Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » D.J. Opperman: Brandende Boek & Man met Horries
D.J. Opperman: Brandende Boek & Man met Horries [boodskap #5297] Do, 18 Januarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
BRANDENDE BOEK
D.J. Opperman

Dis Pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien... Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." --
"En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs Jy van God en nie die Duiwel kom?"

MAN MET HORRIES

Ek troos my voor die hawekroeg se vuur
toe daar groen goeters gloei: ek was verstrooi;
maar met die weerkyk toe hulle nog voortduur,
het ek hul onder steenkool toegegooi.
Tog, flakkerend uit die rook kom een-een later
die lintdraak, kroeskop en likkewaan
na bo gebeur, afskuwelik en kwater
as my dubbelgangers in die klipboog staan:
"Die waarheid word nie deur die vuur verbrand,
maar lewe in die hart se kaggel voort
en sal daar rook en smeul, maar eindelik brand
en onverwags uitflikker in die woord." --
Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.
Volgende onderwerp: Huigenoot '50s Argief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:55:53 MGT 2024