Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gebed" deur CHARL DURAND
"Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #41145] Sa, 21 April 2001 03:34
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

.
GEBED
Charl Durand

onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.

trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.
Vorige onderwerp: "Seekoevlei" deur N.P. van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: "Gebed" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 15:53:48 MGT 2024