Afrika [boodskap #42016] |
Mon, 14 May 2001 04:37 |
christopher fisk
Boodskappe: 1 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Afrika
Waar in die wêreld
skyn God so helder
As in Afrika self,
waar sy kinders hom bly erf ?
Waar die jakkals huil,
in maanlig roer, deur bosse geil.
Waar ons droomloos slaap
en 'n uil rustig sit en gaap.
Soos elke goue oggendstond
ons trap op warm Afrika grond.
Sonlig deel van God se krag
word Afrika 'n deel van onse dag.
Ons lywe brand 'n goue bruin
son is deel van ons goeie luim.
Eet ons eie vleis en pap
verstaan 'n kulturele Afrika grap.
Praat ons moedertaal kliphard
want ons leef in 'n Afrika hart.
Eg Afrika sonsondergang
waarna blindes altyd verlang
en sterf ons eens,
rus Afrika sag op sy geseëndes.
|
|
|
Re: Afrika [boodskap #42027 is 'n antwoord op boodskap #42016] |
Mon, 14 May 2001 12:42 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> in maanlig roer, deur bosse geil.
Julle Nederlanders moet oppas vir daai Suid Afrikaanse bosse!!! ;-)
|
|
|