Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mugabe en sy manne
Mugabe en sy manne [boodskap #40826] Sat, 07 April 2001 21:06 na volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: March 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien in die nuus dat Mugabe hulle nou voorwaar 'n skansmuur gebou het
rondom die vrye pers in Zim. Miskien sal daai dametjie wat ek nou al talle
male so sien tjorts praat het hier in die nuusgroep (ek dink sy woon in
Kanada... Gloudina iets) miskien iets kronends oor die Mugabe held van
Afrika kan sê.

Dit is mos 'n goeie ding dat die helde van "swart bevryding" sulke diktatore
word, nie waar nie Gloudina? Maak jou sekerlik sommer lus om daai slegte
kanada te verruil vir 'n warm bos klos hier in goeie ou Afrika. Wanneer klim
jy op daai bekroonde Ghana airways en vlieg huis toe?

Mbeki gee toe sommer homself ook die "Nobel Peace Prize" vir sy
"suksesvolle" stille diplomasie in Zimbabwe. Klink vir my maar bra na 'n
hans kuiken wat in sy broek poef en sê hy het 'n eier gelê. Wanneer sal die
self bekroonde genie van die "Afrika Renaisance" wakker skrik en besef dat
sy IK 19 is en nie 91 nie. Maar hoe verklaar jy dit vir 'n man wat
oënskynlik disleksies is. Kyk net hoe gaan hy aan oor VIGS en diesulke
dinge! Skaamteloos. Maar nee, Afrika en sy mense ry die wit rassisme ding in
sy peetjie in. Min weet daardie mense dat daai ryding net eenrigting gaan.
Reguit na sy moer!

Ek moet miskien vir ou Thabo 'n briefie skryf en mooi by hom hoor wat nou
regtig sy planne is vir die Nuwe SA. Gaan hy hom vinnig of stadig opvoeter?

Iemand het een keer vir my 'n oulike storie vertel van die padda wat in 'n
warm pan lê en dink hoe lekker warm die water is. Teen die tyd dat hy
doodkook, is dit te laat vir klaas. SA is daai paddatjie. Ek hoop net die
Here kan ons lei om nie te brand nie.

Ek sal graag konstruktiewe gesprekvoering oor my besondere woorde wil hê.
Selfs van die geharde helde van Afrika.

Bye
Logic
Re: Mugabe en sy manne [boodskap #40878 is 'n antwoord op boodskap #40826] Wed, 11 April 2001 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fish Eagle  is tans af-lyn  Fish Eagle
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
"Logic" wrote in message
----------knip---------
: Dit is mos 'n goeie ding dat die helde van "swart bevryding"
sulke diktatore
: word, nie waar nie Gloudina? Maak jou sekerlik sommer lus om
daai slegte
: kanada te verruil vir 'n warm bos klos hier in goeie ou Afrika.
---------knip----------
: Bye
: Logic
------------------------------
moenie glo nie Logic, sy's @home in kanada, die land wat nie die
Joodse vlugtelinge wou toelaat gedurende die 2 de wereld oorlog
nie.
ek sien hulle, die kanadese, het ook nou daaroor gebieg.
Re: Mugabe en sy manne [boodskap #40906 is 'n antwoord op boodskap #40878] Thu, 12 April 2001 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Fish Eagle wrote:

> "Logic" wrote in message
> ----------knip---------
> : Dit is mos 'n goeie ding dat die helde van "swart bevryding"
> sulke diktatore
> : word, nie waar nie Gloudina? Maak jou sekerlik sommer lus om
> daai slegte
> : kanada te verruil vir 'n warm bos klos hier in goeie ou Afrika.
> ---------knip----------
> : Bye
> : Logic
> ------------------------------
> moenie glo nie Logic, sy's @home in kanada, die land wat nie die
> Joodse vlugtelinge wou toelaat gedurende die 2 de wereld oorlog
> nie.
> ek sien hulle, die kanadese, het ook nou daaroor gebieg.

Logic en Fish Eagle, kry julle nou lekker as julle so oor mysit en
praat? Het julle nie beter dinge om te doen nie, soos
byvoorbeeld om 'n goeie Afrikaanse kubernaam te gebruik,
in plaas van die Engelse keuse. Of is julle ook maar net
rsaboytjies soos Ou Frikkie Potgieter?
Ja, ons vra baie om verskoning hier in Kanada. Ook
aan die Kanadese burgers van Japanese oorsprong wat
in konsentrasie-kampe gegooi is gedurende die Tweede
Wêreldoorlog. Aan hulle is ook reparasies betaal.
Gloudina
Re: Mugabe en sy manne [boodskap #40984 is 'n antwoord op boodskap #40826] Sun, 15 April 2001 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: March 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Gaan jy ooit weer huis toe kom? Ek sit regtig en wonder, want jy kan kritiek
uitdeel, maar jy kan nie kom bly in die land, onder die mense wie jy so
passievol verdedig nie.

