Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » oom taboe het moelikgeit, antie
oom taboe het moelikgeit, antie [boodskap #41281] Thu, 26 April 2001 21:05 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: October 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie,

sjoe sit ons darrim die week in suspênners toe oom stief sweetnie sê lat
daar 'n klomp plotte is wat agter oom taboe se bloed lê. oom hansie vannie
pênnelbieters sê as 'n griek vir doktir verwoord kon vermoer het sallit
seker die keer 'n porragees wees wat oom stief sê. latir sê die essybiesie
hille het die name en hille is ammal vannie y-en-sie. dankie vadder sê my pa
lat dit nie rakbie spelers van pietersbirg issie want dan soek hille weer 'n
week lank tussen die krokjoudille na oom taboe. dis nou as iemand sal agter
kom lat oom taboe weg is sê oom hansie vannie pênnelbieters.

my pa sê assit nie was lat die essybiesie geweet het nie sil hy gedink het
dis paggad ma' nie eers oom stief se skerpjoene weet wanner paggad 'n getye
gaan ytmoer nie hoe sal oom stief nou weet as hille oom taboe wil ytmoer.

toe issit allie tyd oom maffews phosa wat vir antie resitasies skryf en
sirril ramma phosa en oom tookjou segswale wie se name die essybiesie het
antie. my pa sê daai drie sallie deurie oog van 'n naald kom om oom taboe te
vermoer nie antie. oom hansie vannie pênnelbieters sê hytie geweet oom
bantoe holloemiesa is so slim nie want oom bantoe sê dis oom taboe se eie
klomp plotte om oom maffews hille te intimmiedeer lat hille nie sy plek moet
vattie.

my pa het toe die aangeegram oorleef antie ma' hy sê dit help niks nie want
brytentjie se span gaan hom nog 'n hartaanval gee met oop are en te al. en
hille het noggie eers teen die boels gespeel nie antie.

koebaai antie (oppas maar vir die y-en-sie se komplotte)

hennerietjie
Re: oom taboe het moelikgeit, antie [boodskap #41284 is 'n antwoord op boodskap #41281] Thu, 26 April 2001 21:52 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> latir sê die essybiesie
> hille het die name en hille is ammal vannie y-en-sie. dankie vadder sê my pa
> lat dit nie rakbie spelers van pietersbirg issie want dan soek hille weer 'n
> week lank tussen die krokjoudille na oom taboe. dis nou as iemand sal agter
> kom lat oom taboe weg is

Dankie dat jy weer skryf, Hennerietjie. Julle is darem nou omge-elliedaar in SA.
Ek sal maar gereeld die Beeld moet lees oor al die dinge,
in plaas van om die hele dag die videocam van Beeld te sit en dophou.
Hier by ons gaan die dinge ook maar dol, maar hulle het darem nie
moordplanne nie. Die leader van die opposition, Stockwell Day,
wat 'n soort van 'n staatsgreep uitgehaal het op die vorige leier,
disintegreer nou so voor mens se oë. Alles omdat hy teveel van homself
gedink het. Dis snaaks. 'n Regtige leier disintegreer nie, selfs al doen
hy baie uiterse dinge. Clinton het nooit gedisintegreer nie. Die Liberale
leier hier in Kanada disintegreer nie. Maar ek dink George Bush is in
die proses van disintegrasie. Ek dink daar is so 'n ding soos "mettle."
Mens sal maar moet sien of Thabo Mbeki mettle het.

Gloudina
Vorige onderwerp: oom taboe het moelikgeit, antie
Volgende onderwerp: Re: Waar is hulle?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 15:04:18 UTC 2024