TEKENS VAN VEROUDERING [boodskap #37922] |
Tue, 19 December 2000 06:15 |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
TEKENS VAN VEROUDERING
Alles pyn. Wat nie pyn nie, werk nie.
Die glinster in jou oog is die sonlig op jou dubbellens bril.
Jy voel soos die oggend daarna, maar jy was nerens nie.
In jou afspraakboek begin al die name met Dr.
Jy raak uitasem van kaartspeel.
Jou kinders begin vir jou middeljarig lyk.
Jy sluit aan by 'n gimnasium, maar jy gaan nooit.
Jy ken al die antwoorde, maar niemand vra jou nie.
Jy sien uit na 'n vervelige aand.
Jy het 'n bril nodig om joune te soek.
Jy skakel die lig af om te bespaar; nie omdat jy romanties raak nie.
Jou neus loop, maar jou bene wil nie.
Jou rug gaan meer uit as jy.
Jou huis raak te groot en jou medisyne kas te klein.
Jy vat 'n lekker hap aan 'n biefstuk en jou tande bly daar.
Jou verjaardagkoek sak inmekaar onder die gewig van al die kersies.
OUD WORD IS NIE VIR SISSIES NIE!!
|
|
|
Re: TEKENS VAN VEROUDERING [boodskap #37954 is 'n antwoord op boodskap #37922] |
Thu, 21 December 2000 17:29 |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In 't Vlaams zeggen wij:
"Ja, astemblieft, zeg!.."
Norbert (uit Vlaanderen)
"Krokkie" schreef:
> TEKENS VAN VEROUDERING
>
> Alles pyn. Wat nie pyn nie, werk nie.
> Die glinster in jou oog is die sonlig op jou dubbellens bril.
> Jy voel soos die oggend daarna, maar jy was nerens nie.
> In jou afspraakboek begin al die name met Dr.
> Jy raak uitasem van kaartspeel.
> Jou kinders begin vir jou middeljarig lyk.
> Jy sluit aan by 'n gimnasium, maar jy gaan nooit.
> Jy ken al die antwoorde, maar niemand vra jou nie.
> Jy sien uit na 'n vervelige aand.
> Jy het 'n bril nodig om joune te soek.
> Jy skakel die lig af om te bespaar; nie omdat jy romanties raak nie.
> Jou neus loop, maar jou bene wil nie.
> Jou rug gaan meer uit as jy.
> Jou huis raak te groot en jou medisyne kas te klein.
> Jy vat 'n lekker hap aan 'n biefstuk en jou tande bly daar.
> Jou verjaardagkoek sak inmekaar onder die gewig van al die kersies.
>
> OUD WORD IS NIE VIR SISSIES NIE!!
>
|
|
|