Ek wonder regtig wat jou agenda is. Het jy miskien 'n aandeel in hierdie
regering se geldkas?

skryf in boodskap news:3AD61E30.ED83D240@home.com...
Fish Eagle wrote:

> "Logic" wrote in message
> ----------knip---------
> : Dit is mos 'n goeie ding dat die helde van "swart bevryding"
> sulke diktatore
> : word, nie waar nie Gloudina? Maak jou sekerlik sommer lus om
> daai slegte
> : kanada te verruil vir 'n warm bos klos hier in goeie ou Afrika.
> ---------knip----------
> : Bye
> : Logic
> ------------------------------
> moenie glo nie Logic, sy's @home in kanada, die land wat nie die
> Joodse vlugtelinge wou toelaat gedurende die 2 de wereld oorlog
> nie.
> ek sien hulle, die kanadese, het ook nou daaroor gebieg.

Logic en Fish Eagle, kry julle nou lekker as julle so oor mysit en
praat? Het julle nie beter dinge om te doen nie, soos
byvoorbeeld om 'n goeie Afrikaanse kubernaam te gebruik,
in plaas van die Engelse keuse. Of is julle ook maar net
rsaboytjies soos Ou Frikkie Potgieter?
Ja, ons vra baie om verskoning hier in Kanada. Ook
aan die Kanadese burgers van Japanese oorsprong wat
in konsentrasie-kampe gegooi is gedurende die Tweede
Wêreldoorlog. Aan hulle is ook reparasies betaal.
Gloudina
Re: Mugabe en sy manne [boodskap #40987 is 'n antwoord op boodskap #40826] Sun, 15 April 2001 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Logic wrote:

> Gloudina,
>
>
> Ek wonder regtig wat jou agenda is. Het jy miskien 'n aandeel in hierdie
> regering se geldkas?

Nee, ou Logic, maar ek hoor dat een van my studente, vir wie ek inStanderd 8
Afrikaans geleer het, nou die hoofregter van die
konstitusionele hof gaan word. En Pius Langa was nou nie eens die
meeste intelligente persoon in daardie klas nie. Dié was Samuel
Zondi, wat in die laaste ses maande van Standard 8 al al die hoërskool-
wiskunde deurgewerk het, en besig was met Wiskunde wat mens
eers op Universiteit leer. Samuel Zondi het my nou onlangs vertel dat
hy en Pius langs mekaar in 'n vliegtuig gesit het en ooreengekom het
dat hulle sukses deels toe te skryf is aan die goeie onderrig in
Afrikaans wat hulle van die uwe ontvang het. Dis die aandeel wat
ek in SA het.
En oor aandele in regerings se geldkaste: ek was in SA in die
eerste deel van die apartheidsregime en het gesien hoe 'n klein deeltjie
(seker maar net tien persent) van die paar miljoen Afrikaners en hulle
lakeie vir hulle lekker langs die vleespotte gevlei het en vir hulself
ryk gesteel het aan rykdom wat aan die hele bevolking van SA behoort
het. Moenie voor my praat oor regerings se geldkaste nie. Ek sal vir
jou stories kan vertel wat jou hare regop sal laat staan.

Gloudina

>
Re: Mugabe en sy manne [boodskap #40995 is 'n antwoord op boodskap #40826] Sun, 15 April 2001 20:40 Na vorige boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: March 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Ek gaan probeer om ons gesprekke op die groep so vriendelik as moontlik te
hou. vertel my so paar van daai stories...

Groete
Logic

skryf in boodskap news:3AD9C8B2.5FCFB2FC@home.com...
Logic wrote:

> Gloudina,
>
>
> Ek wonder regtig wat jou agenda is. Het jy miskien 'n aandeel in hierdie
> regering se geldkas?

Nee, ou Logic, maar ek hoor dat een van my studente, vir wie ek inStanderd
8
Afrikaans geleer het, nou die hoofregter van die
konstitusionele hof gaan word. En Pius Langa was nou nie eens die
meeste intelligente persoon in daardie klas nie. Dié was Samuel
Zondi, wat in die laaste ses maande van Standard 8 al al die hoërskool-
wiskunde deurgewerk het, en besig was met Wiskunde wat mens
eers op Universiteit leer. Samuel Zondi het my nou onlangs vertel dat
hy en Pius langs mekaar in 'n vliegtuig gesit het en ooreengekom het
dat hulle sukses deels toe te skryf is aan die goeie onderrig in
Afrikaans wat hulle van die uwe ontvang het. Dis die aandeel wat
ek in SA het.
En oor aandele in regerings se geldkaste: ek was in SA in die
eerste deel van die apartheidsregime en het gesien hoe 'n klein deeltjie
(seker maar net tien persent) van die paar miljoen Afrikaners en hulle
lakeie vir hulle lekker langs die vleespotte gevlei het en vir hulself
ryk gesteel het aan rykdom wat aan die hele bevolking van SA behoort
het. Moenie voor my praat oor regerings se geldkaste nie. Ek sal vir
jou stories kan vertel wat jou hare regop sal laat staan.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: modernste jongste taal ;-))
Volgende onderwerp: zomaar een vraagje
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 12:05:30 UTC 2024