Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE
"Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39370] |
So, 18 Februarie 2001 01:50 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
DIEN AVOND EN DIE ROOZE
Guido GEZELLE
> 'k Heb menig menig uur bij u
> gesleten en genoten,
> en nooit en heeft een uur met u
> me een enklen stond verdroten.
> 'k Heb menig menig blom voor u
> gelezen en geschonken,
> en, lijk een bie, met u, met u,
> er honing uit gedronken;
> maar nooit een uur zoo lief met u,
> zoo lang zij duren koste,
> maar nooit een uur zoo droef om u,
> wanneer ik scheiden moste,
> als de uur wanneer ik dicht bij u,
> dien avond, neergezeten,
> u spreken hoorde en sprak tot u
> wat onze zielen weten.
> Noch nooit een blom zoo schoon, van u
> gezocht, geplukt, gelezen,
> Als die dien avond blonk op u,
> en mocht de mijne wezen!
> Ofschoon, zoowel voor mij als u,
> - wie zal dit kwaad genezen? -
> een uur bij mij, een uur bij u
> niet lang een uur mag wezen;
> ofschoon voor mij, ofschoon voor u,
> zoo lief en uitgelezen,
> die rooze, al was 't een roos van u,
> niet lang een roos mocht wezen,
> toch lang bewaart, dit zeg ik u,
> 't en ware ik 't al verloze,
> mijn hert drie dierbre beelden: u,
> dien avond - en - die rooze!
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39431 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Ma, 19 Februarie 2001 12:59 |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Pragtige gedig ! Guido Gezelle het dit in 1858 vir sy geliefkoosde leerling
leerling, Eugeen van Oye, geskryf. Eugeen van Oye was 'n leerling in die
Klein Seminarie te Roeselare. Ons bly in Gistel (op ongeveer 20 km van
Brugge af) en Eugeen van Oye het sy standbeeld regoor die kerk. Dank sy
Guido Gezelle het hy (van Oye) ook bekend geword.
Hier's 'n ander gedig wat Gezelle vir van Oye geskryf het :
IK MISSE U
AAN ENEN AFWEZENDEN VRIEND
Ik misse u waar ik henenvaar
of waar ik henenkeer:
den morgenstond, de dagen rond
en de avonden nog meer!
Wanneer alleen ik tranen ween
't zij droevig het zij blij,
ik misse u, o ik misse u zoo,
ik misse u neffens mij!
Zoo mist, voorwaar, zijn wederpaar
geen veugelken in 't net;
zoo mist geen kind, hoe teer bemind,
zijn' moeder noch zij het!
Nu zingt men wel en 't orgelspel
en misse ik niet, o neen,
maar uwen zang mist de orgelklank
en misse ik al met een.
Ik misse u als er leugen valsch
wil monkelen zoo gij loecht,
wanneer gij zacht mij verzen bracht
of verzen mededroegt.
Ik misse u nog... waar hoeft u toch,
waar hoeft u niet gezeid...
Ach! 'k heb zoo dikwijls heimelijk
God binnen u geleid!
Daar misse ik u, daar misse ik u
zoo dikwijls, en, ik ween:
geen hope meer op wederkeer,
geen hope meer, o neen!
Geen hope, neen, geen hoop, hoe kleen,
die 't leven overschiet';
maar in den schoot der goede dood
en misse ik u toch niet?
------------------------------------------------------------ ----------------
----
Guido Gezelle
(tussen 14/1 en 23/2/1859)
Groete,
Hilda.
--
schreef in bericht news:3A8F2B0D.D5BE5F63@home.com...
>
>
> DIEN AVOND EN DIE ROOZE
> Guido GEZELLE
>
>> 'k Heb menig menig uur bij u
>> gesleten en genoten,
>> en nooit en heeft een uur met u
>> me een enklen stond verdroten.
>> 'k Heb menig menig blom voor u
>> gelezen en geschonken,
>> en, lijk een bie, met u, met u,
>> er honing uit gedronken;
>> maar nooit een uur zoo lief met u,
>> zoo lang zij duren koste,
>> maar nooit een uur zoo droef om u,
>> wanneer ik scheiden moste,
>> als de uur wanneer ik dicht bij u,
>> dien avond, neergezeten,
>> u spreken hoorde en sprak tot u
>> wat onze zielen weten.
>> Noch nooit een blom zoo schoon, van u
>> gezocht, geplukt, gelezen,
>> Als die dien avond blonk op u,
>> en mocht de mijne wezen!
