie-regering regstreeks
behoort te sorteer, en wel onder my departement. Nou wil ek net
dit sê, dat agb. lede tog nie moet dink dat hier 'n strewe is van
die Departement van Naturellesake of van myself om tot 'n
koninkrykbouery oor te gaan nie. As ek my persoonlike begeerte
moes raadpleeg sou ek nie graag hierdie groot en omvangryke taak
by wat ek reeds te doen het byneem nie. Daar is geen persoonlike
begeerte by my of by my departement om om selfsugtigeidsredes die
taak te verkry nie. Iedereen sal besef dat dit 'n ontsettende
groot werk is, groot in omvang en groot van belang. Maar dit is
omdat dit in die belang van die land is en ook omdat dit in die
belang van die Bantoe is dat ons gereed is om hierdie taak op ons
te neem, en ek sal bly wees as agb. lede die saak uit dié hoek
wil benader, nl. dat dit nie die belange van 'n departement is
wat hier tel nie, maar dat wat alleen die deurslag moet gee waar
hierdie belangrike funksie sal verrig word, is die belange van
die land en ook met name van die Bantoe wat daardeur sal getref
word. 'n Tweede algemene opmerking vooraf wat ek wil maak is dit
dat ons glo dat betere rasseverhoudings sal kan ontstaan wanneer
Bantoe-onderwys op 'n wyse gehanteer sal word wat ons voorstel
dat dit in die toekoms gehanteer moet word. Die rasseverhoudings
kan nie verbeter nie as daar verkeerde onderwys aan die naturelle
verskaf word. Dit kan nie verbeter nie as die resultaat van
naturelle-onderwys is die skepping van gefrustreerde mense, wat
as gevolg van die onderrig wat hulle ontvang, verwagtings het van
die lewe wat die lewe in Suid-Afrika nie dadelik vir hom kan
bring nie, wanneer dit mense skep wat opgelei is vir beroepe wat
nie vir hulle toeganklik is nie, wanneer dit mense is wat 'n vorm
van kulturele opleiding gekry het wat hulle begeertes tot
witbroodjieberoepe [sic - dit moet seker wees:
"witboordjieberoepe"] sterker maak as wat sulke beroepe
beskikbaar is. Dus goeie rasseverhoudings word bederf wanneer
die regte onderrig nie gegee word nie. Maar meer nog, goeie
rasseverhoudings kan nie ontstaan wanneer die onderrig gegee word
onder die toesig van mense wat verkeerde verwagtings by die
naturelle self skep nie, as mense glo in 'n gelykstellingsbeleid,
as, laat ek maar net sê, byvoorbeeld 'n Kommunis die opleiding
gee aan die naturelle nie; dan sal hy deur die aard van sy
onderwys wat die inhoud daarvan betref, by die Bantoe verwagtinge
skep wat in botsing is met wat in hierdie land kan voorkom.
Daarom is dit nodig dat naturelle-onderwys op so 'n manier sal
beheer word dat dit in ooreenstemming kan wees met die koers en
die rigting van die Staat...."

en dan later:

"Dan wil ek daarby nog dit voeg, dat dit soms gesê word dat daar
geen verkil is tussen blanke- en naturelle-onderwys nie.
Natuurlik is daar sekere grondliggende beginsels van onderwys wat
aan alle onderwys gemeenskaplik is, maar wanneer 'n mens wegkom
van daardie beginsels en jy kom tot die praktiese onderriggewing,
dan is daar wel deeglik verskille waarmee jy moet rekening hou.
Wat help dit om 'n naturellekind aan 'n leerplan te onderwerp wat
in die eerste plek soms tradisioneel Europees is, waar jy miskien
leer van die konings van Engeland en hoeveel koring Kanada
uitgevoer het, of waar 'n mens hierdie algemene dinge leer as 'n
opbou van kennis? Wat help dit om matesis te leer aan 'n
Bantoe-kind wat dit nie prakties kan gebruik nie? Dit is
heeltemal onsinnig, m.a.w., 'n mens moet rekening daarmee hou dat
jou onderrig begin soos alle onderwys moet begin, by die bekende.
Die bekende by die blanke is 'n ander kennis as die bekende van
die Bantoe-kind. Iedereen wat met intelligensietoetse te doen
gehad het weet dit, dat wanneer jy 'n intelligensietoets probeer
toepas op grond van kennisbronne van 'n sekere gemeenskap se
kinders dan kan die toets totaal verkeerd uitwerk ten opsigte van
kinders wat nie in daardie kenniskring is nie. As die inhoud van
daardie intelligensietoets baseer is op die kennis van 'n
stedelike kind, dan kan jy daardie toets nie toepas op die
plattelandse kind nie. Hy het 'n ander inhoud van kennis. So is
dit met die onderwys ook. So is dit dus waar dat die
Bantoe-onderwys noodwendig moet verskil, want hy gaan uit van
ander bronne, en ander soorte van kennis as sy uitgangspunt.
Dus, moenie verwar raak tussen prinsipiële beginsels van onderwys
wat soortgelyk kan wees vir alle mense nie, en die praktiese vorm
wat terdeë verskil tussen mense.

Dan is daar nog iets, en dit is die onderwys is per slot van
rekening nie iets wat in die lug moet hang nie. Dit moet mense
oplei en onderrig volgens hulle lewenskanse, volgens die sfeer
waarin hulle leef. Daar is sekere van die naturelle wat moet
opgelei word om hulle eie mense te dien deur middel van die hoëre
beroepe; dit weet ons almal. Dit is bekend dat juis my
departement beskik oor beroepsmoontlikhede vir naturelle waarvoor
ons die behoorlike opgeleide naturelle nie kan vind nie. Ek wil
dit net daarby voeg, dat indien my departement beheer het oor
naturelle-onderwys sal hy weet vir watter klas van hoëre beroep
'n naturel opleibaar is, waar hy 'n lewenskans sal kry met sy
kennis, in plaas daarvan dat hy net sy eie pad kies in 'n rigting
waarin daar vir hom geen werkskring is nie en wat hom 'n
frustreerde en 'n ontevrede mens maak. Maar behalwe hierdie
mense wat deur hulle eie mense in diens kan geneem word is daar
nie veel groter getalle wat in ander werkskringe hulle toekoms
moet vind, en hierdie ander mense moet hulle opleiding geniet
ooreenkomstig hulle lewenskans, en geen departement sal beter
weet waar en hoe groot die lewenskanse in die verskillende
rigtings is vir die Bantoe-kind as juis die Departement van
Naturellesake nie. Daarom is dit verstandig dat hy toevertrou
word met hierdie vorm van onderwys wat die mense vir die lewe ryp
maak.

Dan wil ek daarby voeg - en dit is baie belangrik - dat die
onderwys nie in botsing mag wees met die staatsbeleid nie. Nou
sal agb. lede baie maklik sê ons wil ideologiese onderrig
gee...."

Einde van aanhaling.

En in 'n latere plasing:

Die strekking van Verwoerd se 1954 toespraak in die Senaat is
duidelik: Daar moet oral apartheid wees. Ook in die onderwys.
Of die "bantoe"-onderwysers dit nou wil hê of nie.

Luister maar wat Verwoerd in die toespraak sê:

"Ek meen dat dit bekend is dat die onderwysers, by wyse van
besluite deur hulle verenigings aangeneem, hulle sterk
uitgespreek het teen die bevindings en aanbevelings van die
Onderwyskommissie en later weer teen die Wet op Bantoe-onderwys,
en dat hulle hulself ten gunste verklaar het van gelyke onderwys
vir almal, waarmee hulle blykbaar bedoel identiese
onderwyspraktyk. Dat dit alleen moontlik is wanneer daar 'n
differensiasie van onderwysbeginsels is (???), word óf nie begryp
óf verswyg. Dit volg nog glad nie dat die meerderheid van die
sowat 23,000 diensdoende onderwysers hierdie sienswyse aanvaar
nie. Ek noem dit egter om aan te toon dat die hervorming wat
beoog word vermoedelik heelwat bemoeilik sal word deur
onderwysers wat nie sal hou van die nuwe rol wat aan hulle sal
gegee word nie, 'n rol waarin hulle in diens sal wees van en
verantwoording verskuldig sal wees aan die Bantoe-gemeenskap.
Dit bring my dadelik tot die punt waarin die
naturelle-onderwysersorganisasies nog altyd die grootste belang
gestel het, naamlik die basiese beginsels ten opsigte van hulle
besoldiging. Die slagspreuk taamlik algemeen deur hulle aanvaar,
is "gelyke betaling vir gelyke werk", waarmee bedoel word gelyke
betaling met die blanke en verder "betaling volgens kwalifikasies
sonder inagneming van ras of kleur". Ek wil dit derhalwe baie
duidelik hier uitspreek dat hulle uitgangspunt, waar hulle
hierdie eise stel, totaal verkeerd is. Die lone wat blanke
onderwysers verdien is glad nie 'n bruikbare of toelaatbare
kriterium vir die Bantoe-onderwysers nie."

-end van aanhaling.

Swart Simon
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44253 is 'n antwoord op boodskap #43906] Thu, 14 June 2001 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote: ulle te ontvang

> Aanhalings uit Verwoerd se September 1953 "waarom
> matesis" toespraak in die Volksraad.
>
> Die toespraak begin as volg:
>
> (Oor die Wetsontwerp op Bantoe-onderwys)
>
> " Nou wil ek net
> dit sê, dat agb. lede tog nie moet dink dat hier 'n strewe is van
> die Departement van Naturellesake of van myself om tot 'n
> koninkrykbouery oor te gaan nie.

En dis presies wat gebeur het. Die departement was 'n koninkrykbinne 'n
koninkryk. Die het uiteindelik 'n make work project geword
vir baie wit meestal Transvaalse Afrikaners, wat in "Bantoe Onderwys"
ingestroom het op soek na promosies, en "maklike" onderwys ( as jy
dit nie in die wit onderwys kon maak nie, dan probeer jy swart onderwys.)
Die uiteinde was dat die swart skole se personeel meer wit was na
"aparte ontwikkeling" nou ingevoer is, as voor die tyd.

Gloudina
Re: Sakkie? Help asseblief [boodskap #44254 is 'n antwoord op boodskap #43906] Thu, 14 June 2001 22:28 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Die strekking van Verwoerd se 1954 toespraak in die Senaat is
> duidelik: Daar moet oral apartheid wees. Ook in die onderwys.
> Of die "bantoe"-onderwysers dit nou wil hê of nie.
>
> Luister maar wat Verwoerd in die toespraak sê:
>
> Die slagspreuk taamlik algemeen deur hulle aanvaar,
> is "gelyke betaling vir gelyke werk", waarmee bedoel word gelyke
> betaling met die blanke en verder "betaling volgens kwalifikasies
> sonder inagneming van ras of kleur". Ek wil dit derhalwe baie
> duidelik hier uitspreek dat hulle uitgangspunt, waar hulle
> hierdie eise stel, totaal verkeerd is. Die lone wat blanke
> onderwysers verdien is glad nie 'n bruikbare of toelaatbare
> kriterium vir die Bantoe-onderwysers nie."

En hierdie man is in Nederland gebore. Mens kan nog verwag datas akademikus hy
"aparte ontwikkeling" as iets intellektueels gaan
sien het, maar hierdie soort blatante opmerking - waar kry hy
die gal vandaan om so-iets te sê?

Gloudina

>
>
Vorige onderwerp: Die "Waarom Matesis" toespraak
Volgende onderwerp: Nederlanders se erfenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 20:55:29 UTC 2024