Uit "Die burg van hertog Bloubaard" deur HENNING PIETERSE [boodskap #39650] |
Sun, 25 February 2001 16:06 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Uit " Die burg van hertog Bloubaard"
Henning Pieterse
Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat déúr my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.
Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
|
|
|
Re: Uit "Die burg van hertog Bloubaard" deur HENNING PIETERSE [boodskap #39880 is 'n antwoord op boodskap #39650] |
Sat, 03 March 2001 12:43 |
Sandra Nortje
Boodskappe: 23 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.
is baie mooi gesê
skryf in boodskap news:3A992E2E.7B1C6570@home.com...
Uit " Die burg van hertog Bloubaard"
Henning Pieterse
Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat dáár my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.
Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
|
|
|