>> Ofschoon, zoowel voor mij als u,
>> - wie zal dit kwaad genezen? -
>> een uur bij mij, een uur bij u
>> niet lang een uur mag wezen;
>> ofschoon voor mij, ofschoon voor u,
>> zoo lief en uitgelezen,
>> die rooze, al was 't een roos van u,
>> niet lang een roos mocht wezen,
>> toch lang bewaart, dit zeg ik u,
>> 't en ware ik 't al verloze,
>> mijn hert drie dierbre beelden: u,
>> dien avond - en - die rooze!
>
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39435 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Ma, 19 Februarie 2001 16:13 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hilda en Gervaas wrote:
> Guido Gezelle het dit in 1858 vir sy geliefkoosde leerling
> leerling, Eugeen van Oye, geskryf. Eugeen van Oye was 'n leerling in die
> Klein Seminarie te Roeselare. Ons bly in Gistel (op ongeveer 20 km van
> Brugge af) en Eugeen van Oye het sy standbeeld regoor die kerk. Dank sy
> Guido Gezelle het hy (van Oye) ook bekend geword.
>
Dankie, Hilda. Die enigste tyd in my lewe wat ek
Gezelle ernstig bestudeer het, was in daardie dae
toe mens nog nie openlik kon uitvind of 'n digter
of skrywer gay of straight was nie. Dis dus vir
my nuus. Wat het Eugeen van Oye gedoen? Was
hy ook digter? Met ander woorde, waarom het
hy 'n standbeeld? Seker tog nie net as die lover
van Gezelle nie. Het hulle ooit aktief saamgeleef,
of was dit maar net 'n onderwyser/leerling
verhouding?
Gloudina
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39440 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Ma, 19 Februarie 2001 17:19 |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Dankie, Hilda. Die enigste tyd in my lewe wat ek
> Gezelle ernstig bestudeer het, was in daardie dae
> toe mens nog nie openlik kon uitvind of 'n digter
> of skrywer gay of straight was nie. Dis dus vir
> my nuus. Wat het Eugeen van Oye gedoen? Was
> hy ook digter? Met ander woorde, waarom het
> hy 'n standbeeld? Seker tog nie net as die lover
> van Gezelle nie. Het hulle ooit aktief saamgeleef,
> of was dit maar net 'n onderwyser/leerling
> verhouding?
>
> Gloudina
>
Eugeen van Oye het 'n mediese dokter geword, maar hy het ook gedigte
geskryf. Hy was 'n leerling van Gezelle, maar hulle het net 'n platoniese
verhouding gehad - wel, dit is in iedergeval wat geglo word/moet word. Guido
Gezelle was 'n priester. Dit is darem merkwaardig dat hy die gedig in 1858
geskryf het en dat Eugeen van Oye reeds in Desember 1859 die klein seminarie
moes verlaat. Hy was toe in sy matriekjaar en, as 'n mens weet dat die
skooljaar eers in Junie 1860 verby was, dan is dit snaaks dat van Oye al in
Desember die skool verlaat het (hy het toe matriek in 'n ander skool
geskryf). Guido Gezelle is in 1860 na Brugge oorgeplaas.
Ek dink dat Eugeen van Oye hier in Gistel 'n standbeeld gekry het omdat hy
hier gebly het en oorlede is (hy was in Torhout gebore - dit is 'n dorp 14
km van Gistel af). Ek veronderstel dat hy hier begrawe is. Hy is ook nog
bekend omdat sy jarelange briefwisseling met Gezelle gepubliseer is. Maar as
digter is hy feitlik onbekend.
Onlangs het ons nog met vriende gewonder of Gezelle nou 'n "aktiewe" of
"passiewe" homoseksueel was. Maar in Vlaandere word hy as 'n amper heilige
beskou en ... kan 'n heilige swakhede vertoon ?
Die feit dat van Oye later 'n getroude man met kinders was en darem nog met
Gezelle gekorrespondeer het, bewys op 'n manier dat hy met die digter 'n
platoniese vriendskap geken het. Anders sou dit dalk net 'n traumatiese
ervaring gewees het, ná ? Wat dink jy ?
Maar eintlik is dit nie belangrik nie. Ons het van die mooiste
liefdegedigte te danke aan Gezelle se "vriendskap" vir sy leerling(e).
Groete,
Hilda.
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39456 is 'n antwoord op boodskap #39440] |
Ma, 19 Februarie 2001 20:02 |
Skunk
Boodskappe: 192 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina:
>> Dankie, Hilda. Die enigste tyd in my lewe wat ek
>> Gezelle ernstig bestudeer het, was in daardie dae
>> toe mens nog nie openlik kon uitvind of 'n digter
>> of skrywer gay of straight was nie.
Gloudina, dis tyd om af te tree... Jy's boring. Wat de moer het dit met
of hy kan skryf of nie te make?
