"Papajabos" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42321] |
So, 20 Mei 2001 11:27 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
PAPAJABOS
(Uit Kroniek van Kristien)
D. J. Opperman
Tussen die papajabome onder 'n geel maan
het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
met oë toe en sywaarts uitgestrek...
In die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
en suig aan druppels dat sy vol uitdy
van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
terwyl die netwerk van haar skouerare
swel langs kaal arms af tot by die blare
waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
Toe prewel sy haar preek: Al is ons vas
as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
ewig in die spel gevange van bevrug,
is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
dat ons kan losdans sonder om te roer ...
Sy sien die ou man met die byl aanstap
en onder aan die stam begin hy kap en kap
totdat die boom meteens uitskree
en aan die vrou geboorte gee...
|
|
|
Re: "Papajabos" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42353 is 'n antwoord op boodskap #42321] |
So, 20 Mei 2001 14:38 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net toe ek dog ek kan die Waatlemoen verteer kom jy met nóg een!!! Sou
kon deurgaan as erotiese gedigte! Het Opperman een of ander reputasie
daarvoor? Dat ek alles 100% begryp, sê ek nie!
____________________________________________________________
skryf in boodskap news:3B07AAA8.439AB87D@home.com...
PAPAJABOS
(Uit "Kroniek van Kristien")
D. J. Opperman
Tussen die papajabome onder 'n geel maan
het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
met oë toe en sywaarts uitgestrek...
In die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
en suig aan druppels dat sy vol uitdy
van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
terwyl die netwerk van haar skouerare
swel langs kaal arms af tot by die blare
waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
Toe prewel sy haar preek: "Al is ons vas
as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
ewig in die spel gevange van bevrug,
is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
dat ons kan losdans sonder om te roer" ...
Sy sien die ou man met die byl aanstap
en onder aan die stam begin hy kap en kap
totdat die boom meteens uitskree
en aan die vrou geboorte gee...
|
|
|
Re: "Papajabos" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #42388 is 'n antwoord op boodskap #42321] |
So, 20 Mei 2001 19:28 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> Net toe ek dog ek kan die Waatlemoen verteer kom jy met nóg een!!! Sou
> kon deurgaan as erotiese gedigte! Het Opperman een of ander reputasie
> daarvoor? Dat ek alles 100% begryp, sê ek nie!
Ek sou nie die gedig as "eroties" beskou nie. Onthou dit is een vandie
sonnette uit die kroniek van KRISTIEN ( > Christen). Kristien
moet op die eerste vlak gesien word as 'n vrou wat dien, en wat
haar liggaam en gees aanbied as voedsel en materiaal om gebruik
te word deur die mense om haar.
Hierdie gedig is egter baie kompleks. Mens moet dit op baie
vlakke lees. Wat bedoel Opperman byvoorbeeld deur haar te
laat stilstaan tussen die papajabome, totdat sy wortelskiet ( dus soos
hulle word). Hy gebruik die feit dat papajabome mannetjies-
bome en wyfie-bome is, baie effektief om die spanning tussen
liggaam en gees by die mens uit te beeld. Sy praat oor die
Groen Wind waarin gedans kan word "sonder om te roer"
is baie diep. Ek glo hy praat hier van diep geestelike dinge,
as mens net bietjie daaroor wil nadink. Maar in die amper
surrealistiese einde dink ek hy praat ook spesifiek van die
vrou as baie komplekse wese en van die spanning tussen
die manlike en vroulike, tussen aktiefheid en passiwiteit,
tussen lei en volg.
En nee, ek dink nie Opperman het 'n reputasie as ladies
man gehad nie. Die eer kom NP van Wyk toe. Wat wel
tragies was van Opperman is dat hy later in alkoholisme
verval het, wat jammer was, want sonder twyfel is hy die
beste digter wat Afrikaans nog ooit gehad het.
Gloudina
____________________________________________________________
> PAPAJABOS
> (Uit "Kroniek van Kristien")
> D. J. Opperman
>
> Tussen die papajabome onder 'n geel maan
> het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
> met oë toe en sywaarts uitgestrek...
> In die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
> en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
> en suig aan druppels dat sy vol uitdy
> van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
> wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
> terwyl die netwerk van haar skouerare
> swel langs kaal arms af tot by die blare
> waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
> Toe prewel sy haar preek: "Al is ons vas
> as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
> ewig in die spel gevange van bevrug,
> is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
> dat ons kan losdans sonder om te roer" ...
> Sy sien die ou man met die byl aanstap
> en onder aan die stam begin hy kap en kap
> totdat die boom meteens uitskree
> en aan die vrou geboorte gee...
|
|
|