Blondines op akademie [boodskap #38313] |
Sun, 14 January 2001 20:38 |
Gtifan
Boodskappe: 5 Geregistreer: May 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die blondine op Maties skryf haar eerste toets. Dit is 'n ja nee-tipe toets,
maar
sy kom gou agter dat selfs dit bo haar vuurmaakplek is. Uiteindelik bring sy
'n muntstuk
te voorskyn en gooi dit op vir elke antwoord. Kop = ja ; stert = nee.
Sy is gou voor die ander studente klaar. Toe begin sy weer met 'n woeste
spoed die muntstuk
opgooi. Die toesighouer kon dit naderhand nie meer uithou nie en gaan vra
vir haar
wat sy doen.
Ek tjek net gou my antwoorde, sê sy.
|
|
|