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39465 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Ma, 19 Februarie 2001 23:25 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hilda en Gervaas wrote:
> Guido
> Gezelle was 'n priester. Dit is darem merkwaardig dat hy die gedig in 1858
> geskryf het en dat Eugeen van Oye reeds in Desember 1859 die klein seminarie
> moes verlaat. Hy was toe in sy matriekjaar en, as 'n mens weet dat die
> skooljaar eers in Junie 1860 verby was, dan is dit snaaks dat van Oye al in
> Desember die skool verlaat het (hy het toe matriek in 'n ander skool
> geskryf). Guido Gezelle is in 1860 na Brugge oorgeplaas.
>
Dit lyk dan tog of daar dinge gebeur het wat die outoriteite
tot handeling moes laat oorgaan, né?
Mens neem aan dat mense in Europa, veral in Nederland,
baie liberaal oor hierdie dinge sou wees. Maar ons ken 'n
geval van iemand wat gesweer het dat hy as onderwyser
uit 'n private Joodse skool in Amsterdam verwyder is en
op permanente "disability pension" gesit is omdat hy
homoseksueel was ( daar was natuurlik ander redes
aangevoer vir hulle besluit, meestal gesondheidsredes.)
Gloudina
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39475 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Di, 20 Februarie 2001 13:07 |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Dit lyk dan tog of daar dinge gebeur het wat die outoriteite
> tot handeling moes laat oorgaan, nê?
> Mens neem aan dat mense in Europa, veral in Nederland,baie >liberaal oor hierdie dinge sou wees. Maar ons ken 'n
> geval van iemand wat gesweer het dat hy as onderwyser
> uit 'n private Joodse skool in Amsterdam verwyder is en
> op permanente "disability pension" gesit is omdat hy
> homoseksueel was ( daar was natuurlik ander redes
> aangevoer vir hulle besluit, meestal gesondheidsredes.)
> Gloudina
Ek weet nie hoe liberaal mense in die 19de eeu in Nederland was nie, maar
hier in Vlaandere het die katolieke kerk baie lank die septer geswaai en
haar priesters se seksuele uitspattinge doodgesmoor. Tot enkele jare gelede
(en ek praat van die jare '90) was dit amper onmoontlik om pedofiele
priesters aan te kla. Die Dutroux saak (ek weet nie of dit nog onthou word
in die buiteland nie - daardie man het kindertjies ontvoer en van honger
laat omkom - hy het ook twee jong meisies vermoor en op sy erf begrawe) het
die kerk verplig om toe te gee dat hulle ook pedofiele onder hul priesters
het en ondertussen is daar al enkele van hulle veroordeel.
Ek wil natuurlik nie pedofilie met homoseksualiteit vergelyk nie ! As dit
tussen volwassenes gebeur (homoseksualiteit) het ek g'n enkele probleem
daarmee nie. Maar hierdie manier van dink het ook maar die laaste
twintig/dertig jaar ontstaan. Vir jong mense is dit seker normaal om Gezelle
as 'n homoseksueel te beskou en hulle sal nie daardeur geskok wees nie. Maar
vir ouer mense is dit nie so maklik om te aanvaar nie. Partykeer kry 'n mens
die gevoel dat die ouer generasie gedink het : as ons net nie daaroor praat
nie, dan bestaan dit nie :-). Jonger mense is meer realisties en kan daarmee
lewe.
Op skool het ons ook net die "onskuldige" gedigte van Gezelle gelees (O 't
ruisen van het ranke riet ... - Traagzaam trekt de stille wagen ...).
Ek dink ook dat Vlaandere gewoonlik minder vinnig "evolueer" as Nederland.
So gedoog Nederland al jare die gebruik van kannabis en gaan
Vlaandere/België 'n soortgelyke wet eers hierdie jaar stem (daar's enkele
verskille, maar as iemand kannabis gebruik sal hy/sy nie meer gestraf word
nie). Nederland pas al jare eutanasie toe - België volg nou ook (die wet
moet ook nog gestem word, maar is al deur 'n meerderheid goedgekeur). Die
Vlaminge is in die meerderheid in België en, na my gevoel, loer hulle by
Holland in om te sien wat hulle moet doen :-)).
Vroeër was Vlaandere vreeslik katoliek, maar dit is nou verby. Die kerke
waarvan daar ongelooflik baie is, word nou ook gebruik vir konserte en
tentoonstellinge.
Ek het nou nie by die onderwerp gehou nie, Gloudina, maar ek wil net
verduidelik dat die liberale visie slegs die laaste twee desennia regtig tot
stand gekom het en die hele volk se dinke beïnvloed het.
