Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Op soek na 'n gedig
Op soek na 'n gedig [boodskap #41485] Di, 01 Mei 2001 17:02 na volgende boodskap
Hein Paul  is tans af-lyn  Hein Paul
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Die Vis

Ek is 'n wilde woeste haai
wat rond jakker in 'n vreemde baai
om snoek te vang en .....................
.............................................
...........................................

HELP ! Kan iemand dalk vir my die res
van die gedig gee. Ek het dit in
laerskool gelees en wil dit graag vir
my kinders leer. As ek reg kon onthou
was die naam van die digter onbekend.
( Die einde van die gedig verwys dit na
die seun "Karoles" wat in die bad gespeel
het )

Ek wardeer julle moeite
groete
Hein
Re: Op soek na 'n gedig [boodskap #121543 is 'n antwoord op boodskap #41485] Sa, 01 Desember 2018 18:40 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
DIE VIS
deur Marie Niemeyer

Ek is 'n wilde woeste haai
Wat jakker in 'n vreemde baai;
Ek flits deur water diep en blou
Om snoek te vang en kabeljou.

O, ek is 'n woeste wilde vis.
Hul koes maar as ek honger is,
Hul is bang vir my, ek swem so gou,
Ek spoor hul op en vreet hul rou.

Ek dartel oral heen en weer,
Die branders slinger op en neer:
Hul breek in skuim, ek duik weer in,
Bo sien hul net my skerpe vin.

Nou gly ek oor die diep seesand;
Maar ag, daar's Ma weer buitekant!
"Spat jy al weer die vloere nat?
Karools, klim dadelik uit die bad".
Vorige onderwerp: "Vergewe en vergeet" deur Totius
Volgende onderwerp: O, Die Pyn-Gedagte - Totius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:45:15 MGT 2024