Groete,
Hilda.
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39478 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Di, 20 Februarie 2001 15:23 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Hilda en Gervaas wrote:
> hier in Vlaandere het die katolieke kerk baie lank die septer geswaai en
> haar priesters se seksuele uitspattinge doodgesmoor. Tot enkele jare gelede
> (en ek praat van die jare '90) was dit amper onmoontlik om pedofiele
> priesters aan te kla.
Ja, hier in Kanada is die Katolieke kerk in 'n grootpenarie weens al die mense
wat hulle dagvaar vir
allerhande dinge wat in die Katolieke skole gebeur
het. Ek dink hulle betaal massiewe hoeveelhede
geld uit aan sulke mense. Hulle is natuurlik ook nog
in die moeilikheid met die Eerste Nasies, waar die
Kanadese regering die beleid van "residential
schools" gevolg het om onderwys aan die eerste
nasies te verskaf, en meeste van daardie skole was
in die hande van die Katolieke kerk.
Tog het ek simpatie vir die Katolieke kerk en
groot bewondering vir hulle. Hulle was baie meer
toeganklik vir die Eerste Nasies as die baie meer
ongenaakbare en europees-gesentreerde
protestantse kerke. En ek kan nie sien waarom
gay en lesbiese priesters en nonne nie 'n heenkome
kan vind in die Katolieke kerk nie, so lank hulle net
nie hulle attensies op minderjarige kinders afdwing
nie.(Dit is natuurlik ook van toepassing op
heterosekueles.)
Gloudina
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39480 is 'n antwoord op boodskap #39370] |
Di, 20 Februarie 2001 16:21 |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> En ek kan nie sien waarom
> gay en lesbiese priesters en nonne nie 'n heenkome
> kan vind in die Katolieke kerk nie, so lank hulle net
> nie hulle attensies op minderjarige kinders afdwing
> nie.(Dit is natuurlik ook van toepassing op
> heterosekueles.)
>
> Gloudina
Wel, die katolieke kerk is vreeslik hipokriet : die priesters en nonne kan
maar gay of lesbies wees solank alles geheim bly. Twee/drie jaar gelede het
'n parogiepriester openl0ik daarvoor uitgekom dat hy saam met sy vriend
lewe. Hy is toe deur die aartsbiskop (Danneels) uit sy amb ontset (na baie
palawers en pogings om hom van sy vriend te skei). Al sy parogiane het hom
gesteun en briewe na Danneels geskryf. Tevergeefs. Toe kom Danneels op die
TV-nuus en verduidelik dat Borremans (die priester) die reg het om
homoseksueel te wees, maar dat hy 'n selibaatgelofte afgelê het - hy mag dus
vir sy vriend lief wees, maar nie met hom saamwoon nie. Borremans werk nou
as 'n selfstandige priester en mense kan sy dienste aanvra bv. vir huwelike,
dope, ens. Dit word natuurlik nie deur die offisiële kerk erken nie.
Jy sê jy het 'n groot bewondering vir die katolieke kerk. Hulle het seker
enkele positiewe bydraes aan die "beskawing" gelewer, maar ek staan baie
huiwerig teenoor 'n organisasie wat sê hipokriet is. Dit is 'n geval van :
luister na my woorde, maar kyk nie na my dade nie :-).
Onnodig om hieraan toe te voeg dat ek in katolieke skole grootgeword het
:-). En met die vigs probleem is dit teenwoordig ook verstandig om nie na
hul woorde te luister nie !
Dit is soos hul standpunt oor die huwelik. Hulle staan dus g'n skeiding toe
nie. Maar jy kan jou huwelik nietig laat verklaar. Een van die redes is dat
jy bv. nie goed besef het wat jy doen toe jy jou huweliksgelofte aflê nie.
Wel, verlede Saterdag is Helmut Lotti vir die tweede keer vir die kerk
getroud. Hy was al vroeër getroud en het een kind (meisie - 9 jaar). Die
kerk het dus gewoon die eerste huwelik nietig verklaar alhoewel Helmut Lotti
gedurende jare orals met sy eerste vrou gekom het en vir almal altyd gesê
het hoe lief hy vir haar is. Dit het dus blykbaar jare gevat voor hy besef
het dat hy niet goed geweet het wat hy doen nie. Ek's nie teen skeidings nie
en ek weet dat nie almal 'n hele lewe met dieselfde vrou/man kan bly nie.
Mense evolueer ook, ens, ens. Maar wat my teen die bors stuit is dat die
katolieke kerk nog steeds offisieel teen skeiding is en tog elk jaar net in
België meer as 200 huwelike annuleer - weer 'n voorbeeld van hipokrisie.
Hoekom kan hulle nie gewoon hul standpunt wysig nie en mense normaal laat
skei. Dit is in België nie regtig belangrik nie, want net die burgelike
huwelik is wettig. Maar baie mense hou daarvan om vir die kerk te trou - dit
is deel van 'n tradisie.
Ek gaan nou stop, want ek kan 'n boek oor my griewe teen die katolieke kerk
skryf :-)).
Groete,
Hilda.
|
|
|
|
Re: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE [boodskap #39494 is 'n antwoord op boodskap #39480] |
Di, 20 Februarie 2001 23:04 |
Emmy
Boodskappe: 79 Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Noem mij een kerk op die wel deugd??
Wat je hier zegt komt in alle geloven voor.....uiterlijk vertoon
..macht...
Grt
Emmy
"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:ZPwk6.12409$Ut1.1109184@afrodite.telenet-ops.be...
>
>
>
>> En ek kan nie sien waarom
>> gay en lesbiese priesters en nonne nie 'n heenkome
>> kan vind in die Katolieke kerk nie, so lank hulle net
>> nie hulle attensies op minderjarige kinders afdwing
>> nie.(Dit is natuurlik ook van toepassing op
>> heterosekueles.)
>>
>> Gloudina
>
> Wel, die katolieke kerk is vreeslik hipokriet : die priesters en nonne kan
> maar gay of lesbies wees solank alles geheim bly. Twee/drie jaar gelede het
> 'n parogiepriester openl0ik daarvoor uitgekom dat hy saam met sy vriend
> lewe. Hy is toe deur die aartsbiskop (Danneels) uit sy amb ontset (na baie
> palawers en pogings om hom van sy vriend te skei). Al sy parogiane het hom
> gesteun en briewe na Danneels geskryf. Tevergeefs. Toe kom Danneels op die
> TV-nuus en verduidelik dat Borremans (die priester) die reg het om
> homoseksueel te wees, maar dat hy 'n selibaatgelofte afgelê het - hy mag dus
> vir sy vriend lief wees, maar nie met hom saamwoon nie. Borremans werk nou
> as 'n selfstandige priester en mense kan sy dienste aanvra bv. vir huwelike,
> dope, ens. Dit word natuurlik nie deur die offisiële kerk erken nie.
>
> Jy sê jy het 'n groot bewondering vir die katolieke kerk. Hulle het seker
> enkele positiewe bydraes aan die "beskawing" gelewer, maar ek staan baie
> huiwerig teenoor 'n organisasie wat sê hipokriet is. Dit is 'n geval van :
> luister na my woorde, maar kyk nie na my dade nie :-).
> Onnodig om hieraan toe te voeg dat ek in katolieke skole grootgeword het
> :-). En met die vigs probleem is dit teenwoordig ook verstandig om nie na
> hul woorde te luister nie !
>
> Dit is soos hul standpunt oor die huwelik. Hulle staan dus g'n skeiding toe
> nie. Maar jy kan jou huwelik nietig laat verklaar. Een van die redes is dat
> jy bv. nie goed besef het wat jy doen toe jy jou huweliksgelofte aflê nie.
> Wel, verlede Saterdag is Helmut Lotti vir die tweede keer vir die kerk
> getroud. Hy was al vroeër getroud en het een kind (meisie - 9 jaar). Die
> kerk het dus gewoon die eerste huwelik nietig verklaar alhoewel Helmut Lotti
> gedurende jare orals met sy eerste vrou gekom het en vir almal altyd gesê
> het hoe lief hy vir haar is. Dit het dus blykbaar jare gevat voor hy besef
> het dat hy niet goed geweet het wat hy doen nie. Ek's nie teen skeidings nie
> en ek weet dat nie almal 'n hele lewe met dieselfde vrou/man kan bly nie.
> Mense evolueer ook, ens, ens. Maar wat my teen die bors stuit is dat die
> katolieke kerk nog steeds offisieel teen skeiding is en tog elk jaar net in
> België meer as 200 huwelike annuleer - weer 'n voorbeeld van hipokrisie.
> Hoekom kan hulle nie gewoon hul standpunt wysig nie en mense normaal laat
> skei. Dit is in België nie regtig belangrik nie, want net die burgelike
> huwelik is wettig. Maar baie mense hou daarvan om vir die kerk te trou - dit
> is deel van 'n tradisie.
>
> Ek gaan nou stop, want ek kan 'n boek oor my griewe teen die katolieke kerk
> skryf :-)).
>
> Groete,
> Hilda.
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Vr Nov 22 03:50:27 MGT 2024
|